2015
127
G
RAANGIDS
Hoe word die heffing gevorder?
Die bedryfsheffing word op twee wyses gevorder:
Invorderingsagente
Graan SA het ooreenkomste met landboubesighede en ander graanafnemers aangegaan waar-
volgens hierdie instansies, teen ‘n agentskapsfooi van 5%, as invorderingsagente die bedryfshef-
fing namens Graan SA hef. Dit maak dit dus vir produsente maklik om die oorbetaling van hul
bedryfsheffing te verseker. Die heffing per ton word op alle grane by die eerste punt van lewering
gehef en die invorderingsagente sal slegs die heffing aftrek solank die lid daartoe instem.
Direkte inbetaling
Indien ‘n lid by ‘n landboumaatskappy of graanafnemer lewer wat nie die bedryfsheffing invorder
en oorbetaal nie, kan die lid die bedryfsheffing self aan Graan SA oorbetaal deur middel van ‘n
tjek, ‘n direkte inbetaling by die bank of ‘n elektroniese oorbetaling. Lede wat direkte of elektro-
niese inbetalings doen, moet die bewys van betaling met die lid se besonderhede daarop, aan
Patricia Mahlatsi per e-pos stuur na
patricia@grainsa.co.za.
Graan SA se bankbesonderhede is soos volg:
Rekeninghouer:
Graan SA
Bank:
Absa
Rekeningnommer:
790 810 007
Takkode:
334136 (632005 elektronies)
Ledebetrokkenheid
Ledebetrokkenheid is die sleutel tot ‘n dinamiese organisasie en Graan SA nooi elke lid uit om
aktief aan die aktiwiteite van die organisasie deel te neem deur onder meer tak- en streeksverga-
derings gereeld by te woon. Tydens hierdie vergaderings ontvang lede direkte terugvoering oor
die werksaamhede van die organisasie. Onthou die volgende: Dit is jou organisasie en ons wil
jou graag tot diens wees.
Skrywer: Willem Voogt, Bestuurder: Finansiële Dienste en Bemarking