Background Image
Previous Page  3 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 124 Next Page
Page Background

1

March 2015

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Abrie Coetzee, Kim Coetzee, Chris Dannhauser, Stephan de Groot, Petrus Delport, Ron Derby, Jannie de Villiers, Jan du Preez, Wimpie du Toit, Gert Els, Gerhard Engelbrecht,

Bradley Flett, Petru Fourie, Eddie Goldschagg, Jan Greyling, Dirk Hanekom, Elmarie Helberg, Daniel Herbst, Steve Hochfeld, Elbé Hugo, Mary James, Jaco Kellerman,

Koos Kirsten, Francois Koekemoer, Wessel Lemmer, Robbie Lindeque, Hans Lombard, Corné Louw, Lebogang Madubanya, André Malan, Jim McDermott, Chrissie Miles,

André Nel, Leana Nel, Leonard Oberholzer, Willem Otto, PJ Pieterse, Moses Ramusi, Stephanus Richter, Loureine Salomon, Nemera Shargie, Gerrie Smit, Hendrik Smith,

Elmarie Stoltz, Ruan Stander, Joubert Swanepoel, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Lodewyk van der Merwe, Peet van der Walt, Japie van der Westhuizen, Barry van Houten,

Danie van Niekerk, Barent Wentzel en Andries Wessels

m

y hart verlang vandag sommer net plaas toe. Al weet

ek die mielies staan witgebrand en toegedraai op die

lande; die voer vir die skape is min en die produsente

loop met strak gesigte rond...

Ek sit nou die dag by die haarkapper en ewe skielik val daar ‘n bui

reën. “O, ek hoop dit reën op Lydenburg ook,” sê die haarkapper.

“Hoekom?” vra die een kliënt. “Want my pa-hulle boer daar en het

reën baie nodig,” kom die antwoord.

Hoe bekend klink dit nie! Soos hulle sê: “Eenmaal ‘n boer se kind;

altyd ‘n boer se kind.” ‘n Mens sal maar altyd wonder oor of dit

reën by jou ouers op die plaas. My kinders vra ook al as dit by

ons in die stad reën: “Ek wonder of dit by Oupa-hulle op die plaas

reën?” Dit is dan ook die eerste ding wat ‘n mens vra as jy bel: “Het

dit gereën?”

Oom Petrus van Verkeerdevlei skryf nou die dag in ‘n e-pos aan

my: “Jy is seker al moeg vir die landbouers se gepraat oor die

weer?” En dan sê hy ‘n baie waar ding: “Wat sal ‘n mens dan anders

doen as ‘n mens se hele bestaan daarvan afhang?!”

‘n Mens kan mos nie anders as om oor die weer en die droogte te

praat nie.

Wessel Lemmer van Graan SA kyk in dié maand se

Graanmark-oor-

sig

na die impak van die midsomerdroogte op die vraag en aanbod

van mielies. In die artikel word drie scenario’s geskets. Die aan-

names wat gemaak word, word deeglik bespreek. Sonder voldoen-

de reënval, word voorsien dat oesskade teen ‘n toenemende tempo

aangeteken kan word.

In ‘n nuusvrystelling wat Graan SA in Februarie uitgereik het,

voorspel die organisasie ook dat ‘n ondergemiddelde oes (indien

geen reën binne die volgende tien dae sou voorkom nie) sal lei tot

tragiese omstandighede in die graanboerderygemeenskappe en

die landelike ekonomie. “Dit sal lei tot hoë voedselpryse vir ten

minste die volgende twaalf maande.”

Maar dan raak Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder:

Graan SA) weer iets anders aan in

Graan SA Standpunt

wat ‘n

mens nuwe perspektief gee: “Dit bly maar moeilik om te keer dat

‘n mens se gedagtes met jou op hol gaan. Ons enigste rem in dié

geval, is ons geloof: Ons krag lê in stil wees en vertroue!”

Ons vertrou dat weervooruitsigte verbeter het teen die tyd wanneer

jy die tydskrif in jou hande hou.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

m

oses Tshekgene

Ramusi was born and

bred in a small village

between Polokwane

and Louis Trichardt called Bo-

tlokwa (Sekonye). He obtained a

Bachelors degree in Agriculture

from the University of Venda and

continued with an Honours and

a Masters majoring in Plant Pathology at the University of

Pretoria.

He works as a plant pathology researcher at the ARC-Grain

Crops Institute in Potchefstroom. His duties include among

others, conducting technical research projects on grain crops,

pathology, general planning of action and preparation of field

and greenhouse trials (planting, maintenance, inoculation,

sampling and data collection). Surveying maize and sunflower

diseases also form an integral part of his duties.

During his spare time he either travels or watches soccer,

movies and he appreciates music. Read his article “Sclerotinia

disease of sunflower: A devastating pathogen” on page 95.

O

p

bladsy 20

vertel

ROBBIE LINDEQUE

(LNR-KGI) ons meer oor Shingwedzi: ‘n

Splinternuwe droëlandkoringkultivar wat deur

die LNR-KGI geregistreer is vir vrystelling in die

somerreënvalstreek. Hierdie kultivar volg kort

op die hakke van Koonap, Senqu en Kouga.

Produsente behoort saad van hierdie nuwe

kultivar beskikbaar te hê teen 2016.

B

uffelsiekte (so genoem omdat buffels die

siekte oordra) is ‘n akute, gewoonlik dodelike,

siekte vir beeste en stem ooreen met of toon

dieselfde simptome as Ooskuskoors by beeste.

Buffelsiekte is ‘n bosluisoorgedraagde besmetting

van die protosoïese bloedparasiet

Theileria parva

.

DR JAN DU PREEZ

(Instituut vir Suiweltegnologie)

lig ons meer hieromtrent in op

bladsy 64

.

S

clerotinia stem rot of sunflower is not a direct

major threat to sunflower production in South

Africa. However, according to Moses Ramusi and

BRADLEY FLETT

(ARC-GCI), Sclerotinia head rot

can cause major damage, particularly in early-

planted crops that ripen in cool, wet conditions.

On

page 95

they discussed “Sclerotinia disease

of sunflower: A devastating pathogen”.

O

estyd is een van die mees intense tydperke

van die grondboonproduksiesiklus. Besluite

wat hier geneem word, kan groot impakte hê op

die finale winsmarge wat in die produsent se sak

eindig. Op

bladsy 105

weeg

LOUREINE SALOMON

(LNR-IGG) meganiese oes teenoor die pak van

hopies op. Wanneer die twee tipes oesmetodes

aan die skaal gehang word, is daar beide voor-

en nadele.