ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA
POSBUS 74087, LYNNWOOD RIDGE, 0040
Tel: 086 004 7246
www.grainsa.co.zaSUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING
(ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
SA GRAAN/GRAIN,
POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
Tel: 086 004 7246
E-pos:
marina@grainsa.co.zaREDAKSIE
Dr Dirk Strydom
BESTUURDER: GRAANEKONOMIE EN BEMARKING
Tel: 086 004 7246 • Sel: 082 852 4810
E-pos:
dirks@grainsa.co.zaBESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
johan@infoworks.bizREDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 081 236 0534 • Sel: 083 490 9449
E-pos:
estie@infoworks.bizREDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
elmien@infoworks.bizGRAFIESE ONTWERP:
Nadine Stork
Infoworks Media Publishing
Tel: 018 468 2716 • E-pos
:
nadine@infoworks.bizDRUKWERK:
Typo Print
Tel: 011 402 3468/9
MASSAVERSPREIDING:
Prosource
Tel: 011 791 0410
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE MEDIA – Kaapstad
Jurgen van Onselen – Advertensiekoördineerder
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874
E-pos:
jurgen@kolbemedia.co.zaINFOWORKS MEDIA PUBLISHING – Johannesburg
Ruth Schultz – Advertensiekonsultant
Tel: 081 480 6413 • Sel: 072 855 2450
E-pos:
ruth@infoworks.bizGRAAN SA HOOFKANTOOR
Blok C, Alenti Office Park
Witheritestraat 457
Die Wilgers
Pretoria
0041
Tel: 086 004 7246
Faks: 012 807 3166
Besoek Graan SA by
www.grainsa.co.zaof skandeer dié
QR-kode:
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad
is hul eie en verteenwoordig nie noodwendig die mening
van Graan SA nie.
•
The opinions expressed by contributors are their own.
They do not necessarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-
inligting”-artikels feite kan bevat oor kommersiële produkte.
•
´Advertorials´ are paid articles; while ´product informa-
tion´ articles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, teke-
ninge, advertensies en alle ander materiaal wat in hierdie
tydskrif gepubliseer word, word hiermee uitdruklik voorbe-
hou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet
op Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
70 Conservation agriculture:
Create sustainable production
through crop and pasture-based systems (Part 28)
74
Lesse geleer uit die 2016/2017-plantseisoen
77
Die produsent se vriend
78
Supersiklus van graanproduksie plaas klem op effektiwiteit
81
New recipe, new range, new look
84
Wat neem ‘n plant werklik deur sy blare op?
88
Navorsing op watertafel-sandgronde van die Noordwes-Vrystaat
Deel 3: Agtergrond en proefbehandelings: Wisselboustelsels
en bewerking
90
Navorsing op watertafel-sandgronde van die Noordwes-Vrystaat
Deel 4: Evaluering van wisselboustelsels as funksie van
bewerkingspraktyke
AKTUEEL
/
RELEVANT
100 Grain SA/Sasol photo competition:
Be an even better photographer
102
Quality overview of imported and local maize
109 Politieke ontleding:
Waar trek die landboudebat tans?
RUBRIEKE
/
FEATURES
4
Graan SA Standpunt:
Nuwe tegnologie bly belangrik vir Suid-Afrika
5
Grain SA Point of View:
New technology remains important for South Africa
7
Uit die Woord
7
Op die kantlyn
111 Wiele vir die plaas:
Mercedes-Benz se bakkie hier in 2018:
Spoggerig, maar sterk genoeg vir die plaaslewe
112 E-posse:
Dronkverdriet
PANNAR SAAD loop reeds vir die afgelope
60 jaar met trots die landboureis saam met
jou. Soos jy glo ons in landbou.
3
Voorblad
/
Cover
Oktober 2017
´
–
AndriesTheron se raad indiéuitdagende jaar
D
ie huidige seisoen is ‘n strawwe een in die Swartland.
Waar Andries Theron
in
‘n normale
jaar gewoonlik
ongeveer 380 mm reën kry, het dit hierdie jaar nog net
119mmgereën.
“My seun
vramy:Hoenou gemaak?Hierdie is nie die eerste droog-
tewat ons beleef nie – ons het al ‘n klompie sulke jare gehad.Ons
ouer boere moet nou die jonger boere moed inpraat,” gesels die
voorsitter van Graan SA seWintergraanwerkgroep en voormalige
visevoorsitter vandieorganisasie.
