1
October 2017
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Dr Erik Adriaanse, Alfred Andrag, Jaco Barnard, dr Danie Beukes, Rona Beukes, dr Madré Booyse, Pietman Botha, Kim Coetzee, Gert Ceronio, Christina de Beer,
Jannie de Villiers, Michael Esmeraldo, Mae Esteban, Gerrit Fouché, Petru Fourie, AK Geldenhuys, Jaro Geldenhuys, dr Ian Heyns, dr Elbé Hugo, dr Astrid Jankielsohn,
ds Koos Kirsten, Carel Koch, Sakkie Koster, Louise Kunz, prof Maryke Labuschagne, Driecus Lesch, Corné Louw, dr André Malan, Sue Matthews, Michelle Mokone, dr Piet Nell,
Jolanda Nortjé, dr Willem Otto, Felix Reinders, Nelia Rousseau, Gideon Schreuder, Elrita Schütze, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, dr Johann Strauss, dr Dirk Strydom,
dr Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Johannes van As, Gerhard van der Burgh, Luan van der Walt en Marcill Venter
e
k onthou my eerste oorslaap alleen by Ouma-hulle vaag-
weg. Ek was seker so vyf jaar oud. Al wat ek duidelik
onthou, is dat dit pikdonker was...hulle het nie ‘n gang- of ‘n
badkamerlig aangelos soos by ons huis nie.
Later jare het dit tradisie geword dat ons vier kinders op ‘n Vrydag-
aand by Ouma se huis oorgeslaap het. Dan het ek en sy in die kom-
buis die top tien Afrikaanse treffers op die radio geluister. (Moet my
nie nou vra watter liedjie tans bo-aan die treffersparade is nie, maar
speel ‘n Afrikaanse liedjie uit die laat tagtigs/vroeë negentigs en ek
sal vir jou kan sê wie dit sing en wat die liedjie se naam is.)
Ons twee het so saam-saam skottelgoed gewas en bed gaan maak
in haar kamer – sommer op matrasse rondom haar bed. Ons kinders
het tot laatnag televisie gekyk (
Sending Viëtnam
was ons gunste-
ling!) as Ouma al gaan inkruip het. En die volgende oggend het sy
altyd vir ons koffie in die bed gebring.
Ek mis daardie oorslaap en is spyt dat ons kinders dit nie het nie en
dat hulle nie eendag sulke lekker herinneringe gaan hê nie. Hulle kan
nie sommer net gou vir die aand by Ouma gaan oorslaap soos my
broer se kinders nie – ons bly net te ver. Elke ouma of oupa wat die
voorreg het om dié lekkerte met kleinkinders te deel, moet besef wat-
ter geleentheid vir herinneringe bou dit inhou.
Twee eerstes
In hierdie uitgawe het ons twee “eerstes”: ‘n Fokus op besproeiing en
‘n fokus op die wintergraanstreek.
In die fokus op besproeiing skryf Johannes van As (‘n hulpbron-
beplannings- en besproeiingskonsultant) oor waterbestuur in presi-
sie- en bewaringsboerdery (bladsy 12); Pietman Botha (
SA Graan/
Grain
medewerker) en Sakkie Koster (Pioneer) – bladsy 14 – gee prak-
tiese wenke oor waarop jy moet let by jou spilpunt en Petru Fourie
(Graan SA) en Rona Beukes (Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye) oorweeg op bladsy 23 waarom die besproeiingselement
altyd ‘n belangrike rol in die stabilisering van graanproduksie sal
speel. Daar is ook artikels oor hoe om besproeiingseffektiwiteit
te verbeter deur die waterbalans aan te pas (bladsy 18), satelliet-
tegnologie wat gebruik word om watergebruik te monitor (bladsy 26)
en die rol van sout in grond en versuiptoestande by besproeiing
(bladsy 30).
Ons het by bekendes in die wintergraanstreek gaan kers opsteek
en dr Johan Strauss bespreek op bladsy 42 bewaringslandbou en
waarom jy twee keer moet dink om voor planttyd ‘n vuurhoutjie
trek om grondbedekking te brand. Dr Astrid Jankielsohn (LNR-
Kleingraan) verduidelik die waarde van tussenverbouing in ‘n koring-
stelsel – bladsy 44 – en Michelle Mokone (Graan SA) ondersoek die
beskikbare geleenthede vir die uitbreiding van Suid-Afrikaanse gars-
uitvoere – bladsy 46.
Lekker lees tot aanstaande maand! En as jou kleinkinders naby aan
jou bly, koester die tye saam met hulle.
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Ontmoet ons
medewerkers...
d
R DANIE BEUKES
is
op Prieska gebore en het
na sy skoolloopbaan en
militêre verpligtinge die
grade BSc(Agric), Hons
BSc(Agric), MSc(Agric) en PhD in
Grondkunde en Chemie aan die Uni-
versiteit van Stellenbosch behaal. Hy
het as landbounavorser by die destydse Winterreënvalstreek
(Wes-Kaap) begin en gevorder tot hoof van die Grondkun-
deseksie van die destydse Hoëveldstreek (Potchefstroom).
Hy het sy navorsingsloopbaan by die LNR-Instituut vir
Grond, Klimaat en Water in Pretoria voortgesit, waar hy as
programbestuurder betrokke was by die bestuur van na-
vorsingsgroepe en projekte, asook die uitvoer van sy eie
navorsingsprojekte in grondwater- en temperatuurdina-
mika, grondvrugbaarheid en -suurheid, gewaswater- en
-voedingsbehoeftes, asook bewaringslandbou. Tans is hy
betrokke by projekte oor mynrehabilitasie, bewaringsland-
bou en blomverbouing.
Hy is getroud en het drie dogters en ‘n seun. As ywerige
padhardloper het hy 14 Comrades-wedrenne voltooi en hy
lees en kyk sterre as stokperdjies.
Lees gerus op
bladsy 88
en
bladsy 90
oor die navorsing wat
hulle op die watertafel-sandgronde van die Noordwes-Vry-
staat gedoen het.
V
olgens
AK GELDENHUYS
(Pannar Saad) is
oorplant, met die huidige hoë insetkostes en
die lae marges verbonde aan mielieverbouing, ‘n
taboe onderwerp. Dit is daarom noodsaaklik dat
produsente sal kennis dra van uitdagings wat in
die vorige plantseisoen voorgekom het en moet
probeer om dié foute te vermy. Op
bladsy 74
verskyn ‘n fotobeeld van lesse wat die afgelope
seisoen geleer is.
I
n die internasionale arena
ervaar markte uiterste lae
pryse. Dit is hoofsaaklik die
gevolg van geweldige hoë
aanbodsyfers in die mark.
Wanneer die mieliemark se
geskiedenis bestudeer word, is
dit duidelik dat dit nie ‘n nuwe
verskynsel is nie. Op
bladsy 78
kyk
DRS DIRK STRYDOM
en
HENDRIK SMITH
na die supersiklus van graanproduksie en
waarom produsente hul klem na effektiwiteit en doeltref-
fendheid moet verskuif. Hulle bespreek veral produksie-
ekonomie-beginsels en ekodoeltreffendheid.
M
et die politieke onderstrominge in die
regerende party, wil dit al voorkom asof hulle
nou onderling só besig met mekaar oor die leier-
skapstryd is en dat een nie meer as ‘n ander uit die
stelsel moet melk nie, dat daar weinig vordering
met beleidsake is. Op
bladsy 109
in ons Poli-
tieke ontleding-rubriek vra
JANNIE DE VILLIERS
(uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA) tereg:
Waar trek die landboudebat tans?