Background Image
Previous Page  21 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 44 Next Page
Page Background

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

Hoe bekostigbaar is kunsmis tans?

A

fhangende van die gewas, kan

kunsmis tussen 30% en 50% van

‘n graan- en oliesadeprodusent

se lopende produksiekoste vorm.

Omdat kunsmis so ‘n groot deel van ‘n

produsent se koste uitmaak, kan die prys

daarvan bepalend wees vir die winsge-

wendheid van die gewas.

Anders gesien, kan die verhouding tussen

die prys van kunsmis en die markprys

van grane ook ‘n aanwyser wees van die

“bekostigbaarheid” van kunsmis. Byvoor-

beeld: Sou die mielieprys styg en kuns-

mispryse sywaarts beweeg, sal kunsmis

meer bekostigbaar wees. Of: Sou kuns-

mispryse styg en mieliepryse konstant bly,

sal kunsmis minder bekostigbaar wees.

Deur hierdie verhouding te bestudeer,

het Graan SA ‘n bekostigbaarheidsindeks

ontwikkel, waardeur op ‘n maklike manier

afgelei kan word hoe bekostigbaar kunsmis,

vergeleke met die verlede, is.

Die bekostigbaarheidsindeks is basies

die verhouding in die prys van ureum

teenoor die mielieprys op ‘n gegewe tyd-

stip. Uit

Grafiek 1

kan gesien word dat

kunsmis minder bekostigbaar is as in die

2007/2008-produksieseisoen, terwyl dit

slegs in 2016/2017 meer bekostigbaar as in

die basisjaar van 2007/2008 was.

Op ‘n ander manier uitgedruk:

Grafiek 2

toon hoeveel ton mielies oor tyd benodig is

om ‘n ton ureum aan te koop. Die tendens

strook goed met wat in Grafiek 1 geïllu-

streer is.

‘n Feit wat die langertermyngrafiek onder-

streep is dat die verhouding tussen kuns-

mispryse en mieliepryse oor tyd verswak.

Die voorlopige ruilvoet vir die nuwe seisoen

is 3,2 ton mielies vir ‘n ton kunsmis, terwyl

die gemiddeld vir die afgelope 27 jaar

2,6 ton mielies is.

Dit bevestig dat die winsgewendheid van

graanproduksie tans onder enorme druk

verkeer.

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Bekostigbaarheidsindeks van kunsmis.

*Voorlopig

Grafiek 2: Hoeveelheid mielies benodig om 1 ton ureum te koop.

*Voorlopig

19

January 2018