SA Graan Oktober 2014 - page 65

63
October 2014
OP PLAASVLAK
Geïntegreerdeplaagbeheer
In sulke gevalle is saaddormansie of saadrus te wyte aan ‘n onvol-
wasse embriowat ‘n sekere tyd nodig het om ten volle te ontwikkel.
Byvoorbeeld, kankerroos (
Xanthium strumarium
) bevat twee sade
in elke vrug, waarvan een kleiner as die ander een is – die groter
saad kan in die seisoen waarin dit gevorm is, ontkiem, terwyl die
kleiner saad eers vanaf diedaaropvolgende seisoen sal ontkiem.
Remstowwe
Saad kan chemieseverbindingsbevatwat inhiberend inwerkopont-
kieming – met verloop van tyd word hierdie verbindings afgebreek
en/of uitgeloog en eers dan sal die saad kan ontkiem, mits faktore
soos temperatuur, water en suurstof inoptimalemaat aanwesig is.
Praktykewat saadproduksie, -ontkieming
en -dormansie beïnvloed
Vir redes hierbo bespreek is dit noodsaaklik om die getal onkruid-
saadwat op ‘n landgeproduseerword tot dieminimum tebeperk.
Die logieste, bestemanieromdit reg tekry isomeffektieweonkruid-
beheer toe te pas. Onkruiddoders is steeds en sal vir ‘n onbepaalde
tyd die toekoms in, die mees effektiewe onkruidbeheermetode
wees. Daar is egter sekere beperkings op die doeltreffendheid van
onkruiddoders.
In die geval van voor-opkoms-toegediende onkruiddoders is dit ‘n
groot probleem wanneer onkruidsaad tot laat in die groeiseisoen
ontkiem en groei – byvoorbeeld,
Digitaria sanguinalis
(kruisvinger-
gras) en
D. nuda
ontkiem en groei tot laat in die somer en teen
daardie tyd is die werking van die beste voor-opkoms-toegediende
grasdoders uitgeput.
Alhoewel daar nie altyd voor die hand liggende oplossings be-
skikbaar is nie, moet alles moontlik gedoen word om die saadpro-
duksie van onkruid in ‘n bepaalde groeiseisoen te beperk en beter
nog, te verhoed. Die ontwikkeling van onkruidweerstand teen
onkruiddoders maak dit soveel meer dringend om saadproduksie
te verhoed – in Australië word daar deesdae die drastiese praktyk
vandie verbranding vanplantresteopdie lande gevolg, in ‘npoging
omonkruidsaad te vernietig.
Verminderde en geenbewerking dra daartoe by dat onkruidsaad
nie diep of glad nie in die grond ingewerk word nie. Diep plasing
van saad in grond dra by tot verlengde dormansie en oorlewing,
aangesien die saad op diepte beskerm is teen predatore enmoont-
lik ook mikrobes en laer temperature met diepte is bevorderlik vir
saadoorlewing.
Onkruidsaad op of naby die grondoppervlak is onderhewig aan
verskeie faktore wat dit kan vernietig, byvoorbeeld onkruiddoders,
vuur, hoë temperatuur, sonlig, predasie enmikrobes.
Konvensionele bewerking het die voordeel dat dit grassade diep
in grond plaas vanwaar dit moeilik sal ontkiem en groei. Grassade
ontkiem normaalweg die bestewanneer dit bo-op die grond of vlak
in die grond geplaas is. Aan die ander kant kan hardskalige onkruid-
saad van hoofsaaklik breëblaaronkruidsoorte se oorlewing lank
uitgerek wordwanneer die sade relatief diep in die grond ingewerk
word, vanwaar dit later (selfsbaie jare later) opgeploeg kanwordom
in vlakker grondsones teontkiem.
Dit is goeie praktyk om onkruid toe te laat om op te kom en dan
meganies en/of met onkruiddoders te beheer voordat die gewas
gevestig word. Herhaling van die proses voor-plant in ‘n bepaalde
groeiseisoen, sal nog beter wees as eenmalige toepassing, maar
beide opsies sal alleenlik moontlik wees indien reënval en planttyd
dit toelaat.
Toediening van ‘n bepaalde onkruiddoder(s) op twee stadia in een
groeiseisoen, soos beide voor- en na-opkoms, het die voordeel dat
die tydperk van onkruidbeheer binne ‘n groeiseisoen verleng word
– dit is goeie praktyk om onkruide wat laat in die groeiseisoen
steeds opkom, te beheer. ‘n Voorbeeld hiervan is die onkruid-
doderproduk CANTRON (Reg. Nr. L8365; aktiewe bestanddeel:
Mesotrioon) wat inmielies vir hierdiedoel geregistreer is.
Ek reken dat die toenemende infestasie van somergewaslandemet
“John Deere”-bossie (
Senecio consanquineus
), ‘n laat-ontkiemende
enherfs/winter-groeiendeonkruid,baie temakehetmetverminderde
gebruik (laer dosisse) van triasien-onkruiddoders (byvoorbeeld
atrasien en terbutielasien) ter wille van gewasrotasie met triasien-
gevoeligegewasse (byvoorbeeld sojabone en sonneblom) inmielie-
produksie.
Ander nadele verbonde aan
onkruidsaadproduksie
Onkruidwat tydens die stroopproses in saad is, kan tot kontamina-
sie van gewassaad lei. Nie alleenlik kan die voorkoms van onkruid-
saad in gewassaad tot afgradering en selfs weiering van graan
by afsetpunte lei nie, maar dit is ook ‘n belangrike manier waarop
onkruidsaad versprei kan word. Daar word byvoorbeeld in groot
dele van Afrika gekyk na die voedselverspreidingsprogram van
die Verenigde Nasies as die sondebok wat betref die vinnige en
wye verspreiding van die uitheemse indringerplant
Parthenium
hysterophorus
.
Die haastige insameling van graan, sonder streng kwaliteitskontrole
tydensdieproduksieenoesdaarvan, houdie risiko indatgewassaad
met onkruidsaadbesmet kanwees.
Virmeer inligting, kontak dr Reinhardt by 083 442 3427of
dr.charlie.
.
ONKRUIDSOORT
VOLKSNAAM
PLANTHOOGTE (CM)
SADEPERPLANT
Amaranthus spinosus
Doringmisbredie
tot 120
235 000
Anagallis arvensis
Pimpernel
10 - 40
900 - 250 000
Chenopodium album
Withondebossie
tot 300
13 000 - 500 000
Digitaria sanguinalis
Kruisvingergras
tot 300
2 000 - 150 000
Echinochloa crus-galli
Hanepootmanna
tot 150
2 000 - 40 000
Eleusine coracana
Jongosgras
tot 60
50 000 - 135 000
Polygonum convolvulus
Slinger-duisendknoop
20 - 250
30 000
Solanumnigrum
Nastergal
30 - 90
178 000
Striga asiatica
Rooiblom
7 - 30
50 000 - 500 000
Xanthium spinosum
Boetebossie
30 - 120
150 000
TABEL 1: VOORBEELDE VANSAADPRODUKSIEDEURONKRUID.
Jou onkruidsaadbestuur
dié seisoen sal toekomstige skadebepaal
1...,55,56,57,58,59,60,61,62,63,64 66,67,68,69,70,71,72,73,74,75,...124
Powered by FlippingBook