Jymoetmeet om te kanweet:
Hoe vergelyk insetprysemet verlede jaar
dieselfde tyd?
d
ie nuwe plantseisoen vir somergrane is voor die deur
en meeste produsente koop nou hul insette aan. Uit
die verlede is geleer dat die tyd van aankope, die
handelsnaam en ekonomiese toestande die prys van ‘n
inset op ‘n sekere tydstipbepaal.
Met die aankoop van insettemoet produsente seker maak dat hulle
die “regte prys” vir hul insette betaal. Vind uit wat jou buurman be-
taal het; kry kwotasies by soveel as moontlik ander maatskappye
(vir dieselfde produk); en neem kennis van internasionale en
plaaslike tendense. Die prys en kwaliteit van ‘n produsent se inset
kandie verskil tussen ‘nwins en ‘n verlies beteken.
Inhierdie artikel probeer GraanSA ‘nbasis en tendens in verskillen-
de insette vasvang vir sy ledeomhul insetpryse teen temeet.
Saad
Mieliesaadprysehetvirdienuweseisoenop ‘ngemiddeldebasismet
5,5% sedert verlede jaar gestyg. ‘nMens kan egter argumenteer dat
gewilde kultivars se styging hoër is – volgens Graan SA se Produk-
sie/Insetwerkgroep het mieliesaadpryse van gewilde kultivars met
7,2% gestyg. Op ‘n gemiddelde basis het sonneblomsaadpryse
met 5,6% gestyg; graansorghumsaadpryse met 18% en sojaboon-
saadpryse met 5,5%. Vir die volledige saadpryse per kultivar, sien
SA Graan/Grain
se Julie-uitgawe vanaf bladsy 64. Skandeer die
QR-kode
met jou selfoonom sommer direk daarheen tegaan.
Kunsmis
Omdat Suid-Afrika so ‘n groot hoeveelheid van sy kunsmisbehoef-
tes invoer, behoort plaaslike en internasionale pryse goed te
korreleer.
Tabel 1
toon internasionale pryse in randwaarde oor ‘n
jaartydperk aan, terwyl
Tabel 2
gemiddelde plaaslike kunsmispryse
aandui (pryslyste).
Uit die tabelle is dit duidelik dat plaaslike stikstof- en fosfaatpryse
nie tot dieselfde mate gestyg het as dié op internasionale markte
nie. Die plaaslike prys van kaliumchloried het egter nie tot dieselfde
mate as internasionale pryse gedaal nie – én 100% van ons kalium-
behoeftes word ingevoer. Onthou egter dat hierdie pryse ten doel
het om die tendense aan te dui en dat daar nie noodwendig na die
fisieseprysgekykmoetwordnie, aangesiendie internasionalepryse
vry aan boord in ‘n internasionale hawe is en die plaaslike pryse,
gemiddeldepryslyspryse is.
Wenkemet aankoop van kunsmis
Krykwotasiesbyverskillendemaatskappyevirdieselfdeproduk-
tewat benodigword.
Vinduitwat groothandelaars vir grondstowwe vra (byvoorbeeld
Sasol vir stikstof en Foskor vir fosfaat).
Berekendie kosteper eenheidplantvoeding.
Vinduitwat isdieverskillendebetalingstermewat diebestepas.
Bestel vroegtydig.
Hou altyddie kwaliteit vanprodukte ‘nprioriteit.
Brandstof
Aangesien die groothandelprys van diesel gereguleer word, be-
hoort daar nie groot verskille te wees tussen wat produsente vir
diesel opdok nie. Behalwe vir die verskille tussen sones, is daar al
wel opgemerk dat produsente binne dieselfde sone, verskillende
pryse betaal. Verlede jaar September, was die groothandelprys van
diesel in Gauteng R12,62 per liter, terwyl dit in September vanjaar
R12,59 per liter was. Met ander woorde, ‘n daling van 0,21%. Dié
groothandelprys behoort vir produsente ‘n goeie aanduiding te gee
teen watter prys hulle diesel kan aankoop, aangesien dit reeds in
grootmaat gedoenword.
Landbou-chemikalieë
Basies 100% van die aktiewe bestanddele benodig om landbou-
chemikalieë te vervaardig, word hierheen ingevoer. Internasionale
tendense en die wisselkoers gaan dus ‘n bepalende rol speel in
plaaslike prystendense.
Tabel 3
en
Tabel 4
dui tendense in die pry-
se van internasionale landbou-chemikalieë (aktiewe bestanddele)
aan. Uit Tabel 3 en Tabel 4 kan gesienword dat veral die pryse van
onderskeidelik imidacloprid en glifosaat skerp gedaal het (13%
en 25% in randterme omgeskakel). Plaaslike pryse tot dusver was
traagomdie internasionaledalings na te volg (hoofsaaklik as gevolg
van die swak rand – veral vroeër in die jaar). Op ‘n gemiddelde
basis het swamdodersmet 6,3% gestyg, onkruiddodersmet 16,3%
(waarvanglifosaat 23%gestyghet) en insekdodersmet 12%gestyg.
Landboumasjinerie
Tabel 5
toon prysveranderings in die landboumasjineriemark aan.
Alhoewel die stygende tendens blyk om af te neem, is dit steeds
duidelik dat hierdiepryse jaar op jaar skerp toegeneemhet.
Om op te som – Graan SA probeer om insetpryse deurlopend te
monitor en inligting aan ons lede beskikbaar te stel om deursigtig-
heid en ook kompetisie in die insetomgewing te bevorder. Maak
hierdieseisoenbietjiemeeroproepe, krymeer kwotasiesenvir lede,
kontak Graan SA om seker temaak die regte insette word teen die
regteprys aangekoop.
OP PLAASVLAK
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
70
GebruikdieQR-kodeom
bydie Julie-uitgawe van
SAGraan/Grain
uit te kom.
Oktober 2014