Background Image
Previous Page  64 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

62

in die Vrystaat ondersoek

F

ertasa is deur Graan SA en mnr Pietman Botha, ‘n privaat

konsultant, in verband met ‘n vermoede dat ondergrond-

suurheid moontlik die ontwikkeling van plantwortels in

watertafelgronde in die Vrystaat kan beperk, genader.

Hierdie vermoede het ontstaan toe ‘n produsent se ervaring daar-

van tydens ‘n Redaksiekomiteevergadering van

SA Graan/Grain

bespreek is. Dit is algemene kennis dat suurgronde die produksie

van veral mielies tot ‘n groot mate beperk.

Bevestiging van moontlike probleem

Navraag onder Fertasa-lede se landboukundiges het bevestig dat

‘n beduidende persentasie ondergronde van nie net die watertafel-

gronde nie, maar ook ander hoëpotensiaalgronde, pH(KCl) waardes

van laer as 4,5 het. Die algemene indruk is dat dit wydverspreid

voorkom.

Landboukundiges van Fertasa-lede is gereed om hul klante met die

identifisering en kwantifisering van sodanige gevalle by te staan.

Daar is bespiegel oor die rede waarom die gronde oor die afgelope

twee jaar aansienlik versuur het.

Verdere ondersoek nodig

Bogemelde is uiters wyd en produsente sal hul eie situasie saam

met kundiges in die kunsmisbedryf en elders moet bepaal en beoor-

deel. As dit net as ‘n fokusarea gesien word, kan planne beraam word

om dit reg te stel.

Ondervinding het al geleer dat daar beslis kolle sal wees waar

die pH’s nog laer as 4,5 ph(KCL) sal wees. By hierdie suurheids-

vlakke word aluminium oplosbaar en kan dit wortelgroei deur hierdie

laag heeltemal stuit.

Indien grondmonsters normaalweg geneem word, kan dié uiters

versuurde laag moontlik misgekyk word, aangesien dit soms slegs

enkele sentimeters dik is en “verdun” word as ‘n dikker laag grond

saam met dit gemonster word.

Dit is raadsaam om profielgate te grawe en die wortelsone deeglik

te bestudeer. Meganies-verdigte lae word soms verwar met che-

mies-beperkende lae. Aluminiumvergiftiging van mieliewortels is

kenmerkend hiervan. Die wortels eindig skielik op ‘n relatiewe vlak

diepte en draai nie sywaarts nie. Die totale afwesigheid van haar-

wortels is ‘n verdere teken. Met meganiese verdigting draai die

hoofwortel sywaarts en het dit steeds haarwortels.

In heelwat gevalle kan ondergrondversuring dieper plaasvind as

wat daar normaalweg geploeg word. In die meeste gevalle vind dit

op dieselfde diepte plaas waar N-bemesting byvoorbeeld “vooraf”

geplaas is.

Moontlike oorsake van versuring

Die feit dat ondergronde versuur, is gewoonlik te wyte daaraan dat

bogronde onvoldoende bekalk is. Hierdie verskynsel word beskryf

in die hoofstuk oor bekalking in Fertasa se

Bemestinghandleiding

.

Die praktyk om ongebufferde gronde op ‘n sekere suurversadi-

gingsvlak te bestuur, tesame met onoordeelkundige stikstofbe-

mesting, kan ongetwyfeld tot die situasie lei.

Die vorige droë jaar waar stikstofopname beduidend belemmer

is, het ook beslis bygedra tot die versuring van die gronde. Dit is

algemeen bekend dat wanneer ammoniumstikstof oksideer na

nitraatstikstof, waterstofione (H

+

) vrygestel word.

OP PLAASVLAK

Ondergrondsuurheid / Mielieproduserende gebiede

Bemesting

DR PIETER HAUMANN,

hoof uitvoerende beampte: Fertasa

1: Ondergrondsuurheid.

Foto: Mart Farina

2:

n Voorbeeld van aluminiumvergiftiging van mieliewortels.

Foto: Mart Farina

1

2