Background Image
Previous Page  3 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 76 Next Page
Page Background

1

May 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Pietman Botha, Anke Burger, Jan Coetsee, Jannie de Villiers, dr Annemie Erasmus, Petro Fourie, prof Bradley Flett, Alzena Gomes, dr Pieter Haumann, Elmarie Helberg,

Simon Hodgson, Martin Hood, dr Astrid Jankielsohn, Koos Kirsten, Dirk Kotzé, Wessel Lemmer, Marese Lombard, Corné Louw, dr Thabiso Motaung, dr André Nel,

Wandile Ngcamphalala, Simone Nieuwoudt, Hesna Rheeder, Anche Schepers, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, Luan van der Walt en Ollie van Ronge

m

aak ma’s nog deesdae self klere vir hul kinders? My

ma het kleintyd vir al vier ons kinders klere gemaak

– rokkies vir my en sweetpakke vir my broers. As

ek sien wat klere deesdae kos, sal ons almal een

van die dae weer die naaimasjien nader moet trek!

Ek onthou nog hoe ek saam met haar en my ouma die materiaal-

winkels in Klerksdorp platgeloop het en hoe ek my vergaap het

aan die rolle en rolle allermooiste lap waaruit ‘n mens kon kies.

En dan tower Ma ‘n rok of ‘n hemp daaruit op. Sy het my geleer

naaldwerk doen. Ma en Ouma het my al van kleins af toegelaat

om met hul naaimasjiene te werk. (Ouma het nog een van daar-

die masjiene met ‘n slinger gehad, wat jy met die hand moes

draai. Selfs my broers het al te graag die slinger vir Ouma gedraai

– en natuurlik gekyk wie dit die vinnigste kon doen!) Ek sal nou nie

sê ek sal ‘n rok eiehandig kan maak nie, maar ek kan darem die

basiese doen.

Met vanjaar se Oesdagtema, “Ontvou die toekoms”, in die agterkop,

wonder hierdie selfhelp naaldwerkster of die NAMPO Oesdag nie

maar ook soos ‘n interessante materiaalwinkel is nie? Propvol rolle en

rolle beloftes, potensiaal en geleenthede wat wag om deur kundige

produsente ontvou en omskep te word. Maar onthou: As julle mans

so droom-droom deur NAMPO beweeg, hier aan ‘n yster voel en daar

‘n nuwe stuk tegnologie bewonder...dit is presies hoe aangenaam dit

vir ons skoner geslag is, om vir ure aaneen lappe te vryf en patrone te

bewonder – (net soos julle) vlytig besig om toekomsdrome te ontvou.

Die dames sal verheug wees om te hoor dat, na ‘n afwesigheid van

twee jaar, die Vroueprogram gedurende die oggende terug is met

‘n splinternuwe ligging en ‘n inspirerende program in die groot wit

tent langs die Polkadot-teetuin. Julle kan ook uitsien na ‘n paar nuwe

uitstallings. 4x4-entoesiaste kan hul tande slyp vir ‘n opgegradeerde

weergawe van die hindernisbaan wat daagliks deur die voorste

vervaardigers se produkte aangedurf gaan word. Nog ‘n nuwe toe-

voeging is ‘n demonstrasiebaan vir motorfietse, vierwiel-motorfietse

en

side-by-side’s

.

Die Oesdag bly (soos ook van produsente verwag word) in pas met

veranderende tye en vernuwings. Nuwe buite-uitstalruimtes aan die

oostekant van die terrein – in die omgewing van die saadplotte, asook

by die hoofingang naby die Gedenkmuur – bring die totale getal uit-

stallers op meer as 700 te staan. Die fokus van die nuwe, uitgebreide

terrein naby die saadplotte is veral op bewaringsboerderytoerusting

en tegnologie. Volgens Toit Wessels (assistent-bestuurder: NAMPO

en Bemarking, Graan SA) wil Graan SA verseker dat NAMPO die

landbousektor se mees relevante platform en markplek vir innovasie,

tegnologie, inligtinguitruiling en gesprekvoering is. Die uitbreidings

en vernuwings en ‘n splinternuwe NAMPO-logo bevestig dat die or-

ganisasie positief is oor die rol van die Oesdag in die toekoms van

landbou.

Ná verlede jaar se NAMPO Oesdag halfeeu-vieringe het Graan SA

skouer aan die wiel gesit om uitbreidings en vernuwings aan die ter-

rein en die program gereed te hê vir die 51ste Oesdag. Lees gerus op

bladsy 10 wat jy nog van vanjaar se Oesdag kan verwag.

Geniet die 2017 Graan SA NAMPO Oesdag!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

A

lternaria leaf blight is currently one of the

major potential disease threats to sunflower

production in South Africa. Fortunately, there is a

collaborative research programme between the

University of Pretoria and ARC-Grain Crops to

improve the understanding of the causal organ-

ism, the epidemiology of the Alternaria leaf blight

and to attempt to develop an integrated control

system based on fungicide sprays. On

page 47

Prof BRADLEY FLETT

(ARC-Grain Crops) tells

us more about this common disease that causes

major damage.

A

ccording to

Dr ANNEMIE ERASMUS

(ARC-

Grain Crops) fall armyworm can be one of the

most difficult insect pests to control in maize. It

can only be effectively controlled while the larvae

are small. Early detection and proper timing of an

insecticide application are critical. She discusses

integrated pest management practices that should

be considered. See

page 52

.

C

hanges in the climatic environment have a

significant impact on agricultural production as

well as the suitability of an area for the production

of a specific crop. Climate change has a direct, but

also an indirect impact on crop yield by affecting

the prevalence and distribution of pest insects,

diseases and weeds.

Dr ASTRID JANKIELSOHN

(ARC-Small Grain) on

page 56

asks if the area

planted to wheat influences the distribution of

Russian wheat aphid biotypes.

P

lant-pathogenic fungi cause diseases to major

crop plants and threaten global food security.

Virulence genetics underlie these fungal diseases

and plant host colonisation. Therefore, genetic

determinants are mostly to blame for the onset of

pathogenesis, crop failures and subsequent staple

food price hikes.

Dr THABISO MOTAUNG

(ARC-

Small Grain) describes the use of mutant collec-

tions to understand pathogenicity in economically

important fungi – more on

page 59

.

Ontmoet ons

medewerkers...

d

it is hierdie maand reeds

tien jaar wat

KOOS KIRSTEN

die

Uit die Woord

-rubriek vir

SA Graan/Grain

behartig. Hy

is in Pretoria gebore en het

die eerste agt jaar van sy lewe op Rust

de Winter deurgebring en sy skoolloop-

baan op Volksrust voltooi. Terwyl hy

teologie in Potchefstroom studeer het, het hy sy vrou, Rika,

ontmoet. Hulle is reeds 35 jaar getroud en het twee kinders en

twee kleinkinders.

Na sy millitêre diensplig, is hy na Mosselbaai beroep waar

hy nege jaar predikant was. Hy het uit die voltydse bediening

getree en is tans die plaasbestuurder van ‘n besproeiingsplaas

in die Hopetown-distrik. In sy vrye tyd geniet hy fotografie

(veral sportfotografie) en om te jag.

Hoewel hy nie voltyds in die bediening is nie, is dit vir hom

baie belangrik om steeds die Woord uit te lê en te verkondig.

Hy bedien drie klein gemeentes op ‘n deeltydse basis en gee

Bybelonderrig aan hoërskoolleerlinge.