Background Image
Previous Page  25 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 116 Next Page
Page Background

23

Dit beskik oor ‘n baie egalige planttipe. Die baster is geskoei op

die genetiese model van PAN 7080 en is hoogs kompeterend met

die konvensionele reeks basters.

Nuwe sojaboonkultivars

Pannar se veelsydige pakket van verskillende groeiseisoenklasse

bied die optimale kultivar vir elke plantdatum vir al die produk-

siegebiede. Die maatskappy het toegang tot die beste kommer-

siële sojaboonkultivars en pre-kommersiële lyne van reg oor

die wêreld asook plaaslik-ontwikkelde lyne. Die maatskappy se

beleid is om die beste moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse

mark vry te stel, ongeag vanwaar hulle afkomstig is.

Pannar-kultivars het vir vyf jaar agtereenvolgend die toppresta-

sieposisie in al die streke behaal.

Die maatskappy is tans besig om ‘n hele nuwe reeks sojabone

in te faseer, wat betekenisvol beter as die huidige kommersiële

kultivarpakket presteer. Dit is opwindende nuus vir die verbete-

ring van boerderywinsgewendheid deur verhoogde opbrengste.

PAN 1532R

Die kultivar in die vinnige groeiseisoenklas word vir aanplanting

in die koel en in gematigde produksiestreke aanbeveel. Dit ver-

toon baie goeie en stabiele prestasie oor al die produksiestreke

heen. Dit is ook ‘n uitstekende keuse vir besproeiing. PAN 1532R

beskik oor ‘n regop planttipe wat dit ‘n goeie keuse maak waar

produksiepraktyke hoë plantpopulasie en nou rye vereis. Dit ver-

toon baie goeie staanvermoë en stroop maklik.

PAN 1521R

Die opwindende nuwe veelsydige kultivar lewer buitengewoon-

stabiele opbrengsprestasie oor seisoene heen vir al die produk-

siestreke. Dit is ewe goed aangepas vir die koel, matige en warm

produksiegebiede. Hierdie kultivar beskik oor ‘n wenkombinasie

van opbrengsprestasie en goeie agronomiese eienskappe.

PAN 1623R

Hierdie is ‘n opwindende nuwe opbrengsleier. Dit pas in die laat-

groeiseisoenklas en word aanbeveel vir vroeë aanplantings in

die gematigde streke en koel produksiestreke. PAN 1623R word

aanbeveel as hoofaanplanting in warm droëland- en besproeiings-

produksiegebiede. Dit is ‘n sterk, robuuste plant wat die rye vin-

nig toemaak en dit ontwikkel ‘n sterk wortelstelsel.

Gewasverskeidenheid

PAN 1521R

FOKUS

Saad

Spesiale

JOU KEUSE!

Geen twee plase is ooit dieselfde nie. Dis waarom

PANNAR ’n heel-plaas-benadering volg. Wat ook al jou

gewassamestelling of boerderypraktyk, ons het die

regte produkkombinasie vir jou. PANNAR bied ’n

omvattende gewasportefeulje en keuse van kultivars,

wat aan jou gemoedsrus bied dat al jou gewasse van ’n

enkele, betroubare bron afkomstig is wat elke seisoen

resultate lewer.

PRODUKKOMBINASIES

VIR SUKSESVOLLE

BOERDERY.

2016/CORP/A/015A

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

Saam boer ons

vir die toekoms

UITSONDERLIKEPRODUKTE

ENGEWASPAKKETTE

ULTRAMODERNE

NAVORSINGEN

ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE

GEWASVOORSORG

OPTIMALISEER

PRODUKSIE

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK