Background Image
Previous Page  19 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 19 / 44 Next Page
Page Background

17

January 2018

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

Tabel 2

toon die berekening van die

prys waarteen die plaaslike mark moet

verhandel om internasionaal kompeterend

te wees in die lewering van mielies aan ‘n

Suid-Koreaanse tender. Die berekening in

Tabel 2 neem die skeepsvragvervoerkostes

vir mielies vanaf Durban tot in Suid-Korea,

in ag.

Uit Tabel 2 is dit duidelik dat die v.a.b.-

waarde van die Suid-Afrikaanse mielies

nou laer moet wees as die internasionale

indeksprys soos in Tabel 2 bereken – wat

ook die prys in randwaarde laer sal laat

daal.

Die Randfontein-verwysingsprys moet on-

geveer R1 619/ton wees om na Suid-

Korea uitgevoer te kan word, gegewe die

onderstaande kostes. Dit is egter belangrik

om in gedagte te hou dat die kostes, soos

gebruik in die praktiese voorstelling van

Tabel 2, aansienlik kan varieer as gevolg

van verskeie faktore soos byvoorbeeld

die grootte van die uitvoerskip asook die

presiese bestemming en die kostes soos

gebruik om die beginsel van die bereke-

ning te verduidelik.

Wat beteken dit vir

die produsent?

Vir produsente bly inligting en genoegsame

kennis van die markte van die belangrikste

faktore om goeie bemarkingsbesluite te

neem. Indien produsente die werking van

die mark en die waardebepaling van die

graan verstaan, sal dit ook heelwat steun

aan die produsent bied wat die onder-

handeling in die verkoop van die grane

betref.

Die waardebepaling van graan strek ook

veel verder as die internasionale vlak en

kan teruggetrek word na die plaaslike vlak,

waar die produk by verskillende liggings

geproduseer word en derhalwe verskillende

waardes vir die verskillende liggings het.

Dit is belangrik dat produsente weet wat

die waarde van hul mielies in ‘n sekere

gebied is, om sodoende beter basispryse te

onderhandel.

Produsente moet egter seker maak dat hul

vertroud is met al die kostes verbonde aan

die vervoer van hul graan en so meer, om

sodoende die waarde van die graan in ‘n

gebied meer akkuraat te kan bepaal.

Gestel die produsent bly in ‘n omgewing

wat aanvaarbaar geleë is om mielies vir

uitvoere te verkoop en die vervoerkoste

vanaf die plaas na die hawe beloop ongeveer

R200/ton, terwyl die hawe-inlaaikoste onge-

veer R170/ton beloop.

Indien die kompeterende v.a.b.-prys vir uit-

voere R2 449/ton beloop soos in Tabel 2

aangedui, kan die produsent vasstel dat

die mielies se waarde in sy area ongeveer

R1 880/ton behoort te wees. Produsente

moet daarom wanneer hulle graan

bemark, seker maak dat hul soveel as

moontlik inligting inwin om te verseker

dat hulle hulself die geleentheid van ‘n

goeie onderhandelingsbasis in terme van

verkoopspryse bied.

Ten slotte

Die waardebepaling van grane speel nie net

in die internasionale konteks ‘n belangrike

rol nie, maar ook op plaasvlak waar die

produsente die verskillende gewasse in

verskillende gebiede produseer, wat dus

aan die gewas ‘n ander waarde in daardie

bepaalde gebied gee.

Vraag-en-aanbod bly steeds die hooffaktor

om die waarde van ‘n produk in ‘n sekere

gebied te bepaal. Die waarde sal heel

waarskynlik laer wees in surplus produ-

serende gebiede, terwyl graan ‘n hoër

waarde sal hê in gebiede waar daar pro-

duksietekorte is.

Produsente kan egter steeds, ongeag die

gebied waar die mielies geproduseer word,

verkoopspryse en beter basisse onder-

handel – veral as die produsent vertroud

is met die verskillende kostekomponente

en liggings waarheen grane verskuif en

verwerk word.

VSA NO 3- GEELMIELIES (VSA GOLF)

ARGENTYNSE GEELMIELIES

v.a.b.-waarde ($/ton)

156,00

154,00

+ *premie ($/ton)

10,00

10,00

SA v.a.b.-prys ($/ton)

166,00

164,00

Omskakeling na rand

Wisselkoers (R/$)

13,80

13,80

SA v.a.b.-prys (R/ton)

2 290,80

2 263,20

Finansieringskoste (R/ton) (10,25% van

v.a.b.-prys – 30 dae)

19,30

19,07

Vervoer: Randfontein – Durban (R/ton)

460,00

460,00

Hawe-inlaaikoste (R/ton)

170,00

170,00

Uitvoerpariteit Randfontein (R/ton)

1 661,00

1 633,00

TABEL 1: TEORETIESE UITVOERPARITEITSPRYSBEREKENING VAN SUID-AFRIKAANSE MIELIES VERGELEKE MET AMERIKAANSE

EN ARGENTYNSE MIELIES.

Bron: SAGIS en Internasionale Graanraad (IGR)

v.a.b. = vry aan boord

*premievoorsiening vir beter kwaliteit en ligging van Suid-Afrika

Bron: SAGIS en IGR

v.a.b. = vry aan boord

*premievoorsiening vir beter kwaliteit en ligging van Suid-Afrika

**Die SA v.a.b.-prys in die berekening sluit nie ander kostes soos finansiering, opberging en

hawe-uitvoergleufkoste in nie

TABEL 2: BEREKENING OM DIE WAARDE VAN DIE MIELIES TE BEPAAL, GEGEWE DIE

TENDERPRYS VIR AANKOPE IN SUID-KOREA.

Suid-Korea-tenderprys ($/ton)

187,00

Vervoer Durban – Suid-Korea skeepsvervoer ($/ton)

34,00

+ *Premie ($/ton)

10,00

v.a.b. Durban-hawe ($/ton)

163,00

Omskakeling na rand

Wisselkoers (R/$)

13,80

**SA v.a.b.: Durban hawe (R/ton)

2 249,40

Hawe-inlaaikoste (R/ton)

170,00

Vervoer: Randfontein – Durban (R/ton)

460,00

Randfonteinprys (R/ton)

1 619,40