75
October 2014
‘n Klein persentasie van plante dra wit blomme met perserige are.
Dievrugte lyksoospeule,maar is inwerklikheidhoutjies (silikwa)wat
tussendiesade ingesnoer is. Indievolwassestadium isdithoutagtig,
dit springnieoopnie,maar breekop ineensadige segmentewat nie
baie opvallend is in koringsaad nie. Dit kan tot 6 cm lank wees. Die
skerp gepunte, koniese, saadlose voorste gedeelte van die vrug is
1,2 tot 3 cm lank. Sade is donkerbruin en afgeplat en tot 3mm lank.
Voorkoms en verspreiding
Ramenas kom wydverspreid in Suider-Afrika voor. Dit veroorsaak
veral probleme in koringlande in die Wes- en Suid-Kaap, in die
oostelikeVrystaat en tot ‘nminderemate indieNoordwesProvinsie.
Ramenas is waarskynlik die belangrikste breëblaaronkruid in
gesaaides in die winterreënvalstreek, hoofsaaklik omdat dit soos
raaigras onder die grasonkruide, baie geneig is tot die ontwikkeling
vanweerstand teen verskeie onkruiddoders. Dit is ook ‘n probleem
inboorde enwingerde indieBoland.
Ramenas plant slegs met saad voort. Die sade is redelik groot en
kan van diep af ontkiem. Ramenas kan enige tyd van die jaar ont-
kiem alhoewel daar ‘nhoogtepunt inherfs is, nádie eerste reëns.
Een ramenasplant kan tot 300 sade produseer en in digte stande is
daar al saadproduksie van 45 000 sade/m² gemeet. Ramenassaad
kan dormant bly in die grond vir etlike jare. Hoe dieper dit begrawe
is, hoe langer oorleef dit.
Van die saadwat 10 cm diep begrawe is, was 45% nog lewendig ná
vier jaar. Daarna het getalle vinnig verminder tot lae vlakke ná ses
jaar.Meeste saadbo-opdiegrondoppervlaktehet vergaanbinnedie
eerste jaar of twee, maar sommiges het ook vyf jaar lank oorleef.
Slegs 5% van die saad wat in die boonste grondlae onversteurd
gelaat was, het in die eerste seisoen ná saadrypwording ontkiem,
terwyl ongeveer 20% ontkiem het ná ‘n 1 cm diep bewerking in die
herfs (inligting van
.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir ramenas geregistreer is, wat
genoemword in die publikasie
A guide for the chemical control of
weeds inSouthAfrica
,word in
Tabel 1
aangetoon.Daar isook ‘npaar
onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat
die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddo-
ders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie,
maarwat wel effektief teen ramenas is as daar nieweerstand is nie.
Dit is noodsaaklik dat produsente en/of chemiese vervaardigings-
en bemarkingsmaatskappye probeer vasstel wat die weerstand-
status van ramenas in ‘n land is voordat onkruiddoders daarop
toegedien word. Indien daar nie weerstand teen ‘n spesifieke
onkruiddoder is nie, moet sorg gedra word dat die onkruiddoder
onder goeie spuittoestande en die korrekte dosis toegedien word
oponkruidwat niegroter as die vierblaar-stadium is nie.
Téhoëen te laedosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teikensetel-
en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die gebruik
van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld asmoontlik afmet ander
onkruiddoders wat ‘n ander werkswyse het (wat met ander woorde
in ‘n ander werkswyse groep val). In Tabel 1 word aangedui teen
watteronkruiddoderswatgeregistreer isvirdiebeheervan ramenas,
daar reeds bewese of vermoedelike weerstand waargeneem is.
Ramenas is die breëblaaronkruid wat die meeste weerstand teen
onkruiddoders ontwikkel het inSuid-Afrika sowel as inAustralië.
In Suid-Afrika is daar al in 1997 weerstand gevind teen verskeie
middels wat behoort aan die ALS-inhibeerders (Groep B). Later is
daarookweerstand teenbromoxynil (GroepC3),MCPA (GroepO) en
carfentrazone-ethyl (GroepE) waargeneem.
OP PLAASVLAK
Geïntegreerdeplaagbeheer
2: Ramenas-saailinge.
3: Die rosetstadium van ramenas.
4: ‘nVolwasse ramenasplant.
5: Diebloeiwyse enblomme van ramenas.
6: Ramenasplante in ‘n koringland.
ONKRUIDE INDIEWINTERREËNVALSTREEK
2
4
5
3
6