Tydskrif bly in pas met tyd
Johan Loxton
Besturende
redakteur
Tel: 086 004 7246
Estie de Villiers
Assistent-redakteur
Tel: 013 752 5731
Sel: 083 490 9449
Johan Smit
Tegniese redakteur
Tel: 018 468 2716
Sel: 082 553 7806
Johan van Onselen
Advertensie-
bestuurder
Tel: 022 451 2773
Sel: 082 554 1223
Jurgen van Onselen
- Kaapstad
Tel: 021 976 4482
Sel: 082 417 3874
Opwindende nuus vir SA Graan/Grain-lesers is
dat dié tydskrif sedert Oktober 2013 ook as ‘n
elektroniese blaaiboek (eBoek) beskikbaar is.
Dié blaaiboek bevat presies dieselfde inhoud as
die gedrukte formaat. Jy kan dus nou al die
nuutste landbounavorsing, artikels en nuus
oor wat in die graanwêreld aangaan, op jou
slimfoon, tablet, skootrekenaar of tuisrekenaar
ontvang – kosteloos. Jy kan dit by die volgende
webadres aflaai:
/
sagrain
/met die maand en jaartal ná
die vorentoe skuinsstreep, byvoorbeeld
/
October2013.
Vir diegene wat nog nie vertroud met die tydskrif
is nie:
SA Graan/Grain
, die amptelike tydskrif
van Graan SA, is ‘n semi-kommersiële maan-
delikse tydskrif wat tegniese- en kommoditeitsin-
ligting oor die onderskeie fasette van die graan-
bedryf bevat. Die meeste artikels in die tydskrif is
vakkundig van aard en navorsingsgeoriënteerd,
en bied aan graan- en oliesadeprodusente ‘n
venster op bedryfsverwante aspekte, soos by-
voorbeeld graanbemarking, insette/produksie-
aangeleenthede, finansies, landbounavorsing
asook ander aktuele onderwerpe wat ‘n impak
op kommersiële graanproduksie het.
SA Graan/Grain
bied ook ‘n doeltreffende,
effektiewe platform vir adverteerders asook ‘n
maandelikse spesiale fokus. Adverteerders word
dus die geleentheid gebied om inligting oor
hulle produkte met lesers te deel.
Die tydskrif het oor die afgelope paar jaar van
‘n gemiddelde 80 blad-publikasie tot ‘n gemid-
delde 96 blad-publikasie gegroei, terwyl die
oplaag daarvan ook van 16 000 tot 18 500
verhoog het.
SA Graan/Grain
word gratis aan produsente
en ander belanghebbendes in landbou gepos,
onderwyl verskeie landboukolleges, staatsinstel-
lings, universiteite en biblioteke ook kopieë van
die tydskrif ontvang.
SA Graan/Grain
redaksie
Spesialispersoneel van Graan SA, produsente-
lede asook verteenwoordigers van die LNR-
Instituut vir Kleingraangewasse en die LNR-
Instituut vir Graangewasse vorm
SA Graan/
Grain
se Redaksiekomitee. Laasgenoemde is ‘n
werkskomitee van Graan SA se Hoofbestuur, wat
aan die hoof van die tydskrif staan en maande-
liks die tydskrif evalueer en insette lewer.
Gekontrakteerde ondernemings hanteer namens
die organisasie die advertensiebemarking, blad-
uitleg en tegniese bestuur van die tydskrif.
Advertensiebemarking
Só lyk die kernredaksie:
2014
151
G
RAANGIDS