Dieselrabat: Hou dieselverbruik op rekord
Die Wet op Doeane en Aksyns (Nr. 91 van 1964)
vereis onder meer dat ‘n logboek gehou moet
word van hoe diesel verbruik is; ‘n dieselrabat is
gevolglik op alle dieselverbruik geëis.
Dit is van kritieke belang dat produsente sedert
1 April 2013 streng boek van hulle dieselver-
bruik moet hou. Agri SA en Graan SA het kom-
mentaar gelewer oor hoe ‘n logboek behoort
te lyk, maar uitklaring daaroor is nog nie vanaf
die SAID ontvang nie. Intussen word produsente
aanbeveel om die minimum inligting wat tans
deur die wet vereis word, by te hou deur middel
van ‘n logboek wat by hoofverspreidingspunte
beskikbaar is. Die volgende inligting moet in die
logboek vervat word:
• Datum waarop diesel ingegooi is.
• Hoeveelheid diesel wat ingegooi is.
• Beskrywing van die
voertuig.
• Rede waarvoor
diesel aangewend is.
Graan SA doen ‘n
beroep op sy lede
asook op ander graanprodusente om die
korting wat landbouprodusente op diesel
ontvang, volgens die voorgeskrewe reëls
te hanteer. Indien ongerymdhede op groot
skaal opduik, staan landbou die kans om dié
dieselkorting te verloor.
Skrywer: Corné Louw, Senior Ekonoom: Insette,
Graan SA
Verskaffers van presisieboerderystelsels
Maatskappy
Kontakpersoon Nommer
E-pos
John Deere
Carel Theron
082 802 2209
New Holland SA
Ockert Scheepers 082 380 2405
Northmec
Rudi du Toit
073 081 8279
Raven
Jaco Stemmet
082 771 7541
Ronin Precision
Farming Systems
(Trimble en DICKEY-
John)
Jaco Viviers
071 763 1797
Sitech Southern Africa Hanno Truter
082 319 2301
of
Topcon
Christo Helm
083 233 5497
Dit is nie aldag so maklik om vinnig by die regte persoon uit te kom wanneer daar met groot
maatskappye gewerk word nie. Hieronder is ‘n lys van kontakbesonderhede van die vernaamste
verskaffers om die soektog na presisieboerderystelsels en -dienste so ‘n klein bietjie te vergemaklik:
G
RAANGIDS
2014
40