“Onthou, jy is nie alleen indié situasie nie.Praatmet joubure;praat
met jougesin.As jy jouprobleemmet iemanddeel,blynetdiehelfte
vandieprobleemoor.Engaangenoegmet vakansie.Nouwonder jy
sekerhoe ek so-iets kan sê?Hoe kan ‘nmens in só ‘n tydmet vakan-
sie gaan? Dit is eenvoudig: Dit ismaklik om nou negatief te raak.
Die droogte beïnvloed jou denke; jy raak depressief en neerslagtig
en dít is uiters gevaarlik – kom dus uit jou omgewing,” stelAndries
voor.
“Jymoet die droogte vierkantig in die oë kyk en aangaan. Bestuur
dit sodat jy volgende jaarweer kan plant en kan voortgaan. Glo in
jou Skepper – Hy sal nie ‘n venster toemaak sonder om êrens ‘n
deur vir jou oop temaak nie.Glo en vertrou op Sy bystand,” bena-
drukAndries.
Uitdagings van ‘n pa-en-seunboerdery
Andries boer die afgelope ses jaar saam met sy seun, Frikkie
(31). In ‘n pa-en-seunboerdery is daar gewoonlik heelwat kop-
stampgeleenthede, maar in hulle geval was die uitdagings van
saamboer anders.
“Ek was nie in die week by die huis nie en het die boerdery van
‘n afstand af bestuur – onswas nie heeldag inmekaar se hare nie.
Frikkie is redelik aan die diepkant ingegooi en hy moes vroeg al
verantwoordelikheid vir sybesluiteneem.
“Dit is vir my altyd interessant om te sien hoe mense aan mag
vasklou. As jou seun op 32 of 35 nog nie verantwoordelikheid
vir die boerdery kan aanvaar nie, gaan hy dit nie op 40 hê nie en
ooknieop50nie,”meenAndries. “Dit isvirmy ‘nvoorregomdítwat
ekbymekaargemaakhet, aanmy seun te kanoordra.”
Andries is deesdaemeer betrokke by die bestuur van die boerdery
en gee advies (volgens hom soms ongevraagd!) terwyl Frikkie
verantwoordelik is vir die praktiese uitvoering van die boerdery-
take. Andries self fokusmeer op hul skaapboerdery en geniet dit
ongelooflik.
Opmy vraagoorwatse raad hy virpa’s en seuns hetwat saamboer,
antwoord Andries: “Wees ‘nmentor – gee leiding waar nodig. En
die seunmoetweer na symentor luister. Jy gaan foutemaak.Dit is
nieóf jy ‘n fout gaanmaak nie;dit is hoe jydaarnaopstaan.Wathet
jy geleer? Moet dit nie herhaal nie. Bou daarop vir die toekoms.
“Ons as ouersmoet ons kinders só toerus dat hul kan opstaan en
aangaannadie foutewathullegemaakhet,”geehy raad.
Bewaringslandbou
Sedert 2002 het Andries begin om geenbewerkingspraktyke toe
te pas. “Voor dit het ons al beginmet verminderde bewerking. In
2003 het ek ‘n gedeelte vanmy grond konvensioneel bewerk en op
‘n gedeelte geenbewerkingspraktyke toegepas. Die praktyk het ‘n
ongelooflike verskil aan die grond gemaak. Sedertdien pas ek net
geenbewerking toe,” vertelAndries.
“Onswoon in ‘n gedeelte van die landwaar droogte nie vreemd is
nie. Bewaringslandboupraktyke maak definitief dat ‘n mens die
droogtemakliker kan hanteer. Ek voel jammer vir ouens in dieWes-
Kaap wat dit nog nie toepas nie. Die kosteknyptang sou my al ‘n
hele paar jaar gelede uit produksie gehaal het as ek nie bewa-
ringslandbou begin toepas het nie. Ons grondvrugbaarheid het
toegeneem, opbrengste het verhoog en bewerkingskoste het af-
geneem,” verduidelikAndries.
Hy beklemtoon egter dat elke produsent ‘n bewaringsbewerking-
stelselmoet vindwat by sy spesifieke omstandighede pas. “Elkeen
se grond en plaas in uniek – daar is nie ‘n enkele stelselwat almal
pasnie.”
