2015
63
G
RAANGIDS
Stappe om swak kunsmiskwaliteit
te rapporteer
Waar probleme met kunsmiskwaliteit vermoed of ondervind word, moet die volgende stappe gevolg
word:
• Kontak so gou as moontlik die kunsmisverteenwoordiger van wie die kunsmis aangekoop is en
dring op ‘n ter plaatse ondersoek aan – hou ook boek van datums en gesprekke.
• Versamel en stel soveel moontlik inligting op skrif, neem foto’s of maak video-opnames om
later na terug te verwys.
• Probeer sover moontlik geseëlde sakke hou indien daar in ‘n latere stadium monsters geneem
moet word.
Daarna moet die volgende stappe oorweeg word indien die probleem nie opgelos is nie (moenie
te lank wag nie):
• Tree in verbinding met ‘n onafhanklike wetenskaplike om ‘n ter plaatse ondersoek te doen.
• Stel Graan SA in kennis indien die aandag en oplossings vir die betrokke probleme nie by die
kunsmismaatskappy verkry kan word nie.
Dit is uiters belangrik dat kunsmismonsters reg geneem moet word. Kunsmismonsters om kuns-
miskwaliteit te toets, kan deur die LNR-IGG in samewerking met die kunsmismaatskappy geneem
word. Produsente kan in dié verband vir Graan SA, FERTASA of die LNR-IGG direk kontak vir die
neem en ontleding van monsters om die kwaliteit daarvan te toets.
Die monsters moet geneem word volgens die voorskrifte op bladsye 62 tot 67 van die Regulasies
van Wet 36 van 1947. Die Regulasies is beskikbaar op FERTASA se webtuiste by:
http://www.fertasa.co.za/Regulations/31-65.pdfIngeval ‘n produsent steeds vermoed dat daar probleme is met die kunsmis wat hy gekoop het
– nadat die saak met die kunsmismaatskappy opgeneem is – kan hy Graan SA skakel of ‘n
klagte direk by die Registrateur van Wet Nr. 36 van 1947 indien.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette, Graan SA