Background Image
Previous Page  22 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Maart 2016

20

FOKUS

Saad

Spesiale

Gewasverskeidenheid

vir risikobestuur

O

ns is trots op ons produsente en

is daartoe verbind om hulle te

ondersteun vir volgehoue sukses

– wat hul boerderye in geheel

betref. Ons bied die volledigste gewas- en

saadportefeulje in Afrika, gerugsteun deur

meer as 50 jaar se kennis en ondervinding

in gewasproduksie in Afrika se uiteenlo-

pende toestande. Ongeag die gewas wat

jy verbou of die uitdagings wat die natuur

bied, kan ons die regte kultivars aanbeveel.

Ons ondersteun produsente met goeie ad-

vies en praktiese boerderyoplossings om

produksie te verbeter en die risiko’s en

uitdagings waarvoor hul te staan kom, ten

beste te bestuur. Ons fokus op volhoubaar-

heid en vandaar ons leuse “saam boer ons

vir die toekoms”. Ons is daartoe verbind

om jou te ondersteun om jou boerdery as

suksesvolle nalatenskap vir toekomstige

geslagte agter te laat, terwyl jy voedsel vir

Afrika produseer.

Nuwe wit basters

Pannar se wit basterpakket beskik oor goeie

prestasie-, aanpasbaarheid- en stabiliteits-

eienskappe vir goeie risikobestuur.

PAN 5A-291, PAN 5R-591R en

PAN 5R-791BR

Hierdie groep vinnige wit basters word vir

droëlandaanplanting aanbeveel, is sterk

meerkoppig en vul die BG 5285-reeks

basters goed aan. Hulle is goed aangepas

op die sandgronde van die Noordwes-

Vrystaat en word as deel van die

hoofaanplanting aanbeveel.

PAN 6B-465B en

PAN 6Q-865BR

Die nuwe wit basters in die mediumgroei-

klas beskik oor die tweede generasie

MON89034-stronkboorderweerstandgene

vir selfs beter beheer van stronkboorders.

Die dubbelaksie van MON89034 behoort

insekweerstand in hierdie basters vir ‘n

lang periode te ondersteun. Die basters

word veral vir die westelike produksiege-

biede aanbeveel.

PAN 6B-465B is soortgelyk aan PAN 6Q-

445B en PAN 6Q-345CB, terwyl PAN 6Q-

865BR soortgelyk is aan PAN 6R-845CBGT.

Dit is by uitstek droëlandbasters wat goed

aangepas is vir al die mielieproduserende

gebiede. Dit word as deel van die hoofaan-

planting in die Noordoos-Vrystaat-, Noord-

wes-Vrystaat- en Noordwes Provinsiepro-

duksiestreke aanbeveel. Ons beveel aan

dat hierdie basters tot voor die middel van

Desember in die gebiede aangeplant be-

hoort te word.

Die pakket word ook as deel van die hoof-

aanplanting vir die oostelike Hoëveld asook

vir die noordelike gematigde en misgordel-

gedeeltes van KwaZulu-Natal aanbeveel.

Probeer om hierdie basters binne die opti-

male plantperiode vir hierdie gebiede aan

te plant.

Met hierdie agtergrond bied dit goeie weer-

stand teen Diplodia kopvrot, grysblaarvlek

en kop- en pluimbrand. Dit beskik oor goeie

staanvermoë en sterk meerkoppigheid.

Nuwe geel basters

Die geelmieliepakket van ultravinnige, vin-

nige en mediumbasters vorm ‘n gedugte

pakket vir goeie langtermynrisikoversprei-

ding. Pannar se ultravinnige geel basters

is staatmakers onder besproeiing in al die

produksiegebiede en onder droëland in die

oostelike produksiestreke.

PAN 4B-376B

Die nuwe geel baster in die vinnige groei-

klas beskik oor die tweede generasie

MON89034-stronkboorderweerstandsgene

vir selfs beter beheer van stronkboorders.

Dit is soortgelyk aan PAN 4R-576R en

PAN 4R-776BR. Dit is by uitstek ‘n droëland-

baster wat goed in die produksiegebiede van

die sentrale Hoëveld, Oos-Vrystaat en die

koel dele van KwaZulu-Natal aangepas is.

Dit toon goeie weerstand teen

Phaeospha-

eria

-blaarvlek. Dit beskik oor goeie staan-

vermoë en toon geen sensitiwiteit teenoor

sulfonielureum nie. Die YieldBoost-swam-

doderspuitprogram word in gebiede waar

blaarsiektes gewoonlik verwag word aan-

beveel vir optimale produksie.

PAN 5A-182

Die geel baster in die medium-vinnige groei-

klas kan op droëland en onder besproeiing

aangeplant word. Dit is ‘n konvensionele

baster wat goeie prestasie lewer en vir al

die produksiestreke goed aangepas is. In die

Noordwes Provinsie behoort aanplantings

egter slegs op die hoëpotensiaalgronde

plaas te vind. Dit toon goeie algemene

siekteverdraagsaamheid en toleransie teen

kopvrotte.

PAN 6B-410B en

PAN 6R-710BR

Die nuwe geel basters in die medium-

groeiklas beskik oor die tweede generasie

MON89034-stronkboorderweerstandsgene

vir selfs beter beheer van stronkboorders.

Die dubbelaksie van MON89034 behoort

insekweerstand in hierdie basters vir ‘n

lang periode te ondersteun.

Die basters beskik oor dieselfde genetiese

agtergrond as PAN 6Q-408CB. Hierdie

basters lewer baie goeie resultate onder

droëlandproduksie, met goeie stabiliteit in

PEET VAN DER WALT,

advertensiebestuurder: Pannar Saad

PAN 6Q-865BR