Graangids 2014 - page 41

Graan SA se Boere-innoveringsprogram
vir Bewaringslandbou
Graan SA wil die voortou neem in die bevorde-
ring van meer volhoubare gewasproduksie en
die organisasie glo dat bewaringslandbou, as
‘n volhoubare gewasproduksiestelsel wat die
stelselmatige aftakeling van grondgehalte kan
verhoed, die antwoord hierop is.
Bewaringslandbou hou verskeie ander voordele
in, waarvan die belangrikste seker goedkoper
en meer winsgewende gewasproduksie is. Ten
einde egter al die voordele van bewaringsland-
bou te ontgin, moet ‘n produsent die volgende
drie beginsels gelyktydig en met kwaliteit toepas:
Minimum grondversteuring, permanente
organiese grondbedekking sowel as gewasdi-
versifikasie.
‘n Nuwe program word tans ontwikkel waar-
deur Graan SA hierdie visie wil verwesenlik.
Graan SA se mikpunt met dié program is om
‘n omgewing te skep wat dit maklik, gerieflik
en aantreklik maak vir ‘n produsent om na
bewaringslandbou om te skakel. Graan SA se
Boere-innoveringsprogram vir Bewaringsland-
bou gaan dus daarna streef om innoverende
idees en projekte te ondersteun wat by hierdie
filosofie en beginsels inpas.
Die eerste doelwit is om ‘n goeie kennis van
en verhouding met sleutelrolspelers, veral
produsente, in bewaringslandbou te ontwikkel.
In hierdie verband het Graan SA ‘n bewarings-
landboukomitee gestig wat hoofsaaklik uit inno-
verende bewaringslandbouprodusente bestaan
wat alle graanproduksiestreke verteenwoordig.
Die groep het spesifieke verantwoordelikhede
vir die komitee geïdentifiseer, waaronder die
prioritisering van studiegebiede en temas wat
ondersoek moet word, die belangrikste is.
Terselfdertyd is ‘n aantal strategiese oogmerke,
wat ‘n groot impak op die bevordering van
bewaringslandbou kan hê, vir die kort- en
mediumtermyn voorgelê. Die eerste hiervan is
om ‘n goeie beskrywing van bewaringslandbou-
praktyke in verskillende agro-ekologiese streke
te doen, wat baie waardevol vir bestaande en
voornemende bewaringslandbouprodusente
behoort te wees en die basis kan vorm van toe-
komstige tegniese riglyne vir bewaringslandbou.
Verder is ‘n algemene bewusmaking van en die
bied van toegang tot inligting, innovering en
navorsing waaraan produsente aktief deelneem,
aansporingsmaatreëls en -meganismes, wet-
gewing, produsentenetwerke en -organisasies
(soos studiegroepe) sowel as relevante opleiding
vir leerlinge, studente, produsente en voorligters
ook in die pyplyn.
Skrywer: Dr Hendrik Smith,
Bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA
2014
35
G
RAANGIDS
1...,31,32,33,34,35,36,37,38,39,40 42,43,44,45,46,47,48,49,50,51,...174
Powered by FlippingBook