Background Image
Previous Page  147 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 147 / 150 Next Page
Page Background

2015

131

G

RAANGIDS

Johan Loxton

Besturende

redakteur

Tel: 086 004 7246

johan@grainsa.co.za

Estie de Villiers

Redakteur

Tel: 013 752 5731

Sel: 083 490 9449

estiedv@mweb.co.za

Johan Smit

Tegniese redakteur

Tel: 018 468 2716

Sel: 082 553 7806

johan@infoworks.biz

Só lyk die kernredaksie:

Graan SA se glansblad ‘n móét

vir graanprodusente!

SA Graan/Grain

, spesialispublikasie en amptelike mondstuk van Graan SA, word beskou as een

van die voorste landboupublikasies in die landboubedryf. As jy ‘n graanprodusent is, kan jy nie

bekostig om nie hierdie semi-kommersiële, maandelikse glanstydskrif te lees nie. Dit word deur

ons lesers as ‘n kennisvennoot en hulpmiddel vir volhoubaarheid in die graan- en oliesadebedryf

beskou.

SA Graan/Grain

se markposisionering is gefokus op: (1) Graantegniese inligting (insette/produk-

sie/bemarking); (2) relevante brandpunte in die bedryf en sektor; (3) verslagdoening aan lede en

meningsvormers oor Graan SA se impak en doeltreffendheid; (4) effektiewe advertensieplatform;

en (5) so ‘n tikkie “sagter” redaksionele bydraes wat op die menswees van die graanprodusent

fokus.

Aanlyn

Het jy al gaan kyk na die nuwe, opgedateerde aanlynweergawe van

SA Graan/Grain

? Besoek

gerus

http://www.grainsa.co.za/sagrain

. Die voorblad van die jongste uitgawe asook van die ar-

tikels wat in die uitgawe gepubliseer is, kan hier aanlyn bekyk en gelees word. Die tydskrif is ook

in ‘n blaaiboekformaat beskikbaar. Dié blaaiboek bevat presies dieselfde inhoud as die gedrukte

formaat. Jy kan dus nou al die nuutste landbounavorsing, artikels en nuus oor wat in die graan-

wêreld aangaan, op jou slimfoon, tablet, skootrekenaar of tuisrekenaar ontvang – kosteloos. Laai

dit af by

http://www.grainsa.co.za/sagrain/

met die maand en jaartal ná die vorentoe skuins-

streep, byvoorbeeld

http://www.grainsa.co.za/sagrain/january2015 .

Verder kan jy meer lees oor

die

SA Graan

/Sasol Nitro-fotokompetisie, die redaksionele span ontmoet en kan jy hier, indien

jy nog nie op die tydskrif ingeteken is nie, jou besonderhede invul, sodat jy ook maandeliks die

tydskrif in die pos kan ontvang. ‘n Argief (met ‘n soekfunksie) van vorige artikels wat in

SA Graan/Grain

gepubliseer is, is ook op die webtuiste beskikbaar. Die tydskrif bied verder ‘n

doeltreffende, effektiewe platform vir adverteerders sowel as ‘n maandelikse spesiale fokus.

Adverteerders word dus die geleentheid gebied om inligting oor hulle produkte met lesers te deel.

Adverteerders kan ook op die webtuiste meer inligting verkry oor die koste van advertensies en

beplande bylaes vir die volgende uitgawes.

SA Graan/Grain

word gratis aan produsente en ander

belanghebbendes in landbou gepos, terwyl verskeie landboukolleges, staatsinstellings, univer-

siteite en biblioteke ook kopieë van die tydskrif ontvang.

Redaksie

Spesialispersoneel van Graan SA, produsentelede asook verteenwoordigers van die LNR-Instituut

vir Kleingraangewasse en die LNR-Instituut vir Graangewasse vorm

SA Graan/Grain

se Redaksie-

komitee, wat aan die hoof van die tydskrif staan en dit maandeliks evalueer en insette lewer.

Jurgen van Onselen

Tel: 021 976 4482

Sel: 082 417 3874

jurgenvo@iburst.co.za

Advertensiebemarking