1
September 2017
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Dr Adrian Abrahams, dr Erik Adriaanse, Derek Alexander, Nico Barnard, Gregory Bender, dr Willem Boshoff, Pietman Botha, Dirk Bruwer, dr Maryke Craven,
Annelie de Beer, Willem de Jager, Jannie de Villiers, Gerhard Diedericks, Hanlie du Plessis, Magda du Toit, dr Annemie Erasmus, Jonathan Etherington, prof Bradley Flett,
dr Driekie Fourie, Petru Fourie, Alzena Gomes, Fiona Hall, dr Belinda Janse van Rensburg, ds Koos Kirsten, Sakkie Koster, Louise Kunz, Corné Louw, Gerrie Ludick,
Akhona Mbatyoti, Heidi Meyer, Hestia Nienaber, Cobus Olivier, prof Zakkie Pretorius, dr Charlie Reinhardt, dr Jeanetta Saayman-du Toit, Ruth Schultz, Tanya Singh,
Martin Smith, dr Sonia Steenkamp, dr Dirk Strydom, Elrine Strydom, dr Scott Sydenham, dr Tarekegn Terefe, dr Vicki Tolmay, dr Mariette Truter, Liezl van der Hoven,
prof Jacquie van der Waals, Luan van der Walt, Marlene van der Walt, Peet van der Walt, Gerrit van Vuuren en Marius Volschenk
m
et dié dat ons in hierdie uitgawe op geïntegreerde
plaagbeheer fokus, het ek besluit om my lot by
SA Graan/Grain
se lesers te bekla. Kyk, as ‘n mens
nie self kinders het of groot gemaak het nie, is
jy mos geneig om vreeslik alwetend en beterweterig
te wees en maklik te sê “my kind sal nooit dit nie” en “my kind sal
nooit dat nie”.
Ek het ook altyd geglo dit is net kinders uit minder skoon omstan-
dighede wat kopluise kry...Totdat ons in die Laeveld kom bly het
en die pestilensies op my kinders se koppe kom nesskrop het. Die
eerste keer toe my jongste dit gekry het, het ek amper tien dode
van skaamte gesterf, vir niemand daarvan gesê nie en apteek toe
gejaag. Haar hare is met al wat ‘n kommersiële kopluisdoder is,
gewas. (Net so terloops: Slegs diegene wat al kopluise en hulle
eiers [nete] probeer uitroei het, sal verstaan waar die gesegde “klou
soos ‘n neet” vandaan kom.)
Vandag, vyf jaar later, weet ek dit is niks ongewoons as ‘n kind wat
in ‘n kleuterskool of op laerskool in die Laeveld is, kopluise opdoen
nie – gaan vra maar enige ma hier rond. En almal is raadop: Ek dink
die kopluise in Nelspruit het al soos die raaigras in die Wes-Kaap
weerstandbiedend teen “plaagdoders” geraak. Ons ruil boererate
teen kopluise uit soos wat ander ma’s resepte uitruil! So as daar
iemand is wat ‘n boereraat het wat hiervoor help, laat weet my
asseblief.
Fokus op geïntegreerde plaagdoders
Onkruid is een van die graanprodusent se grootste vyande. Die der-
duiwels is meesters in winsvernietiging – ervaar jy dit ook so? Soos
wat Pietman Botha tereg in sy artikel op bladsy 34 sê: Soms lyk dit
asof hierdie vyand die oorhand het en gevolglik daal produksie en
inkomste radikaal.
In die artikel kyk hy na beplanning, bespuitingsprogramme, hoe en
waarom jy jouself moet opskerp, die diens van spuittoerusting en
ander praktiese probleme wat algemeen voorkom wanneer plaag-
beheer toegepas word.
Drs Maryke Craven, Jeanetta Saayman-du Toit en Marlene van der
Walt gee op bl 38 raad oor hoe om die natuur se boelies op hul plek
te sit met effektiewe onkruidbeheer. Onkruid se weerstand teen on-
kruiddoders is nie meer tot die Wes-Kaap beperk nie. Op bladsy 43
gee dr Charlie Reinhardt ‘n oorsig oor onkruiddoderweerstand in
die land en verduidelik hy hoe sake in die somerreënvalgebied daar
uitsien.
Finaliste bekend
In hierdie uitgawe word die finaliste in die Graanprodusent van die
Jaar (bladsy 8) asook die finaliste in die Bestaansboer van die Jaar
(bladsy 19), Kleinboer van die Jaar (bladsy 21), Potensiële kommer-
siële Boer van die Jaar (bladsy 22) en Nuwe Era Kommersiële Boer
van die Jaar (bladsy 25) bekend gestel.
Lekker boer tot aanstaande maand!
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Meet our
contributors
D
R ADRIAN ABRAHAMS
(ARC-Grain Crops) was
born in Grahamstown in
the Eastern Cape, where
he completed his sec-
ondary education at Mary Waters
Secondary School. He obtained a
BSc (Biochemistry and Microbiology)
at the University of Fort Hare and consequently completed
his Honours (2010), Masters (2011 to 2012) and PhD (2013 to
2015) in Biochemistry under the supervision of Prof Graeme
Bradley.
In 2016, he took up a Postdoctoral fellowship with the ARC
in its Professional Development Programme (PDP). Dr Abra-
hams is currently looking into the Fusarium-maize interac-
tion under the mentorship of Dr Belinda Janse van Rensburg.
In his leisure time, he is a national A-rated netball umpire.
Read more on page 60 about the procedures in the diagnosis
of plant diseases: The path to effective control measures.
C
onservation agriculture (CA) practices in
crop production systems may provide
different habitats for hosting and supporting pests
and may influence beneficial insect populations
including underlining biodiversity that supports
many ecosystem services. There is a general lack
of information and statistics concerning the effect
of CA on arthropod diversity and the potential eco-
system services they provide in South Africa.
To understand the impact of landscape structures
on the diversity and abundance of beneficial
and harmful arthropods,
HEIDI MEYER
and
DR ANNEMIE ERASMUS
(ARC-Grain Crops)
explain on
page 52
that pest regulation and ulti-
mately crop yield can be of significant help to en-
hance the management of agricultural landscapes.
O
n
page 72
DRS SCOTT SYDENHAM
and
VICKI TOLMAY
(ARC-Small Grain) discuss
molecular differentiation between South African
Russian wheat aphid biotypes and justify why be-
ing able to tell the difference between the Russian
wheat aphid biotypes quickly and effectively will
enable scientists to spend their time studying the
ecology and life history of the different biotypes.
With this information, predictions can be made
as to which biotype(s) would be better adapted to
which environmental conditions, allowing breeders
to pre-emptively develop resistant cultivars.