1
October 2015
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Pietman Botha, Flippie Cloete, Abrie Coetzee, Dirk Coetzee, Chris Dannhauser, Tracy Davids, Jannie de Villiers, Bertie de Wet, Louis du Pisani, Jan du Preez,
Engela Duvenage, Annemie Erasmus, Vlok Ferreira, Anita Heyl, Ian Heyns, Jacques Jansen van Vuuren, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Sasi Kumar, Louis Lagrange,
Cobus le Roux, Hans Lombard, Corné Louw, André Malan, Themba Msimango, Barbra Muzata, André Nel, Jolanda Nortjé, Cobus Olivier, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo,
Gerrie Smit, Hendrik Smith, Hansie Swanepoel, Ansofie Tiedt, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Ishmael Tshiame, Hendrik van Pletzen, Gerhard Verdoorn, Willem Voogt
en Hester Vermeulen
m
y pa het jare lank ‘n melkery op die plaas bedryf
en ons het grootgeword met volop melk in die huis.
Met elke ete het ons vier kinders elkeen ten minste
een glas melk gedrink. In die somer het my ma altyd
gesorg dat daar ‘n beker melk in die vrieskas is – niks
was lekkerder as om daardie ysmelk af te sluk as jy
vuurwarm van die skool af gekom het nie.
Ma het ook sommer altyd van daardie groot, ronde kase (met die rooi
was rondom) by die fabriekswinkel in Klerksdorp gekoop. (Tot vandag
glo ek as daar nie kaas in die huis is nie, is daar nie kos in die huis nie!)
Sy het ook geleer hoe om self jogurt te maak – potte en potte daarvan.
En haar korslose melktert kan vandag steeds met die eerste prys by
die landbouskou wegstap. Met soveel kalsium wat ons kleintyd ingekry
het, is dit geen wonder dat nie een van ons kinders al ooit ‘n been of ‘n
arm gebreek het nie!
Pa moes later jare – toe ek al uit die huis was – die melkery verkoop, want
die melkkoper wou nie meer ‘n vragmotor so ver stuur om net sy melk
te kom haal nie. (Hoeveel kere moes my pa-hulle nie met ‘n trekker die
melklorrie uit die modder gaan trek het as dit reëntyd vasgeval het nie!)
Hierdie maand se fokus op diere, en spesifiek dr Jan du Preez se artikels
oor hittestres by melkbeeste (bladsy 30 tot 45), het my laat terugdink
aan daardie jare van volop melk.
Dit is algemeen bekend dat enige besigheid nie al sy eiers in een
mandjie moet plaas nie. Dieselfde geld ook vir die graanprodusent. Die
vraag is net: Waarin moet die produsent verder investeer en wat gaan
die rendement wees?
Skape is natuurlik ‘n goeie alternatief om die winsgewendheid van ‘n
boerderyeenheid te verskans. Weiding- en voedingshulpbronne op
‘n tipiese plaas in die somersaaigebiede met ‘n graanopbrengs van
4 ton/ha tot 5 ton/ha, bied groot geleenthede vir intensiewe skaap-
boerdery. Hendrik van Pletzen kyk onder andere in dié uitgawe na wat
die potensiaal is van skaapboerdery in mielieproduserende gebiede
– meer op bladsy 18.
Om hierby aan te sluit, bespreek Pietman Botha (
SA Graan/Grain
me-
dewerker) op bladsy 16 een van die min onontginde geheime: Lusern,
mielies en skape as alternatief om winsgewendheid te verhoog. Voer-
vloei en die produksie van vee wat daarmee saamval, is die goedkoop-
ste manier om volhoubare veeproduksie te bewerkstellig. In hierdie
lusern-, mielie- en skaapstelsel is dit ook nie anders nie.
Gaan skink vir jou ‘n glas yskoue melk, sit agteroor en lekker lees aan
hierdie uitgawe van
SA Graan/Grain
!
Groetnis
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Ontmoet ons
medewerkers...
w
illem Voogt (bestuurder:
Bemarking en Finansies,
Graan SA) is ‘n gebore
en getoë Pretorianer.
Hy het sy BCom Rekeningkunde-
en Honneursgraad in Finansiële
Bestuur aan die Universiteit van
Pretoria voltooi.
Hy begin daarna by Imperial Logistics werk en studeer deel-
tyds deur die Chartered Institute of Management Accountants
(CIMA). In September 2012 sluit hy hom by Graan SA aan.
Willem is getroud met Veronice en hulle het twee seuns, Wian
(twee en ‘n half) en Ruan (vier maande). Hy draf graag en beoog
om volgende jaar sy eerste Comrades Marathon te hardloop.
Hy speel ook graag kitaar en geniet veral familietyd en tyd in
die Bosveld.
Lees gerus op bladsy 8 waar Willem ons meer vertel oor
Graan SA en Momentum se plaaswerkersvoordele-produkte.
B
ewaringslandbou is ‘n effektiewe manier
om graan volhoubaar te produseer. ‘n Uiters
welkome byvoordeel is dat dit die invloed van
droogte onder sekere toestande kan temper. Op
bladsy 54
vertel
ANDRÉ NEL
(LNR-Instituut vir
Graangewasse) dat bewaringslandbou in proewe
in die Ventersdorp-distrik duidelik toon dat dit in
staat is om, as omstandighede reg is, die impak
van droogte te kan temper.
V
oedseldiere en veral melkbeeste in groot ge-
deeltes van die land gaan vir lang periodes van
die jaar gebuk onder hittestres wat hulle prestasie
benadeel.
JAN DU PREEZ
(spesialis in Veterinêre
Volksgesondheid) kyk na die uitwerking van hit-
testres (
bladsy 30
); die nadele van hittestres op
prestasie (
bladsy 38
) en die voorkoming en beheer
van hittestres by melkbeeste (
bladsy 42
).
V
erliese as gevolg van ongediertes en diefstal is
vir meer as 20 jaar lank die mees beperkende
faktor by skaapboerdery. Die intensivering van
skaapboerdery is onder meer ‘n poging om die
verliese te beperk en tans is daar opnuut belang-
stelling in dié onderwerp.
HENDRIK VAN PLETZEN
(Voermol Voere) verskaf voedingsriglyne vir inten-
siewe lamstelsels – sien
bladsy 10
.
D
ie grondinsekplae wat mielies aanval tydens
die saailingstadium kan jaarliks ongesiens
enorme skade aanrig indien daar nie voorkomend
opgetree word nie. ‘n Skielike afname in die plant-
digtheid van saailinge dui op die “bedrywighede”
van grondinsekplae.
ANNEMIE ERASMUS
(LNR-
Instituut vir Graangewasse) waarsku produsente
op
bladsy 66
om op die uitkyk te wees vir insekte
wat mieliesaailinge aanval.