Graan SA se nuwe webtuiste is tydens Kongres
2013 bekend gestel, terwyl ‘n sosiale netwerk-
voetspoor ook intussen gevestig is. Kommunika-
sie met alle belanghebbendes word ondersteun
deur middel van doeltreffende mediaskakeling
asook deur die e-nuusbrief, SA Graan/Grain,
Harvest SA en Pula-Imvula.
Produksieproduktiwiteit
Graan SA is steeds in gesprek met die Suid-
Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oor dié orga-
nisasie se verandering in metodiek ten opsigte
van die oudit van die dieselkorting. Intussen
word produsente aanbeveel om logboeke by te
hou, soos deur die wet vereis.
Graan SA het insette gelewer ten gunste van
produsente se reg om saad terug te hou as deel
van die hersiening van die Planttelersregtewet.
Die Registrateur van die Planttelersregtewet het
die klousule omskryf, wat die produsent toelaat
om saad vir eie gebruik terug te hou.
Addisionele inligting rakende die daarstel van
oesskattingsyfers is deur die Nasionale Oesskat-
tingskomitee (NOK) vrygestel en is op Graan SA
se webtuiste beskikbaar. Die inligting sluit ook
die volgende in: Verdeling van mielies tussen
droëland en besproeiing, opbrengste per land-
drosdistrik soos verkry vanaf produsente, data-
insetverskaffers wat elke maand in ag geneem
word en doelwitte van die NOK.
Graan SA het daartoe bygedra dat fondse vir
kunsmiskwaliteitmonitering beskikbaar gestel is
en ‘n protokol is goedgekeur om hierdie saak te
hanteer. Twee navorsingsprojekte vir die beheer
van springhaasrotte is ook deur die Mielietrust
en die Sasol Navorsingstrust goedgekeur.
Graan SA se Bewaringslandbou (Conserva-
tion Agriculture)-strategie is deur die Mielietrust
goedgekeur, waarna ‘n Bewaringslandbou-
komitee (bewaringslandbouprodusente wat alle
graanproduksiestreke verteenwoordig) einde
Mei verlede jaar gestig is. Die komitee se stra-
tegiese doelwitte is soos volg: (1) Om ‘n goeie
beskrywing van bewaringslandboupraktyke in
verskillende agro-ekologiese streke te doen, wat
die basis kan vorm van toekomstige tegniese
riglyne vir bewaringslandbou; en (2) algemene
bewusmaking van en die bied van onder meer
toegang tot inligting, innovering en navorsing
waaraan produsente aktief deelneem.
Transformasie
Graan SA se produsente-ontwikkelingsprogram
gaan voort om dié program se lede in die
Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga, KwaZulu-
Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap te bedien.
Ontwikkelende produsente wat verlede jaar aan
die regering se herkapitaliseringsprogram in die
Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga deelge-
neem het, het meer as 14 000 ha geplant. ‘n
Derde kantoor in die Oos-Kaap is in Desember
2013 geopen.
Opleidingskursusse vir ontwikkelende pro-
dusente en plaaswerkers gaan voort en sedert
Oktober 2012 het Graan SA 213 opleidingskur-
susse, wat deur die Mielietrust, Wintergraantrust,
OPOT en die LNR befonds word, aangebied.
Bedryfsdienste bied nou in samewerking met die
JSE opleiding vir ontwikkelende produsente aan
ten opsigte van die gebruik van termynmarkin-
strumente.
Nuwe generasie
‘n Graanakademie is in samewerking met Syn-
genta en die Universiteit van die Vrystaat aange-
bied – positiewe terugvoer is van deelnemers
ontvang. Goeie momentum word ook behou
met die Graan SA Skoleprogram in samewer-
king met die AgriSETA. Bewustheid oor die be-
langrike rol van volhoubare voedselproduksie is
gedurende 2013 by 116 419 graad 9-leerders
geskep deur middel van besoeke aan 754 skole.
Besoek
vir meer inligting oor
Graan SA se werksaamhede.
Jannie de Villiers, Uitvoerende
Hoofbestuurder: Graan SA
2014
5
G
RAANGIDS