Graangids 2014 - page 48

Bepaling van korrekte banddruk vir trekkers,
stropers en implemente
Daar kan nie slegs een spesifieke banddruk
verskaf word nie. Die banddruk van ‘n band sal
van verskillende aspekte afhang:
• Die tipe oppervlakte waar die trekker gaan ry
– grond, teer of klipperige terrein.
• Die gewig wat deur die band gedra gaan
word.
• Die bandnaam, omrede alle bandevervaar-
digers hulle bande op verskillende maniere
produseer.
• Elke bandgrootte en loopvlaktipe verskil
uiteraard.
Die meeste vervaardigers van bande het ‘n
voorgeskrewe banddruk vir elke tipe band-
grootte. Dié inligting verskyn gewoonlik in die
katalogusse van die vervaardiger.
NB: Moet nooit ‘n band laer as 80% van die
voorgeskrewe druk pomp nie.
Watter versekeringsopsies is beskikbaar vir
trekker- en stroperbande? Hoe werk dit?
a. Die meeste buitebandvervaardigers
waarborg hulle produk vir vyf jaar teen enige
vervaardigingsdefek wat ontstaan of kan
ontstaan vanaf die vervaardigingsdatum
(soos op die bande aangebring), óf tot die
band uitgeloop is, watter een ook al eerste
kom. Wanneer ‘n band nie kan funksioneer
as gevolg van ‘n vervaardigingsfout nie, word
die slytasie van die loopvlak gemeet en die
eiser word vir die deel wat nie gebruik is nie,
vergoed.
b. ‘n Produsent kan die bande van landbou-
toerusting teen skade of verlies wat vanuit die
boerderybedryf ontstaan, verseker. (Vervaar-
digingsdefekte uitgesluit, behalwe as anders
onderskryf is.)
Implemente kan ook teen skade en verlies wat
deur ‘n ongeluk of brand ontstaan, verseker
word. In hierdie gevalle word die bande as deel
van die implement gesien indien dit só in die
versekeringspolis onderskryf is.
Skrywer: Jean-Maré Theron, Verkoopskonsultant:
BKT Tubestone
G
RAANGIDS
2014
42
1...,38,39,40,41,42,43,44,45,46,47 49,50,51,52,53,54,55,56,57,58,...174
Powered by FlippingBook