Background Image
Previous Page  16 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2017

14

Praktiese wenke vir jou spilpunt

A

s gevolg van die hoë oprigtingskoste van spilpunte, is

optimale hantering noodsaaklik om te verseker dat mak-

simum opbrengs uit die oeste verkry word om die koste

aangegaan, te verhaal. Dit verseker ook dat daar nie on-

nodig skade aan die masjien aangerig word nie en onderhoudskoste

laag gehou word. Elektrisiteit en water is die grootste lopende

uitgawes vir ‘n besproeiingsprodusent.

Skedulering en gewasse

Besproeiingskedulering vir ‘n spilpunt verskil basies nie van die

skedulering vir ander stelsels nie. Omdat dit egter so eenvoudig is

om ligte besproeiing met ‘n spilpunt toe te dien, bestaan die gevaar te

dikwels dat te lig besproei word en dat besproeiingsdoeltreffendheid

in die proses ingeboet word.

Tydens en na elke besproeiing gaan daar ‘n sekere hoeveelheid

water verlore deur:

Verdamping tussen die spuit en die grond;

onderskepping deur die blaredak; en

direkte verdamping uit die bogrond onmiddellik na besproeiing.

Laasgenoemde twee vorms van verliese moet gesien word as ‘n

vaste aantal millimeters per besproeiing, ongeag wat die totale

toediening was. As die verliese geneem word op 5 mm per

besproeiing en daar is slegs 7 mm toegedien, is dit duidelik dat slegs

2 mm daarvan tot die grondvogstatus bydra.

Indien die toediening egter 20 mm sou wees, sou 15 mm effektief

in die grond beland het. Poog dus om die toedienings binne perke,

maar so swaar as moontlik te maak voordat water sal begin afloop.

Binne perke beteken in die geval dat die interval tussen besproeiings

nie so lank moet wees dat vogstremming tussen besproeiings

voorkom nie, dat besproeiings nie so swaar moet wees dat dit

infiltrasievermoë van die grond oorskry nie en ook nie dat meer

vog as die vogtekort toegedien word nie.

As te swaar besproei word, loog waardevolle voedingselemente uit

die wortelsone en is dit verlore vir die gewas.

Die duimreël is om die gewas se weeklikse besproeiingsbehoefte

in een besproeiing te gee totdat die weeklikse besproeiingsbehoefte

meer word as wat die grond kan stoor. Daarna kan oorgeskakel

word na drie besproeiings elke twee weke en later na twee

besproeiings per week.

Waar die tempo van waterlewering ‘n probleem kan word, word aan-

beveel dat die volle sirkel nie onder een gewas geplant word nie,

maar dat ‘n halwe sirkel elk van twee gewasse geplant word,

waarvan die periode van spitsverbruik verskil. In die geval van

‘n aantal gewasse, is dit nie genoeg om dieselfde gewas op twee

verkillende plantdatums te plant nie, omdat die laatgeplante deel

die vroeggeplante deel inhaal, wat veroorsaak dat hul spitsperiodes

in elk geval oorvleuel.

Aangesien verdampingsverliese normaalweg in die dag hoër is

as in die nag, is dit wenslik om besproeiing só te reël dat die deel

wat tydens die vorige siklus in die dag besproei is, by die volgende

siklus in die nag besproei word. Indien water onvoorsiens verminder,

kan oorweeg word om een deel van die sirkel te ignoreer en liewer

te probeer om ‘n vol oes op die res van die sirkel te verkry. Dit is

meer sinvol as om geen oes op die volle sirkel te verkry nie.

Indien die water beperk raak, probeer produsente dikwels om die

hele sirkel met ligte besproeiings te lawe en soos reeds genoem,

is té ligte besproeiing oneffektief. Dit sal beter wees om swaarder

besproeiings op ‘n deel van die sirkel te gee.

In koeler dele, waar dit nie moontlik is om twee oeste per jaar

van dieselfde grond af te haal nie en grond nie beperkend is nie, kan

oorweeg word om twee sirkels met dieselfde spilpunt te besproei.

Sodra die een gewas fisiologies ryp is en dit derhalwe nie meer

water nodig het nie, kan die spilpunt na die volgende sirkel ver-

skuif word om die ander gewas te vestig. Let daarop dat nie alle

spilpunte gesleep kan word nie.

Die gebruik van grondvogmeters en reënmeters kan nie sterk

genoeg beklemtoon word nie. Hoe anders kan ‘n mens weet dat jy

doeltreffend besproei as jy nie meet nie?

Grond

Swaarder gronde bevat dikwels genoeg swelklei om toe te swel

sodra dit nat word. Dit beteken dat die grond se vermoë om water in

te neem as dit nat word, afneem. By lae leweringstelsels en kleiner

sirkels is dit op die meeste gronde nie ‘n probleem nie. Veral by

groter spilpunte waar die leweringstempo op die buiterand van die

sirkel betreklik hoog kan wees, kan dit ‘n wesenlike uitdaging raak,

deurdat die grond nie die water kan absorbeer nie en die water

daarom afloop.

Die probleem kom meer gereeld voor by gronde met ‘n hoë

klei-inhoud en skuins hellings, asook gronde waarvan die katioonver-

houdings versteur is, byvoorbeeld hoë natrium- of magnesium-

inhoud.

Moenie ‘n té groot spilpunt opsit wanneer jy op swaarder pro-

bleemgronde wil besproei nie. Hoe groter die spilpunt, hoe hoër

is die neerslagtempo op die buiterand. Die probleem kan ook

aangespreek word deur die benattingsbandwydte van die spilpunt

te vergroot. Hierdie oplossings is egter slegs moontlik voordat

die spilpunt aangekoop word, aangesien veranderings aan ‘n

bestaande stelsel selde moontlik is.

Wanneer afloopprobleme met ‘n bestaande spilpunt ondervind

word, moet dit deur middel van bestuur opgelos word en die

volgende word voorgestel:

Probeer soveel moontlik organiese materiaal op die grond behou

om infiltrasie te verbeter.

Dien gips op die oppervlakte toe om die struktuur te ver-

beter indien die grond heelwat natrium bevat. Stel ook ka-

tioonverhoudings reg voor plant.

Bring die neerslag per toediening af deur die spilpunt vinniger

te laat loop. Dit sal ‘n bydrae lewer deurdat die spilpunt verby

is voordat die grond toegeswel is. Wees bedag op té ligte,

oneffektiewe toedienings.

In die geval van rygewasse, skoffel die gewas solank dit nog

klein genoeg is om meganiese skade te beperk en die grondkors

te breek (sogenaamde

wet rip

).

Probeer dit vermy om nat grond weer te besproei byvoorbeeld

deur ‘n spilpunt wat net ‘n halfsirkel besproei, onmiddellik

in trurat te skakel en weer te besproei. Vermy aanhoudende

FOKUS

Besproeiing

Spesiale

SAKKIE KOSTER,

agronoom, Pioneer HiBred

en

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker