2015
64
G
RAANGIDS
Identifiseer makro-voedingselement-
tekorte by mielies só
Stikstof (N)
• Tekorte by jong plante gaan gewoonlik met ‘n bleek liggeel-groen voorkoms gepaard.
• In ouer plante kom ‘n omgekeerde kenmerkende vergeelde V-vorm op die blare voor
(
Figuur 1
).
• Die kop toon ‘n kenmerkende pitlose skerp punt (
Figuur 2
).
Fosfaat (P)
• Waar fosfaat baie laag in die grond is, ontwikkel die blare en veral die rand van die blaar ‘n
kenmerkende pers kleur.
• Fosfaattekorte word meestal op jonger plante waargeneem.
Kalium (K)
• Kaliumtekorte word in volwasse plante deur dun vergeelde rande van die blare aangedui.
Die rande sterf soms af.
• Kaliumtekort-simptome kom gewoonlik op die onderste ouer blare voor.
• Pitte op die boonste deel van die kop word swak gevul en lyk verkrimp.
Magnesium (Mg)
• Magnesiumtekorte veroorsaak gewoonlik liggeel strepe op die onderste blare, wat later as ‘n
krale-effek met ronde, dooie kolle vertoon.
• Magnesiumtekorte kom gewoonlik op suurder gronde voor.
• ‘n Hoë kaliuminhoud van die grond kan ‘n magnesiumtekort in die plant induseer, wat as
liggroen strepe op die blaar vertoon.
Swael (S)
• ‘n Swaeltekort vertoon gewoonlik as ligte vergeling van die blare by jong plante (
Figuur 3
).
Figuur 1:
Die kenmerkende
omgekeerde V-vorm op ‘n
volwasse mielieblaar wat op
‘n stikstoftekort dui.
Figuur 2:
Onvolledige vulling
van ‘n mieliekop weens ‘n
stikstoftekort.
Figuur 3:
Blaarvergeling
weens ‘n swaeltekort by ‘n jong
mielieplant.
Skrywers: André Nel en William Deale, LNR-IGG, Potchefstroom