Background Image
Previous Page  6 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 150 Next Page
Page Background

2015

4

G

RAANGIDS

Graan SA se fokus is om ‘n seker

toekoms vir landbou te help skep

Hierdie jaar was een met baie uitdagings vir Graan SA en sy produsen-

telede. Jy glo dat jy in beheer is van jou omgewing en alles wat daarop ‘n

invloed het, maar dan word dit wat jy as die fundamentele sien, deur fak-

tore buite jou beheer geskud. In sulke situasies kan ‘n mens nie toelaat dat

emosies jou besluite oorheers nie; jy moet rasioneel dink. Dit is hier waar ‘n

organisasie soos Graan SA waarde tot sy produsentelede se besigheid kan

toevoeg deur namens hulle te onderhandel vir ‘n beter bedeling.

Ek het die afgelope jaar baie tyd in my kantoor spandeer; meer as in die

verlede. Amper 40% hiervan was net aan grondhervorming gewy. Een ding

waaraan ek myself bly herinner, is dat Graan SA ‘n kommoditeitsorgani-

sasie is waarvan die kernbesigheid grane en oliesade is. Dit help egter nie ons kernbesigheid is

graan sonder grond nie. Albei hierdie sake is belangrik en hou onsekerhede in. Die afgelope

jaar het groot eise aan Graan SA gestel om hierin ‘n bydrae te lewer. Gelukkig kan ons sê daar is

reeds planne op die tafel. ‘n Derde belangrike saak is georganiseerde landbou, wat duidelik nog

nie by ‘n eindbestemming is nie al is ons op pad soontoe. Nog ‘n belangrike saak is hoe

Graan SA se struktuur moet lyk en hoe ons ons produsentelede beter kan bedien. Hierdie

sake sal in 2015 voorkeuraandag geniet.

Opleiding

Iets wat ons in die verlede nie gekommunikeer het nie, is hoeveel van ons personeel op die

oomblik besig is om verder te studeer. Omtrent al die personeel in Graan SA se Finansiële

Departement is besig met ‘n BCom- of GR-graad. Talle van ons personeel is besig om kursusse

en/of diplomakursusse te volg. Ons het dus ‘n hoë premie daarop gesit om ons vaardigheids-

poel te verbeter.

Die ander belangrike saak wat daarby aansluit, is die fokus wat ons op vaardigheidsontwikke-

ling plaas. Veral sagte vaardighede – die mens-goed of nie-tegniese vaardighede soos: Hoe ons

konflik hanteer, hoe ons diversiteit hanteer en hoe leierskap moet aanpas om nuwe situasies te

hanteer. Ons het heelwat energie in die Graan SA/Syngenta Graanakademie belê en die Jong

Leierslaboratorium gaan voort om die waarde van mentorskap in ons jong graanleiers se lewens

te vestig. Ons moet met ons verhoudinge en vaardighede saam oplossings vind vir belangrike

struikelblokke soos grondhervorming en herstrukturering.

Navorsing

‘n Hoë prioriteit word aan navorsing gegee. Dr Marinda Visser, bestuurder van Graan SA Bedryfs-

dienste, het ‘n stuk dinamika ingebring deurdat navorsing op ‘n nuwe manier gedoen word. Ons

het ’n klomp navorsers wat vir hierdie organisasie en sy produsente werk.