Ottosdal Bewaringslandbou-
konferensie terug op sy pos
Gr d – die hoeksteen van my boerdery en my nageslag se sukses
n
adat die droogte van die 2015/2016-seisoen sy tol oor
‘n breë spektrum van landbou in Suid-Afrika geëis het,
was dit ook die oorsaak dat die Bewaringslandbou-
konferensie van 2016 op Ottosdal afgestel moes word.
Gelukkig was die seëninge van Bo groot en kon dié
gewilde konferensie weer op 6 en 7 Maart vanjaar aange-
bied word – met bykans 300 produsente wat dit bygewoon het.
Ds Louis Venter het die program geopen en produsente is verwel-
kom deur mnr Hannes Otto van die Ottosdal-geenbewerkingsklub,
wat ook die aanbieder van die konferensie was. Otto het klem daarop
gelê dat dié streek se bewaringslandbouprodusente nou besef hoe
belangrik grondgesondheid is en hulle daarom bewaringslandbou
suksesvol kan toepas, maar dat hulle ook besef dat praktyke verder
ontwikkel moet word.
Prof Ferdie Meyer van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid
(BFAP) het tydens sy toespraak “Ekonomiese situasie en vooruitsigte
vir landbou” die dalende reële waarde van mielies, die stygende
insetkoste en die kosteknyptang wat dit vir mielieprodusente
meebring, bespreek. Hy het verder uitgelig dat praktyke soos
bewaringslandbou oplossings kan en moet bied om kostes te sny,
volhoubare oesopbrengste te lewer en winste te verhoog.
Dr Wayne Truter van die Departement van Plant en Grondkunde
van die Universiteit van Pretoria het “Goeie landboupraktyke vir
maksimum ekosisteemdienste vir grond” aan kongresgangers
voorgehou. Dr Truter het onder meer verduidelik dat grondkoolstof
die skakel is tussen die benutting en “dienste” van water, sonenergie
en ander grondvoedingstowwe en dat bewaringslandbou dié proses
kan versnel.
“‘n Boer se probleem en oplossing lê onder sy voete”, was
die inspirerende aanbieding van mnr Koos Bezuidenhout, ‘n
bewaringsprodusent van Migdol. ‘n Tyd van nood het hom en sy seun
tot die besef gebring dat hul nie verder met konvensionele praktyke
kon aangaan nie – en selfs ook nie met “normale” geenbewerking nie.
Hulle algehele omskakeling na ‘n holistiese bewaringslandboustelsel
– met die integrasie van dekgewasse en vee – was vir hul ‘n
openbaring. Bezuidenhout het kongresgangers se aandag verder bly
vestig op ‘n verhoogplakkaat waarop bewaringslandboubeginsels
aangebring was.
Die besoek aan plaaslike proewe is voorafgegaan deur ‘n
bespreking van die proefresultate deur dr André Nel, agronoom en
bewaringslandbounavorser betrokke by die projek. Die manne het
hierna die trokke bestyg om na die proewe te gaan kyk. Die proewe
van mnr George Steyn op die plaas Humanslaagte het hierdie jaar
uitstekend vertoon. Daarna is verskeie besoekpunte bepaal, waar die
groepe sommer net gesels het.
By die besoekpunte is die temas dekgewasse, mieliekultivars onder
bewaringslandbou, die Argentynse stelsel en grondprofiele onder
tand- versus kouterplanters onder meer aangespreek. ‘n Laaste
punt was die demonstrasie van verskillende saadmaatskappye se
dekgewasmengsels gefokus op die idee om grondrehabilitasie te
versnel.
Na afloop van ‘n druk program en warm dag by die proewe, is die
eerste dag afgesluit met ‘n heerlike T-been en bykosse.
Die tweede dag van die konferensie was net so druk. Dr Hendrik
Smith, bewaringslandboufasiliteerder van Graan SA, se toespraak
het gehandel oor “Bewaringslandbou – ‘n geleentheid om te bewaar
en te groei vir die toekoms”. Dr Smith het weer eens die erns van die
omgewings- en ekonomiese probleme wat produsente in die gesig
staar, beklemtoon en verduidelik dat produsente dié probleme ook
help skep deur byvoorbeeld erosie toe te laat en grondkoolstof in die
atmosfeer vry te laat.
Hy het klem daarop gelê dat van die mees praktiese oplossings in
produsente se hande en reg onder hul voete lê – in die grond – en dat
‘n verdere oplossing die toepas van goeie bewaringslandboupraktyke
is. Die eerste van ‘n nuwe reeks bewaringslandbouvideo’s is na
afloop van sy voorlegging vertoon.
Tydens dr Venessa Moodley van Omnia se aanbieding oor grond-
biologie is interessante grondbiologiese analises met betrekking
tot verskeie praktyke in die land en ook die streek onder kongres-
gangers se aandag gebring. Daarby het ‘n belangrike bewusmaking
in terme van watter organismes ‘n rol speel, wat hulle rol is en
hoe hul funksies kan verbeter, plaasgevind. Dit was duidelik dat
bewaringslandbou ‘n uiters positiewe impak op grondbiologie het.
Nader aan die huis, het mnr Adriaan Dreyer van SGS NviroCrop se
aanbieding waarnemings ten opsigte van bewaringslandbou op
Ottosdal en omgewing gedek. Dreyer se ervaring om die impak van
verskillende praktyke op grond – en veral plantwortels – te ontsyfer,
is al welbekend in die streek. Hy het kongresgangers op ‘n gewel-
dig interessante reis deur verskillende grondprofielgate in die
streek geneem – en een van hierdie profielgate het selfs vir hom
DR HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder en
DIRK KOTZÉ,
ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA
ALZENA GOMES,
skakelbeampte: Graan SA
LEDE-LANDSKAP
‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite
Mei 2017
8