SA Graan Maart NAMPO - page 14

Produk-inligting
< 12
LANDBOU-ALGEMEEN
Nampo 2014
NWK vorder sterkmet sy
landbou-integrasie
S
amewerking en konsolidasie van
raakpunte tussen rolspelers in land-
bou bied interessante geleenthede
enNWK is positief om dit verder te
ontgin. Gebaseer op Lichtenburg, het NWK
in die onlangse verlede verskeie gesament-
like besigheids- en sakebelange in Suid-
Afrika, Botswana enZambiëgevestig.
NWK se groeistrategie gee erkenning aan
generiese groei asook waardetoevoeging
tot primêre produkte, maar met die besef
dat dít alleen nie voldoende sal wees nie.
“Laterale integrasie in landboubesighede,
oftewel samevoegings, samewerking of
oornames, moet plaasvind om die sektor
sterk te hou,” volgens mnr Danie Marais,
besturendedirekteur.
Wat generiese groei en integrasie betref,
het NWK ‘npaar noemenswaardigemylpale
oor dieafgelopemaandebehaal,waaronder
investering in Afrika en die uitbreiding van
die besigheid se betrokkenheid in die voed-
selwaardeketting, die versekeringsbedryf
asook vrag- en logistiekebesigheid.
Mont Trade
‘n 50%-belang in Mont Trade (Edms) Bpk
– ‘n gevestigde landbouverwante besig-
heid in Botswana – is in 2012 bekom. Die
verkryging pas goed in by NWK se langter-
mynstrategie en visie om betrokke te raak
by landbou inSuider-Afrika.
NWK bedryf reeds sedert 2010 ‘n vee-
voerfabriek in Gaborone in vennootskap
met Mont Trade deur OptiFeeds Botswana
(Edms) Bpk. Deur die verkryging vandiebe-
lang inMontTradeworddienetwyergespan
tot voordeel vanNWK se aandeelhouers.
CertiSure Brokers
Dié gesamentlike versekeringsbesigheid
waarin NWK en Senwes sedert 2012 ‘n
gelyke belang het, bedien landboupro-
dusente asook kommersiële en persoon-
like kliënte met korttermynversekering,
oesversekering, finansiële beplanning,
kredietlewensversekering, mediese fondse
enbegrafnispolisse.
Hierdie uitbreiding is in lyn met NWK se
groeistrategie en om terselfdertyd in ‘n ui-
ters mededingende globale besigheidsom-
gewingoptimaal besigheid tebedryf.
NWKBoerdery
NWK Beperk het in 2012 terugwaarts geïn-
tegreer deur betrokke te raak by primêre
graanproduksie. Die doel hiermee is om
NWK se kernbesighede (Graan en Handel)
te beskerm teen groeiende konkurrensie.
In 2013 is besluit om ook by beesproduk-
sie betrokke te raak. Dit is moontlik ge-
maak deur die identifisering van spesifieke
markgeleenthede en die verkryging van
die maatskappy Kalahari Beef asook die
handelsmerke Kalahari Beef en Kalahari
Grass FedBeef.
Hierdie inisiatief behels onder meer die
bedryf van ‘n slagagentskap wat fokus op
die aankoop en bemarking van grasgepro-
duseerdebeestewat binne ‘nvoorgeskrewe
protokol geproduseer is.
NWKAgri-Services Zambië
‘n 60%-belang is gedurende 2013 in ven-
nootskap met Louis Dreyfus Commodities
(LDC) verkry in die landbouverwante
Dunavant Zambia (Pty) Ltd deur sy Ne-
derlands-gebaseerde moedermaatskappy,
AfricaNeth Coöperatief UA. Die onderne-
ming is intussen as NWK Agri-Services ge-
herposisioneer.
Die besigheid, wat reeds meer as tien jaar
in Zambië operasioneel is, se primêre akti-
witeite isdieverwerkingvankatoenbysewe
pluismeulenswat wydoor die land versprei
is. Katoensaad word op ‘n klein skaal ge-
pers met die gevolglike bemarking van die
katoenolie en katoenkoek. Aktiwiteite soos
die aankoop van grane en verskaffing van
insetmiddele en meganisasie word in die
vooruitsiggestel.
GrindrodBeperk
Die JSE genoteerdemaatskappy, Grindrod,
wat in vrag en logistieke besigheid spe-
sialiseer, het verlede jaar as deel van ‘n
ekwiteitstransaksie ‘n 20%-aandeelhouding
inNWKBeperk bekom.
Grindrod, ‘n lid van dieRemgroGroep, spe-
sialiseer in die hantering en vervoer van
grootmaatkommoditeite per land en see en
het reedsbelê in infrastruktuur langs invoer-
enuitvoerweë indieheleAfrika suidvandie
Sahara. Hierdie netwerk stel NWK in staat
om sy groeiende voetspoor in hierdie deel
vandie vasteland verder uit tebrei.
NWKBeherendBeperk/
Senwesbel
Die beheermaatskappye van NWK (NWK
Beherend Beperk) en dié van Senwes
(Senwesbel Beperk) het hul onderskeie
aandeelhouers op 31 Oktober 2013 gesa-
mentlik in kennis gestel dat hulle met me-
kaar in onderhandelinge getree het rakende
‘n moontlike transaksie wat, indien dit suk-
sesvol is, ‘nwesenlike effek opdie prys van
die aandele van die onderskeie maatskap-
pye kanhê.
Die maatskappye voorsien dat die onder-
skeie onderliggende bedryfsmaatskappye
seoperasionelebedrywighedeniewesenlik
deur die moontlike transaksie geaffekteer
behoort tewordnie.
“Die landboubedryf moet wegbeweeg van
die duplisering van diens- en produkpak-
kette en eerder fokus op samewerking en
integrasie.Hoewel heelwatNWK-inisiatiewe
in die afgelope maande gerealiseer het, lei
die toetrede van multinasionale rolspelers
tot die Suider-Afrikaansemark, daartoe dat
plaaslike landboubesighede aktief moet
saamwerkom raakpunteensinergieë tot die
voordeel van alle belanghebbendes te ont-
gin,” hetMarais bygevoeg.
Kry vandag ‘n greep op diemarkmet NWK.
Loer in by NWK se stalletjie in die NAMPO-
saal tydens die Graan SA NAMPO Oesdag
2014.
JOHANBEZUIDENHOUT,
KorporatieweBemarking, NWK
NWK Beperk het in 2012 terugwaarts geïnte-
greer deur betrokke te raakbyprimêregraan-
produksie. Hierdie inisiatief behels onder
meer die bedryf van ‘n slagagentskap wat
fokus opdie aankoop enbemarking vangras-
geproduseerdebeeste.
1...,4,5,6,7,8,9,10,11,12,13 15,16,17,18,19,20,21,22,23,24,...124
Powered by FlippingBook