2015
3
G
RAANGIDS
Regverdigheid en samewerking
is die sleutel tot sukses
Graan SA en
sy strukture gee
aan die wyer
boerderygemeenskap,
en in besonder die
graanprodusente
en hul werkers, die
onderneming om deel te
neem aan toekomstige
gesprekke in die belang
van alle plattelandse gemeenskappe.
Die stem van ons gewete, beide
konstitusioneel en ekonomies, moet as enigste
vertrekpunt vir die debat gevestig word.
Die vrye mark en die konstitusionele reg
van die individu moet beskerm word om ‘n
omgewing te verseker waarin lewensvatbare,
winsgewende graanproduksie kan plaasvind.
Sodoende is ons verseker dat Suid-Afrika en
al sy mense die voorreg van voedselsekerheid
kan geniet.
Binne die raamwerk van beide konstitusionele
en ekonomiese realiteit is dit Graan SA
se wens om alternatiewe oplossings vir
grondhervorming te vind. Voorts moet
ons alternatiewe oplossings vind vir
die populistiese benadering van sekere
belangegroepe in Suid-Afrika wat verandering
aan die grondwet en markgedrewe
grondhervorming voorstel.
Die realiteit is dat korrupsie en ons onvermoë
om saam te werk, die hoofredes is vir
ontoereikende sukses in grondhervorming.
Nie die huidige grondeienaars, óf die
grondwet, óf die gewillige koper/verkoper-
beginsel was ooit te blameer vir die huidige
impasse nie. Die nodige sukses sal slegs
behaal word indien Graan SA se benadering
tot ongekende samewerking gevolg word.
As die uitdaging hierbo nie aangeneem en
suksesvol bereik word nie, sal werksekerheid
en die vermyding van die daaglikse sleur van
armoede nie suksesvol aangespreek word
nie. Daarbenewens sal die primêre aktiwiteit,
naamlik landbou, ondermyn word. Dit sal
katastrofiese sosio-ekonomiese gevolge soos
werkverlies tot gevolg hê en die uiteindelike
vernietiging van rykdom beteken, wat Suid-
Afrika nie kan bekostig nie.
Deur die diens wat Graan SA aan graan-
produsente verleen – beide kommersieel
en wat nuwe toetreders tot graanproduksie
betref – behoort ons die nodige suksesse te
kan behaal. Die strukture en in besonder die
werkgroep vir landbou-ontwikkeling, poog
reeds om nuwe toetreders by te staan met
ekonomies-volhoubare produksie wat die
lewens van duisende mense raak.
Daarby bly die
Graangids
steeds ‘n belangrike
medium vir die verspreiding van inligting
relevant tot landbou. Waardevolle inligting
oor saad, werktuie, bemesting, geïntegreerde
plaagbeheer, diere, markte en finansiële
dienste kan in dié gids gevind word. Daar is
in die 2015-uitgawe nuttige, opgedateerde
kontakbesonderhede van verskaffers en
dienste sowel as nuwe artikels wat landbouers
bemagtig met kennis oor ‘n wye spektrum van
landbousake.
Dit is van kritieke belang dat inligting vervat
in die gids tesame met die betrokkenheid van
Graan SA se personeel wat dié inligting op
grondvlak toepas, suksesse oplewer.
Met al die uitdagings wat 2015 bied, wens
ons alle Graan SA-lede voorspoed toe vir die
jaar. Mag julle God se seën mildelik ervaar.
Graangids-groete
Louw Steytler
Voorsitter: Graan SA