Graan SA is ‘n outonome en vrywillige bedryfs-
organisasie wat kollektief in belang van die
ekonomiese welvaart van die graanprodusente
van Suid-Afrika optree, en is die gemeenskaplike
stem van die graanprodusent om bedryfsake en
knelpunte met die owerhede en ander rolspelers
in die bedryf aan te spreek.
Wie kan lid word van Graan SA?
Gewone lede (natuurlike persone), trusts en
enige regspersone wat graan vir bemarking
produseer, die neergelegde ledegeld en bedryfs-
heffing aan Graan SA betaal en die doelstellings
van Graan SA onderskryf.
Hoe word lidmaatskap bekom?
Enige produsent wat graan produseer, kan
lidmaatskap bekom deur slegs die magtigings-
vorm, wat by Graan SA beskikbaar is, te voltooi.
Sodra Graan SA die magtigingsvorm ontvang
het, word dit aan die bepaalde invorderings-
agent oorhandig vir die aftrekking van die
heffing en word die produsent op die stelsel as
lid geregistreer.
Opbetaling: ‘n Minimum van R1 000 (500 ton
graan) word voorgeskryf vir volwaardige lid-
maatskap. Indien ‘n lid dus vir die periode
1 Maart tot 28 Februarie van enige gegewe jaar
minder as 500 ton graan geproduseer het, moet
die balans tot en met R1 000 plus BTW inbetaal
word ten einde volwaardige lidmaatskap van die
organisasie te behou.
Koppellede: Indien meer as een persoon by ‘n
boerdery betrokke is, kan sodanige persone as
koppellede funksioneer.
Hoe word die heffing gevorder?
Die bedryfsheffing word op twee wyses ge-
vorder:
Invorderingsagente
Graan SA het ooreenkomste met land-
boubesighede en ander graanafnemers
aangegaan waarvolgens hierdie instansies,
teen ‘n agentskapsfooi van 5%, as invorderings-
agente die bedryfsheffing namens Graan SA
hef. Dit maak dit dus vir produsente maklik
om die oorbetaling van hul bedryfsheffing te
verseker. Die R2/ton word op alle grane by die
eerste punt van lewering gehef en die invorde-
ringsagente sal slegs die heffing aftrek solank
die lid daartoe instem.
Invorderingsagente wat namens Graan SA
heffings invorder, is die volgende:
AFGRI, Allem, Bester Voer en Graan, BKB Grain-
co, Botselo Mills, Farmsecure, GWK, H Schoe-
man Bdy, Kaap Agri, Maize & More, MKB, Noble
Resources, NTK, NWK, NWK Boerdery, OVK,
Overberg Agri, Pannar, Perdigon, Pimankus,
Prodsure, Senwes, Silostrat, Soill, SSK, Suidwes,
Tuinroete Agri, TWK, Unigrain, VKB, Vrystaat
Mielies en Wes-Kaap Graan.
Direkte inbetaling
Indien ‘n lid by ‘n landboumaatskappy of
graanafnemer lewer wat nie die bedryfshef-
fing invorder en oorbetaal nie, kan die lid die
bedryfsheffing self aan Graan SA oorbetaal deur
middel van ‘n tjek, ‘n direkte inbetaling by die
bank of ‘n elektroniese oorbetaling. Lede wat
direkte of elektroniese inbetalings doen,
moet die bewys van betaling met die lid se
Word ‘n lid van Graan SA
G
RAANGIDS
2014
144