Verder speel wisselbou ‘n belangrike rol in die boerdery. “Ek het
in 1996 laasmonokultuurkoring geplant. Vandag bestaan ons wis-
selboustelsel uit medics/koring/peulgewasse/koring. Ons het die
afgelope paar jaar ook begin om kanola in die stelsel in te bring
(10% van ons grond word onder kanola verbou) en dit pas perfek
inbyonsboerdery.”
Andries-hulle was verlede jaar ook een van vier produsente in die
Swartlandwat vir die eerste keer gars geplant het. “Onsmoet kyk
na alternatiewe vir koring en gars is ‘n manier om nog ‘n gewas
57
October 2017
FOKUS
Wintergraanstreek
Spesiale
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur,SAGraan/Grain
in jou
toolbox
te kry. Dit is ander chemikalieëwat op gars gebruik
word en dit lewer ‘n bydrae met onkruidbestuur en onkruid-
doderweerstandsbeheer.”
Met dié dat geenbewerking ingespanword,moet chemiese bespui-
tingeffektief toegepasword. “Dit is ‘nuitdagingomweerstandigheid
te voorkom endiebeskikbaarheid vannuwe chemie tebeskerm.”
Weerstandbiedende raaigras is ‘n groot probleem in die Swartland
envolgensAndries isditduuromeffektief tebeheer.Dieeffektiwiteit
vanbeheerhang vandie voor-opkomsonkruiddoders af – asook van
beskikbare grondvog. “Die middels moet oordeelkundig gebruik
word, want daar gaan nie gou nuwe chemikalieë beskikbaar wees
nie,”waarskuhy.
Presisieboerdery en rekordhouding
Andries-hulle is in die proses om presisieboerdery oor die volgen-
de drie jaar in hul boerdery in te faseer. Akkurate rekordhouding
is volgens hom kritiek belangrik. “Jy gaan nie weet as jy niemeet
nie. Jymoetweet hoe jou kostestruktuur lyk, anders kan jy dit nie
bestuurnie endit sal fataal vir jouboerderywees.”
Georganiseerde landbou
Andries se pawas ook al die jare betrokke by georganiseerde land-
bou en Andries het in sy voetspore gevolg. “Koringberg, die ge-
meenskapwaarekboer,hetmydestydsgehelp toeekbeginboeren
dit swaargegaanhet.Ekwougraag terugploeg indiegemeenskap.”
Hy het by die boerevereniging aangesluit, later betrokke geraak
bydiedistriksboerevereniging enuiteindelikbyAgriWes-Kaap.
Na die deregulering van die koringbedryf het hy betrokke geraak
by die Wintergraanprodusente-organisasie (WPO). Hy was intens
betrokke by die herstrukturering van die koringbedryf en was
passievol teen die liggingsdifferensiaal gekant. Hy vertel laggend
dat hy destyds vir verkiesing totGraan SA seHoofbestuur gestaan
het omdat hy gedink het hy gaan “gou ontslae raak van die
liggingsdifferensiaal”,maar vandag – amper twaalf jaar later – is hy
steedsbydieorganisasiebetrokke.
Andries is in 2006 tot Graan SA se Hoofbestuur verkies en in 2010
tot visevoorsitter van die organisasie. Hy het in Maart vanjaar as
visevoorsitter uitgetree, maar dien steeds op die Hoofbestuur as
gekoöpteerde spesialisverteenwoordiger virwintergrane.
Hy het aanvanklik by die Proteïennavorsingstigting (PNS) betrokke
geraak om kanola as volwaardige kontantgewas gevestig te
kry. Vandag is hy ondervoorsitter van die PNS en geniet hy die
rol wat hy daarin speel verskriklik. Verder is hy ook betrokke
by die Wintergraantrust en sê dat dit veral ‘n uitdaging is om
alternatiewe modelle vir die befondsing van nuwe kultivars te
ondersoek. Hy is besonder trots op die totstandkoming van
die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar- en tegnologie-ontwik-
keling (SACTA) – endienookdaar as voorsitter.
Koringomdraaistrategie
“Die koringomdraaistrategie het oor tyd plaasgevind en het ten
doel om die volhoubaarheid van koringproduksie – en natuurlik
koringprodusente – inSuid-Afrika te verseker.
“Die bedryf het vir lank op kwaliteit gefokus en ons het nagelaat
om ‘n balans tussen kwaliteit en opbrengs te handhaaf. Dit het
veroorsaak dat ons in ‘n swak mededingende posisie verval het.
