Background Image
Previous Page  3 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 92 Next Page
Page Background

1

May 2015

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Pietman Botha, Abrie Coetzee, Jannie de Villiers, Annemie Erasmus, Bradley Flett, Wynand Heunis, Francois Human, Ernst Janovsky, Belinda Janse van Rensburg, Koos Kirsten,

Louise Kunz, Pierre Laubscher, Corné Louw, Antoinette Malan, Jane McPherson, Salome Modiselle, Gert Nel, Hestia Nienaber, Nancy Ntidi, PJ Pieterse, Mariana Purnell,

Moses Ramusi, Hesna Rheeder, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Sonia Steenkamp, Johann Strauss, Liana Stroebel, Johann van Zyl,

Aart-Jan Verschoor, Hennie Viljoen, Willem Voogt, Barend Wentzel en Toit Wessels

e

k dink nou die dag weer aan ‘n wyksbyeenkoms as kind waar die

een tannie vertel het van iemand wat hulle geken het wat onder

of agter alles in haar huis plakkers met name op aangebring het

van wie, wat moes erf – en hoe sy en haar boetie as kinders die

name stilletjies omgeruil het!

Testamente en boedelbeplanning is iets waaroor ‘n mens nie eintlik wil

praat of aan dink nie...Daar is mos nog baie tyd. ’n Mens wil nie aan jou

eie sterflikheid dink nie. Ek het onlangs met die skielike afsterwe van my

pa net weer besef hoe belangrik dit is. ‘n Mens het dikwels ‘n testament,

maar jy het dit jare laas hersien. Of as iemand skielik sterf, weet dié

wat agterbly nie altyd wat met die papierwerk aangaan en waarheen

nou nie. My man hanteer ons finansiële sake. As hy môre sou sterf,

gaan ek nie herwaarts of derwaarts weet nie. En ek praat nie nou van die

emosionele kant van die saak nie. Ek praat van die harde realiteit. Waar

begin ‘n mens? Ek gaan nie weet wie, wat of hoeveel maandeliks betaal

moet word nie. Wat moet nou gedoen/gereël/betaal word...?!

Dié uitgawe van

SA Graan/Grain

bevat ‘n spesiale fokus op geldsake en

finansiële dienste. Toe ek die artikel “Boedelbelastingbeplanning deur

die gebruik van verskillende ondernemingsvorme” op bladsy 20 die eer-

ste keer gelees het, het my keel sommer toegetrek, want ‘n mens besef

jy is nie voldoende ingelig oor sake soos boedelbelasting nie. Vir ons

leke is dit Grieks, maar Hesna Rheeder van PricewaterhouseCoopers

en Gert Nel (konsultant) verduidelik sorgvuldig hoekom boedelbeplan-

ning ‘n belangrike oorweging is vir die besparing van belasting en dat

die oogmerk daarvan moet wees om die potensiële belastingaanspreek-

likheid van die erflater en erfgename so laag moontlik te hou. Hierdie

aspek is belangrik, want dit raak veral die volhoubaarheid van ‘n boer-

dery direk. Volgens hulle moet daar egter ook nie van ander faktore in

die boedelplan vergeet word nie, byvoorbeeld die praktiese uitvoer-

baarheid, regsaanspreeklikheid, saamboerdery, erfopvolging, familiebe-

trekkinge en versekering.

‘n Ander artikel wat ‘n rilling teen my ruggraat afgestuur het, is

“Kapitaalwinsbelasting – ‘n realiteit”. Op bladsy 24 bespreek Hesna

en Gert watter bates onderworpe is aan kapitaalwinsbelasting en wie

dit moet betaal; hoe kapitaalwinsbelasting bereken word; wat bedoel

word met die “basiskoste” van ‘n bate en watter bates vrygestel is van

kapitaalwinsbelasting. ‘n Produsent is nie noodwendig ‘n kenner op al

die gebiede nie en daarom behoort boedelbeplanning in samewerking

met regsgeleerdes, landboukundiges, rekenmeesters en finansiële be-

planners gedoen te word.

