1
June 2015
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Pietman Botha, Abrie Coetzee, Piet Croucamp, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Corinda Erasmus, Robbie Hall, Elmarie Helberg, Elbé Hugo, Tinashe Kapuya,
Koos Kirsten, Louise Kunz, Corné Louw, Wiana Louw, Niel Marais, Ferdi Meyer, Luther Pretorius, Goddy Prinsloo, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Chris Sturgess,
Adri Theron, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Gerhard van der Burgh en Kobus van Zyl
e
k wil net graag weet: Wat het die mense in die ou dae sonder
krag gedoen – veral in die aande? As ons beurtkrag aanbreek
(veral tussen 17:00 en 20:00), voel dit vir my of ‘n mens gestrand
en behoorlik gesnoeker is.
Ons huishouding is darem al toegerus om kos te kan maak op een van
daardie blou gasbottels of die gasbraaier buite. En met ‘n gaslamp,
kerse, ouma se paraffienlamp en herlaaibare ligte vir die kinders, is dit
nie nodig om in die donker te sit nie. Maar: Dit het my net weer eens
laat besef hoe afhanklik (verslaaf?) ons aan televisie én elektrisiteit
geraak het. Skielik sit ‘n mens vir mekaar en kyk met ‘n mond vol tande
en die kinders kerm: “Wat kan ons doen?”
Eintlik is dit die ideale tyd om weer ‘n slag as gesin regte, egte bord-
speletjies of kaart te speel. Monopoly, Cluedo, Rummikub of my per-
soonlike gunstelinge: Pictionary of 30 Seconds. Ek lees op
www.
netwerk24.com
dat bordspeletjies ‘n goue era wêreldwyd bereik het en
dat daar heelwat nuwe, opwindende speletjies is wat jou en jou gesin (of
vriende) gesellig om ’n tafel kan saambring.
So moenie volgende keer so mismoedig raak as die krag afgaan nie
– sien dit as ‘n geleentheid om kwaliteit-tyd saam met jou geliefdes
deur te bring.
In die uitgawe
Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) vertel in
Graan SA Standpunt
op bladsy 4 van die tweede Groot Trek (nee, dit
is nie ‘n nuwe bordspeletjie nie) en die implikasies daarvan vir landbou.
Dit is natuurlik die verstedeliking van die mensdom.
Die omstandighede in die platteland raak op plekke so ongunstig dat
daar blindelings na die stede getrek word op soek na ‘n beter toekoms.
Volgens die Regering se Nasionale Ontwikkelingsplan woon 60% van
alle Suid-Afrikaners tans in stede en word verwag dat dit tot 70% kan
groei teen 2030. Die implikasies daarvan vir stedelike infrastruktuur is
massief, maar vir kommersiële landbou bied dit eintlik ‘n wonderlike
geleentheid! Hoe meer mense verstedelik, hoe meer mense moet kos
koop en kan nie vir hulself produseer nie.
Ons was natuurlik ook by die Graan SA NAMPO Oesdag en die uwe
het die ongelooflike geleentheid gehad om (soos op die foto gesien
kan word) met ‘n helikopter oor NAMPO Park te vlieg om lugfoto’s van
die gebeurtenis te neem. Ek dink nie ‘n mens besef hoe groot die Oes-
dag is totdat jy dit uit die lug uit beskou nie. Gaan loer gerus na die
fotobeeld van die Oesdag op bladsy 9 tot 31. Volgende maand plaas
ons nog NAMPO-foto’s. Daar is ook ‘n video wat vanuit die helikopter
geneem is op die NAMPO-webbladsy – gaan loer gerus daarna en maak
die rit oor NAMPO Park mee.
Baie dankie ook aan al die lesers wat kom hallo sê het by NAMPO.
Groetnis tot volgende maand!
NS: As jy nie bordspeletjies wil speel nie, kan jy natuurlik altyd die
SA Graan/Grain
by kerslig lees...
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
Ontmoet ons
medewerkers...
c
orinda Erasmus het Voed-
selwetenskap aan die Univer-
siteit van Pretoria studeer,
waar sy aanvanklik voltyds ge-
studeer het en met ‘n WNNR-beurs
haar Honneursgraad voltooi het. In
1992 het sy by die WNNR se destydse
Nasionale Voedselnavorsingsinstituut
begin werk en in 2003 het sy haar
PhD-studies op ‘n deeltydse basis voltooi en spesifiek ge-
spesialiseer in die prosesseringsgehalte van mielies.
Gedurende haar loopbaan was Corinda by verskeie projekte
in die maalbedryf betrokke en sy het die behoeftes van die
bedryf leer ken. In 2010 het sy by die WNNR bedank om
op ‘n vryskutbasis meer gefokusde navorsing in haar vak-
gebied te kan doen. Sy is sedertdien hoofsaaklik betrokke
by spesifieke projekte gefokus op die kwaliteit van grane en
graanprodukte en werk nou saam met die Suider-Afrikaanse
Graanlaboratorium (SAGL) asook die Tshwane Universiteit
van Tegnologie. Corinda spog met ‘n paar patente op haar
naam asook ‘n handelsvlieënierslisensie. Sy is getroud met
Niel. Lees gerus haar artikel op bladsy 42 “Data mining opens
up new possibilities for identifying maize crop quality trends”.
E
lke produksieseisoen is uniek en gewoonlik
nie sonder kinkels nie. Dié kinkels bied vir
produsente ‘n geleentheid om aanpassings te
maak en te leer uit hul foute. ‘n Droogte is nooit
lekker nie, maar wat leer ons daaruit? Op
bladsy 46
vra
KOBUS VAN ZYL
(Omnia Kunsmis) die groot
vraag: Verstaan ons die kinkels reg of maak ons
net aannames?
G
ODDY PRINSLOO
(LNR-Kleingraaninstituut)
verduidelik op
bladsy 68
dat vlieënde plant-
luise op hoogtes van 12 m en hoër migreer.
Hierdie plantluise is baie keer die draers van
siektes na plante en kan dus bydra tot die uitbreek
van plantsiektes. Dit is waarom die LNR-KGI be-
trokke geraak het by die monitering van plantluise
wat die gars geel dwerg virus kan oordra.
E
en van die definisies van onkruide, is dat dit
plante is wat groei waar dit nie moet nie. Alle
plante wat gesien word as ‘n onkruid, het gewoon-
lik kenmerkende eienskappe, soos ‘n lang leeftyd,
vinnige ontkieming, welige groei en produksie van
derduisende sade. Volgens
ELBÉ HUGO
(LNR-
Instituut vir Graangewasse) is die beheer van win-
teronkruide in somerreënvalstreke baie belangrik
– meer hieroor op
bladsy 66
.
M
ercedes-Benz SA het so pas die nuwe ver-
beterde reeks B-klas ter plaatse geloods.
Die B-reeks is ‘n kompakte stasiewa, maar met
genoeg sitspasie vir vier volwassenes. Volgens
GERRIE SMIT
(
Wiele vir die plaas-
rubriekskrywer)
is dit ‘n kwaliteit-voertuig met al die weelde-items
wat ‘n mens van ‘n luukse voertuig verwag. Lees
hieroor op
bladsy 79
.