Nuwe toetreders, soos die Swartseelande, het begin om ‘n fe-
nomenale rol in wêreldhandel te speel en ons moet met hulle in
diewêreldmark kompeteer.Ons het daarom by ‘n punt gekomwaar
ons opbrengste kompeterendmet die res van diewêreld s’nmoes
wees endiegradering van koring aangespreekmoesword.
“Die speelveld moet net gelyk wees met ‘n geleentheid om
kompeterendmet ander landemee te ding.Ons kan nie kompeteer
met die subsidies wat oorsese produsente ontvang nie en het ‘n
tariefnodigomons tebeskerm,”benadrukhy.
GraanSA en die pad vorentoe
“Dit is fantasties dat daar ‘n organisasie soos Graan SA is.
Ja, heelwat mense kritiseer Graan SA, maar wat gaan gebeur as
GraanSAuitdie speelveldgeneemword?
“Die regering van die dag is ‘n realiteit en Graan SA moet sy
verhoudingmet die regering uitbou om produsente se posisie by
hulle te stel.Die organisasiemoet aanpas by die regering semanier
van onderhandelings en gesprekvoerings en Graan SA is reg
geposisioneer om dít te kan doen.GraanSA se rol gaan in toekoms
heelwatgroterword asdítwaaraanonsgewoond is.Dieorganisasie
het uitstekende leiers en ek sien uit na die pad vorentoe saammet
hulle,” sêhy.
Andries glo ons gaan nog tot enmet die volgende verkiesing unie-
ke uitdagings in die land beleef. Hy probeer egter om die mense
om hom positief te hou. “As jy negatief is, gaan geleenthede by
jou verby.”
Hy is positief oor hul boerdery se toekoms. “Jy hoef nie altyd hori-
sontaal uit te brei en jou boerdery groter en groter temaak nie. Jy
kan vertikaal ook uitbrei inwaardetoevoeging. Raak betrokke in die
waardeketting of belê daarin. Beperk ook jou risiko –moenie alles
wat jyhetnet in jouboerderybelênie.”
Maar is daar ‘n toekoms vir jongboere in Suid-Afrika? Hieroor voel
Andries ernstig. “Ek is baie positief daaroor ondanks al die uitda-
gings. Dit is my en my ouderdomsgenote se plig en verant-
woordelikheid om die gemors wat tans in die land gebeur, uit te
sorteer sodat ons vir ons kinders ‘n toekoms kan nalaat in hierdie
pragtige land vanons en inboerdery.
“Dit het ‘n kultuur onder onsmense geword om ‘weg te raak’ – te
onttrek.Onsbou ‘n figuurlikehoëheiningomonsplaasenkruipdaar
weg,maar onsmoetmeer betrokke raak en het ‘n verantwoordelik-
heid om vir ons nageslag ‘n toekoms te skep. Raak betrokke en
neem deel enmaakmensewat dit kán doen se hande sterk. Dit is
hoekom ekdoenwat ekdoen,” sluithy af.
Agtergrond
AndriesTheron is ‘ngebore engetoëSwartlander:Hy isophul familieplaas,Soutkloof,waarhy tansnogboer,gebore enwas
opKoringbergop laerskool.Hyhetmetdie skoolbusMoorreesburgHoërskool toegery.Daarnahethy aandieUniversiteit van
Stellenboschgaan studeer.
“Almal vra altydwat ekgeswothet...somin asmoontlik!Ekhet aanmy sosiale vaardighedegewerk,” spotAndries.Nadie vol-
tooiing van sy landbou-ekonomiegraad ishyWeermag toe en in 1984 ishy en sy vrou,Karin,plaas toe.Sypa is ‘n klompie jare
voordathy komboerhet,oorlede endiepasgetroudepaartjiehetdieboerderyoorgeneem enditbeginbou enuitbrei.
DieTheronshet tweedogters en ‘n seun enAndries se eerstenaamgenootword vroeg inOktobergebore.
“Onshet al ‘n klomp sakke sout saamopgeëet.Sonderhaar sou eknie
bereikhetwat ek albereikhetnie.Ekhet vroeg inmy lewebesefmy
vroumoetweetwat indieboerdery aangaan.Symoetnieonrealistiese
verwagtingehênie enmoetweetwaarheenonsoppad is enwatons
wilbereik,” vertelAndriesoor sy vrou,Karin.
PROFIEL
56