Maart 2015
10
Bemagtigingsmodelle
wat werk in die Wes-Kaap
“I
f you base your security in the
fulfilment of your own needs,
you will enslave yourself – if you
base it on your contribution, you
will be free.”
Dit is wat my ouers in die tagtigerjare
besef het. Die stelsels van ons land in die
verlede, het groot skade aan verhoudings
en aan ons plattelandse mense se identi-
teit aangebring.
Dit gaan egter nie oor hoe die lewe begin
is nie, maar hoe mens dit eindig. My pa het
verantwoordelikheid geneem om regstel-
lings aan te bring en het my daardeur geleer
dat wanneer ‘n mens verantwoordelikheid
vir iets neem, goed of sleg, dit aan jou sak
sal vat. As jy egter die regte dinge doen, sal
God dit eer en jou bonatuurlik bystaan.
My ouers het tot die beste van hulle ver-
moë begin om te bou aan die lewens van
diegene rondom hulle en deur hulle naaste
se verskillende vaardighede te identifiseer
en dit uit te bou. Soos ons weet was dit
moeilike tye en aan albei kante “van die
draad” was dinge maar deurmekaar. In 1987
het my pa-hulle elke oggend op die plaas
met skriflesing en gebed begin. Dit is daar
waar die Here in almal se harte, veral my pa
s’n, begin werk het.
Vir my as kind, was ons een groot familie
op die plaas, al was daar kultuur- en kleur-
verskille. Toe ek begin boer het, was daar
alreeds groot genesing, maar steeds sekere
regstellings wat hanteer moes word. Ek
self was ook ‘n jong man wat nou moes
kies watter rigting ek wou inslaan. Deur die
genade van die Here, die beste vrou in die
wêreld, goeie vriendskappe op die plaas en
die voorbeeld van my ouers, het ek geluk-
kig gekies om te glo in die liefde.
Dit bring my by die volgende stappe wat
gevolg is:
Stap 1: Vergifnis
Ons moes nederig erken dat daar foute
in ons lewens was en deur ons families
gemaak is. Ons moes vir Jesus om vergif-
nis vra, alles teruggee aan Hom en ook
jammer sê aan mekaar op die plaas. Ons
titels en magsposisies moes ons verruil vir
die lewens van dienaars. Ons moes ons
identiteit vind in Christus. Dit is Hy wat ‘n
mens neem na die funksie van jou lewe en
jou ook funksioneel maak daarvoor. Nou
het ons die voordeel vir mekaar begin soek,
bo ons eie begeertes. Ons moes die vak-
bonde, boere-unies, kerke en invloede al-
mal opsy skuif en fokus op mekaar.
Vanaf 2003 tot 2005 het ons ‘n erge droog-
te saam meegemaak en het mekaar se be-
lange op die hart begin dra en aan elkeen
se roeping begin bou. Daar in die droë jare
het ons elkeen genoegsaam in onsself ge-
sterf, om mekaar vir die eerste keer werklik
raak te sien en lief te hê.
Hiermee saam het ons dienaars van die
grond geword en alles in ons vermoë begin
doen om tekorte in die grond reg te stel en
die beste praktyke, wat vir die grond goed
is (nie noodwendig vir ons sakke nie) toe te
pas. Vinnig het ons gesien hoe opbrengste
verbeter asook ons vermoë om meer te
kan hanteer. Ons moes leer om in geloof te
investeer in die grond. Dit het ons voorbe-
rei, sodat ons later in geloof in mekaar kon
begin belê.
Stap 2: Opoffering
Om deur ‘n onsigbare plafon in ons ver-
houdings te breek, moes daar iets moois
gebeur. Gee dus van wat jy het om vir
ander ‘n begin te gee. Hierdie “vredesoffer”
is as ‘n beginpunt gebruik om vanaf uit te
bou. Moenie jou besluite deur “somme”
laat bepaal nie – die somme sal nie vooraf
klop as dit geloofstappe is nie.
In my geval was dit die beskikbaarstelling
van 100 ha grond en 100 skape (jaar 1), al
het ons op daardie stadium R2,5 miljoen
droogteskuld gehad. Van die span op die
plaas se kant af was dit liefde, vertroue
en ondersteuning wat ek weer baie nodig
gehad het. In die tweede jaar is 170 ha
beskikbaar gestel, in jaar drie 300 ha en in
die vierde jaar nog 300 ha huurgrond (in
totaal dus 600 ha).
Daar is begin deur streng volgens ‘n be-
groting te werk en vir die werkersgroep hul
eie besigheid te registreer (Genadeshoop
BK). Op dié stadium was dit belangrik om
drie jaar se finansiële state bymekaar te
kry om sodoende vir ‘n produksielening te
kon kwalifiseer.
Dit is egter goed vir die vestiging van
goeie verhoudings om aanvanklik hulp
uit eie fasiliteite te verleen, sonder rente.
‘n Begroting is opgestel en daaruit is die
afleiding gemaak dat dit tot finansiële
voordeel sou wees indien hulle op daardie
stadium steeds vir my besigheid (Wind-
heuwel) moes werk en daaruit salarisse trek.
Die persone betrokke moes ook self besluit
wat hulle met hul besigheid wou bereik.
Genadeshoop BK se doel was om hulle eie
plaas te bekom. Met hierdie skuif moes
hulle dienskontrakte met Windheuwel BK
beëindig en hulleself aanbied as kontrak-
teurs. Dit was dus ‘n skuif van werknemer
(pligte uitvoer) na kontrakwerker (werk vir
hulself). Jy kan nie ‘n eienaar van ‘n plaas
word, of in twee besighede vennote wees,
as een die werkgewer en een die werk-
nemer is nie. Dit is ‘n groot kopskuif aan al-
bei kante. Die aard van julle verhouding sal
die moontlikheid van hierdie tree bepaal.
Daar is konstant bly werk na hulle mikpun-
te toe, deur korttermyndoelwitte te stel.
Die groep het uit eie geledere ‘n voorsitter
aangewys, wat ‘n nou pad met die Here
gestap het. Hy het soggens begin, terwyl
ek Woensdagoggende die Boodskap oor-
gedra het wat die Here met my gedeel het.
Uit ‘n finansiële oogpunt is besluit om ‘n
buitepersoon aan te stel om die finansies
te hanteer. Hierdie persoon moes beide
besighede se werksaamhede binne die be-
grotings hou en sonder emosie sorg dat
mikpunte bereik word en verantwoorde-
likhede nagekom word.
Stap 3: Opleiding
Opleiding is baie belangrik en daar is ge-
poog om die begunstigdes volgens hulle
verskillende passies, belangstellings en
gawes op te lei en aan te wend. Daar is be-
sluit dat die manne een dag per week op
hulle eie plaas sou werk.
Hierdie vryheid was nodig om inisiatief
aan te wakker, maar ook dat die groep
beter as ‘n span sou saamwerk. Die manne
se boerdery is egter hanteer soos nog ‘n
“kamp” van Windheuwel en hulle plaas is
nie slegs een dag ‘n week gediens nie, maar
soos nodig.
Die volgende stap was om hul besigheid
vir befondsing by die staat te registreer
– hiervoor moes hulle ‘n mentor aanstel
en dit het my in die posisie geplaas om
vorentoe te tree as “pa” van hulle besigheid.
GRAAN SA
STEPHANUS RICHTER,
produsent, Windheuwel en Genadeshoop Boerderye, Piketberg
– Deel 2a