2015
5
G
RAANGIDS
Die hele projek wat dr Hendrik Smith met die bewaringsbenadering dryf, is om van produsente
navorsers te maak, want dan kry jy die werklike goed wat op die grond gebeur baie makliker en
vinniger in die hande en sodoende word produsente eerstehands deel van navorsing.
Die fokus om volhoubaarheid te bewerkstellig deur klimaatsverandering in ag te neem, het ‘n
nuwe dimensie gebring. Die hele bewaringskonsep en droogtebestande plante het verder na vore
getree. Voedselveiligheid is die ander saak wat aandag begin vereis – met die fokus op mikotok-
siene. Iets wat my die laaste tyd in besonder opgeval het, is hoe gevorderd ons navorsing is. Op
die oomblik doen jong navorsers die wonderlikste navorsing oor biotegnologie in plante. So is ons
besig om jong kapasiteit te skep wat op die nuutste biotegnologie werk. Dit gee my die hoop dat
ons genoeg kos vir die land sal kan produseer.
Werkskepping
Ons het ‘n paar jaar gelede strategies besluit dat ons graanprodusente wil aanmoedig om ter
wille van voedselsekerheid meer te plant en dat ons die produkte sal uitvoer en die markte sal
groei. As ‘n strategiese intervensie het dit ‘n positiewe invloed op werkskepping in die landbou-
sektor gehad. Daarenteen het politieke uitsprake oor grondhervorming deur die regering ge-
durende 2013 ‘n merkbare negatiewe impak hierop gehad.
Volhoubare finansiering
Graan SA is steeds in ‘n proses om aan die organisasie se volhoubare finansiering aandag te
gee. Die heffingsaanpassing wat tydens Kongres 2014 goedgekeur is, is reeds geïmplementeer
en ons het baie goeie resultate daaruit gekry. Daar het ‘n klomp harde werk daarin gegaan en
ek wil graag die lede en personeel wat dit geïmplementeer het, daarvoor bedank. ‘n Gefokusde
bemarkingsafdeling is gevestig en nou moet ons probeer om die persentasie heffingbetalers te
verhoog. Die positiewe daarvan is dat Graan SA steeds sy outonomiteit kan behou as ‘n vrywillige
organisasie wat homself befonds.
Ek sluit graag af met die volgende gedagte: In ‘n tyd van verandering moet ons aanhou om die
regte dinge te doen, ongeag van wat rondom ons gebeur. Ons kan nie toelaat dat onsekerhede
ons karakter verander en die stabiliteit in landbou aantas nie. Behou integriteit en waak daarteen
om in politiekery te verval – ons moet graanprodusente bly.
Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoofbestuurder: Graan SA