Background Image
Previous Page  142 / 150 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 142 / 150 Next Page
Page Background

2015

126

G

RAANGIDS

Lidmaatskap by Graan SA beteken

volkome gemoedsrus

Graan SA is ‘n outonome en vrywillige bedryfsorganisasie wat kollektief in belang van die ekono-

miese welvaart van die graanprodusente van Suid-Afrika optree en is die gemeenskaplike stem

van die graanprodusent om bedryfsake en knelpunte met die owerhede en ander rolspelers in die

bedryf aan te spreek.

Wie kan lid word van Graan SA?

Gewone lede (natuurlike persone), trusts en enige regspersone wat graan vir bemarking produ-

seer, die neergelegde ledegeld en bedryfsheffing aan Graan SA betaal en die doelstellings van

Graan SA onderskryf.

Wat bied lidmaatskap by Graan SA my as produsent?

Die tienpunt-plan van volkome gemoedsrus

1. Verkry alle moontlike inligting rakende jou produksiekoste en -ruimte asook jou inset- en

produksie-omgewing.

2. Wees op hoogte van die beskikbaarheid, kwaliteit en pryse van insette.

3. Verkry inligting oor die nuutste navorsing, tegnologiese ontwikkeling en produksiepraktyke wat

effektiewe en winsgewende produksie sal verseker.

4. Ken jou beleidsomgewing en wees bewus van veranderinge ten opsigte van wetgewing.

5. Bekom inligting rakende plaaslike en internasionale mark- en handelsomgewings.

6. Wees deurgaans op hoogte van die bilaterale en multilaterale handelsooreenkomste.

7. Word deel van NAMPO Oesdag en vergewis jouself van die nuutste landbouprodukte, teg-

nologie en dienste. Ja, besoek alle insetverskaffers op een terrein.

8. Teken in op die tydskrif

SA Graan/Grain

, wat objektiewe beriggewing doen aangaande ak-

tuele sake en ook bedryfstrategiese inligting op ‘n maandelikse basis verskaf.

9. Maak seker dat jy deel is van die kommersiële graanprodusent se enigste en amptelike mond-

stuk waar jy verteenwoordig word deur bewese kundiges.

10. Deur lid te word van Graan SA, kan jy jou eie gemoedsrus verseker.

Hoe word lidmaatskap bekom?

Enige produsent wat graan produseer, kan lidmaatskap bekom deur slegs die magtigingsvorm,

wat by Graan SA beskikbaar is, te voltooi. Sodra Graan SA die magtigingsvorm ontvang het,

word dit aan die bepaalde invorderingsagent oorhandig vir die aftrekking van die heffing en word

die produsent op die stelsel as lid geregistreer.

Wat is die huidige heffing per ton?

Die huidige heffings (BTW uitgesluit) beloop soos volg per ton: Mielies: R2,50, koring: R3,00,

sonneblom: R5,00, grondbone: R13,00, sojabone: R5,00, sorghum: R2,50, kanola: R4,00 en

gars: R3,00.

Koppellede: Indien meer as een persoon by ‘n boerdery betrokke is, kan sodanige persone as

koppellede funksioneer.