Op bladsy 18 maan Johann van Zyl (finansiële joernalis en

SA Graan/

Grain

medewerker) lesers om ingeligte beleggingsbesluite te neem

en hy verskaf selfs ‘n paar beleggingswenke. Ek en my man het reeds

‘n afspraak met ons makelaar gemaak om die testament na te gaan en

ons aftreebeplanning te hersien. Hulle sê mos nie verniet “van uitstel

kom afstel” nie en wie van ons weet wanneer jou strepie getrek is?

Groetnis tot volgende keer.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

t

oit Wessels (ledebemarking-

en kommunikasiebeampte,

Graan SA) is gebore op

Heidelberg (Kaap) en het daar

grootgeword en skoolgegaan.

Ná sy militêre opleiding doen

hy ‘n BAgri Admin-kursus by

Maties. Hy begin saam met sy

pa en broer in die Heidelberg-

omgewing boer en was baie betrokke in die aktiewe

landbou. Ná ‘n grondeis, verkoop hy die oorblywende stuk

grond, maak ‘n draai by BKB en daarna by Unigrain en MKB

as graanbemarker.

“Ek het toe die geleentheid byGraan SAgekry om ‘n nuwe kantoor

in die Paarl te open, waar ek eers alleen was en die opkomende

landbou sowel as die kommersiële produsente bedien het. Die

werk het eenvoudig so toegeneem dat ek ‘n jaar later vir Liana

Stroebel ingekry het om die ontwikkelende landbou gedeelte te

hanteer, sodat ek meer op die kommersiële gedeelte kan fokus,”

vertel hy. Hy is getroud met sy skoolliefde, Marlene, en hulle

het drie seuns en twee kleinseuns. Lees op bladsy 12 meer oor

die Wes-Kaap-lede se algemene jaarvergadering.

K

apitaalwinsbelasting is sedert 1 Oktober 2001

‘n realiteit in Suid-Afrika en word bereken

volgens die bepalings van die Agtste Bylae van die

Inkomstebelastingwet. Die belasbare kapitaalwins,

soos bereken deur die toepassing van hierdie

wetgewing, word by die belasbare inkomste van

‘n belastingpligtige gevoeg ten einde sy/haar

totale jaarlikse inkomstebelastingaanspreeklikheid

vas te stel. Volgens

HESNA RHEEDER

(Price-

waterhouseCoopers) en

GERT NEL

(konsultant) is

kapitaalwinsbelasting en die toepassing daarvan

nie so eenvoudig soos dit klink nie. Gee vroegtydig

aandag aan dié aspek om sodoende behoorlik

daarop voorbereid te wees en ook om die betaling

daarvan te beperk, of voorsiening te maak vir

enige kontantvloeiprobleme. Lees meer hieroor op

bladsy 24

van hierdie uitgawe.

P

IETMAN BOTHA

,

SA Graan/Grain

mede-

werker, het vir hierdie uitgawe gaan inloer by

Richard Hobson – bestuurder van die Nonen Ranch

Boerdery wat deel vorm van die Botselo-groep.

Die Botselo-groep is ‘n familiebesigheid wat al

geslagte lank besigheid doen en is verlede jaar as

die Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die

Jaar-wenner aangewys. Lees op

bladsy 36

waarom hulle glo dat om waarde toe te voeg,

tot hul voordeel is.

M

ikotoksiene (toksiene wat deur swamme

geproduseer word) is van ekonomiese belang

in koring, mielies, grondbone en ander neute asook

koffie en wyn. Volgens die Food and Agriculture

Organisation (FAO) word 25% van die wêreld se

oeste jaarliks met mikotoksiene besmet. In die

artikel op

bladsy 56

kyk

BELINDA JANSE VAN

RENSBURG

(LNR-Instituut vir Graangewasse) na

ekonomiese verliese as gevolg van plantsiektes, ‘n

verlaging in graankwaliteit, mikotoksienbesmetting

asook die newe-effekte daarvan in mens en dier.