Background Image
Previous Page  43 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 150 Next Page
Page Background

2015

37

G

RAANGIDS

Innoverende program vir

bewaringslandbou

Graan SA wil die voortou neem in die bevordering van meer volhoubare gewasproduksie. Die or-

ganisasie glo dat bewaringslandbou, as ‘n volhoubare gewasproduksiestelsel wat die stelselmatige

aftakeling van grondgehalte kan verhoed, die antwoord hierop is.

Bewaringslandbou hou egter verskeie ander voordele in, waarvan die belangrikste seker goed-

koper en meer winsgewende gewasproduksie is. Ten einde al die voordele van bewaringslandbou

te ontgin, moet ‘n produsent die volgende drie beginsels gelyktydig en met kwaliteit toepas: Mini-

mum grondversteuring, permanente organiese grondbedekking sowel as gewasdiversifikasie.

‘n Nuwe program is in 2013 ontwikkel waardeur Graan SA hierdie visie wil verwesenlik.

Graan SA se mikpunt met dié program is om ‘n omgewing te skep wat dit maklik, gerieflik en

aantreklik maak vir ‘n produsent om na bewaringslandbou oor te skakel. Graan SA se Boere-

innoveringsprogram vir Bewaringslandbou streef daarna om innoverende idees en projekte te

ondersteun wat by hierdie filosofie en beginsels inpas.

Die eerste doelwit is om ‘n goeie kennis van en verhouding met sleutelrolspelers, veral produ-

sente, in bewaringslandbou te ontwikkel. In hierdie verband het Graan SA ‘n bewaringslandbou-

werkgroep gestig wat hoofsaaklik uit bewaringslandbouprodusente bestaan wat alle graan-

produksiestreke verteenwoordig. Die groep het spesifieke verantwoordelikhede vir die werkgroep

geïdentifiseer, waaronder die prioritisering van studiegebiede en temas wat ondersoek moet word,

die belangrikste is. Op ‘n hoër vlak is daar goeie samewerking met regeringsdepartemente en

ander belangegroepe om nasionale kwessies aan te spreek, soos die ontwikkeling van beleid en

kurrikulum vir bewaringslandbou asook die integrering van bewaringslandbou in die nasionale

LandCare-program.

Oor die afgelope twee jaar is ‘n aantal strategiese oogmerke geïmplementeer wat reeds ‘n

groot impak op die bevordering van bewaringslandbou het. Die eerste hiervan is om ‘n goeie

beskrywing en publisering van suksesvolle bewaringslandboupraktyke in verskillende streke te

doen, wat baie waardevolle riglyne bied vir bestaande en voornemende bewaringslandbouprodu-

sente. Verder is ‘n algemene bewusmaking deur boeredae en kongresse as ‘n prioriteit gesien en

verskeie suksesvolle geleenthede het plaasgevind. Die belangrikste hiervan was waarskynlik die

Ottosdal Bewaringslandboukongres wat in Maart 2014 plaasgevind het en wat ‘n eerste vir die

droër westelike gebiede was.

Die belangrikste oogmerk van die nuwe program is egter om op-die-plaas-navorsing te doen

waaraan produsente aktief deelneem en wat uitstekend werk om bewusmaking, kennis en vaar-

dighede in bewaringslandbou onder produsente en ander rolspelers te kweek. ‘n Paar projekte

van dié aard is reeds volspoed aan die gang, soos byvoorbeeld die Ottosdal Geenbewerkingsklub

(onder kommersiële boere) en die aktiewe kleinboergroepe in die Bergville- en Matatiele-distrik in

onderskeidelik KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit is sover ‘n uiters geslaagde strategie om hier-

die tipe projekte in samewerking met aktiewe en goed georganiseerde boeregroepe aan te pak.

Die mikpunt is om meer sulke groepe (en projekte) te identifiseer om die hele proses verbonde

aan bewaringslandbou te bevorder en te versnel.

Skrywer: Dr Hendrik Smith, Bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA