Die twee
grondbeginsels
waarop volhoubare
voedselproduksie in
Suid-Afrika gebaseer
is, is die vrye mark en
eiendomsreg. Primêre
graanprodusente en die landbougemeenskap
in die algemeen verstaan die onherroeplike
en verreikende impak wat die verlies aan dié
fundamentele boustene tot gevolg sal hê,
té goed.
Die Suid-Afrikaanse graanprodusent het tot
dusver nog nooit weggeskram van ‘n uitdaging
nie. Inteendeel, produsente is bekend vir hul
vermoë om uitdagings op ‘n innoverende
manier die hoof te bied. Inmenging met die
beginsels van die vrye mark en eiendomsreg,
sal egter ‘n verwoestende “tsunami” veroorsaak,
wat selfs die vindingrykste produsent nie sal
kan trotseer nie. Dit sal ook vir toekomstige
generasies jare neem om die rampspoedige
gevolge te oorkom. Daarom is dit van
kardinale belang om deurgaans die stem van
grondwetlike en ekonomiese redelikheid voor
oë te hou. Graan SA besef die noodsaaklikheid
van ordelike en volhoubare grondhervorming,
maar is van mening dat dit nie ten koste van
die grondwetlike regte van die individu mag
plaasvind nie.
Graan SA sal dus in dié verband daarvan werk
maak om ‘n stelsel te skep wat as ‘n alternatief
kan dien vir diegene in ons samelewing wat
eenvoudig lippediens aan die ekonomiese en
grondwetlike werklikhede van dié debat doen.
Die strategiese fokusareas van Graan SA is ook
daarop gemik om binne die parameters van ons
grondwetlike regte ‘n stewige raamwerk te skep
waarbinne produsente en landbou as geheel
kan floreer. Die volgehoue instandhouding en
uitbreiding van Graan SA se vennootskappe
met die regering en ander rolspelers in die
totale voedselproduksiewaardeketting sal
Behoud van fundamentele boustene
sal “tsunami” stuit
graanprodusente se winsgewendheid en
volhoubare voedselproduksie in die algemeen
verseker. Die daarstelling van ‘n bemagtigende
landbou-omgewing sal ook bydra tot die
skepping van werk en welvaart om sodoende
verligting aan soveel Suid-Afrikaners, wat
ordentlike werkgeleenthede verdien, se ellende
en armoede te bring.
Graan SA as bedryfsorganisasie is dit aan die
produsente van vandag en môre verskuldig om
‘n “tsunami” wat weens die verlies aan die vrye
mark en eiendomsreg kan veroorsaak word,
te stuit; daarom sal Graan SA hom aanhou
beywer vir die belange van die produsent en die
behoud van die grondbeginsels van volhoubare
voedselproduksie.
Die Graangids bly ‘n betekenisvolle medium
vir die oordraging en verspreiding van
produksietegnologie en -inligting. Praktiese
en waardevolle inligting omtrent saad,
werktuie, toerusting, bemesting, onkruid- en
plaagbeheer, diere en markte asook nuttige
kontakbesonderhede van insetverskaffers
kan in die gids gevind word. Nuwe artikels in
vanjaar se Graangids sluit in: stakings in die
landbousektor – enkele riglyne om te volg,
veiligheid van plaaswerkers – wat om te doen
as ‘n werknemer aan diens beseer word, wenke
oor die aankoop en gebruik van insetmiddele en
wenke vir die bestuur van nagmuise.
Die doel van die inligting wat in dié gids vervat
word tesame met die ondersteuning van Graan
SA-personeel wat dié inligting op grondvlak
prakties toepas, is om produsente in staat te stel
om goed ingeligte boerderybesluite te neem en
sodoende suksesse te behaal. Ons wens alle
Graan SA-lede voorspoed toe vir 2014. Mag
julle God se genade en seën beleef.
Graangids-groete
Louw Steytler
Voorsitter: Graan SA
2014
3
G
RAANGIDS