besonderhede daarop, aan Rika van Niekerk
faks by 086 530 3438 of per e-pos stuur na
.
Graan SA se bankbesonderhede is soos volg:
Rekeninghouer: Graan SA
Bank: Absa
Rekeningnommer: 790 810 007
Takkode: 334136 (632005 elektronies)
Waarvoor word die heffing aangewend?
Die bedryfsheffing word primêr aangewend om
die kernbesigheid van Graan SA, naamlik die
navorsing- en ontwikkelingsprojekte, te befonds.
(81c van elke R2). Ander noodsaaklike aksies
wat die volhoubaarheid van graanprodusente
sal verseker, soos die regshulpfonds, word ook
uit die bedryfsheffing befonds. Die aanwen-
ding van die heffing word jaarliks deur Kongres
goedgekeur waar terugvoer oor alle aspekte
van die bedryfsheffing ook gegee word. Die
volgende lynitems word ook uit die heffings
befonds:
•
Bemarking
• Ledegelde en affiliasies
• 5% invorderingsfooie
• 10% bestuursfooi
• 5% takbefondsing
• Provinsiale landbou-uniebefondsing
• Ledevoordele
• Regshulpuitgawes
Takbefondsing
5% van die betaalde heffing word na die
Graan SA-takstrukture en -boereverenigings
teruggekanaliseer vanwaar dit kom, en verskaf
die nodige fondse om effektief op grondvlak te
kan funksioneer.
Provinsiale landbou-uniebefondsing
Verskeie ooreenkomste is met provinsiale
landbou-unies aangegaan waarvolgens ‘n
bepaalde persentasie van die heffing wat uit
die onderskeie gebiede bekom word, aan hulle
terugbetaal word.
Ledebetrokkenheid
Ledebetrokkenheid is die sleutel tot ‘n dinamiese
organisasie en Graan SA nooi elke lid uit om
aktief aan die aktiwiteite van die organisasie
deel te neem deur onder meer tak- en streeks-
vergaderings gereeld by te woon. Tydens hierdie
vergaderings ontvang lede direkte terugvoering
oor die werksaamhede van die organisasie.
Onthou die volgende: Dit is jou organisasie
en ons wil jou graag tot diens wees.
2014
145
G
RAANGIDS