112
Beste Grootneef
k
yk, teen dié tyd weet ons almal wie is nommer een! Maar
almal wonder nog wie is nommer 16 en 17!
Ou Neef, kan jy glo, een soetkys vol note uit die Suid-
land na die Karibiese Eilande en die hele planeet se sokker
is oorhoops. Dis natuurlik oral behalwe in die Suidland
self, waar niemand nou van enige sout of water weet nie. Net
goedheid en guns om sokker op die Karibiese Eilande ter wille te
wees! Weet iemand waar is die Karibiese Eilande?
Terwyl ek al die nuus in die Volk se blad sit en lees, wonder ek tog
waarom die sak vol geld só ver weg van ons eie mense uitgedeel
is? Hoeveel sokkervelde kon nie vandag langs elke ou dorpie in die
Vrystaat gepryk het nie. Met ons eie Bafana-span as 18de gelys in
Afrika, hoef ontwikkeling nie in die Karibiese Eilande te begin nie.
Dit lyk asof Oom Sepp nou meer probleme as Lesotho se vloot het...
Buurman sê die Amerikaners se EF-BE-AI kan sommer hier by ons
in die Vrystaat ook kom kuier. Hier is genoeg fifa’s om hul ‘n leeftyd
besig te hou. Hy sal reël vir die braaivleis en biltong en ‘n te-doen-
lysie vir elke week.
Buurman sê die eerste kraaines wat hulle vir hom moet ontrafel, is
om te kyk hoe ‘n swembad oornag ‘n brandblusser kan word. Hy
wil ook graag weet waar die span is wat die pad Bultfontein toe
moes regmaak. En hoekom die mislikepaal se owerste in ‘n groot
kar kan ry, terwyl die pomp in die sliksloot laasjaar al gaan staan het.
Ou Neef, dis asof alles in die Suidland
geplunder word. Sokker-fondse, renosters,
tolgelde – alles is in die visier. Gulsigheid en
bodemlose putte het geen einde nie. Tussen
Jan Taks, tollenaars en die mislikepaal wat
skep, gaan dit hotagter. Het ons maar in
ons eie Suidland ‘n skerpioen met ‘n angel
gehad! Net om te kyk dat ons belasting nie
op vreemde eilande uitspoel nie...
Ou Neef, dit laat my dink aan die oom
wie destyds vir Jan Taks ‘n tjek gestuur
het, uitgemaak aan “die ontvanger van al
my inkomste”. Die tjek is natuurlik bloot
terugverwys, met die gevolg dat die keer-
datum vir betaling gemis is. Die resultaat
van die oom se grappie was ‘n stywe boete
met rente op die koop toe!
Ons manne in die bedryfstrusts sal moet
vasstaan om die geldkrane oop en toe te
maak vir waarvoor dit bedoel is. Die geld-
jies is oor ‘n lang tyd en met baie moeite
bymekaargemaak.
Kyk, ‘n boer maak ‘n plan, maar ‘n student het ‘n plan. Veral as dit
by kreatiewe fondsinsamelings kom. Die ander dag stop ek by ‘n
robot en dadelik is ‘n klompie studente om my. Met die bakkie se
ruit afgedraai, vra die luidrugtige span of ek nie ‘n hardgekookte eier
vir R10 wil koop nie. Vir ‘n eier het ek nie veel aptyt nie, maar vir
‘n goeie saak beslis. Die manne het eenparig laat weet dat die
fondse vir ‘n baie goeie doel is, synde vir die komende “toer”.
Ek koop toe die eier en balanseer hom ewe mooi in die bakkie se
asbak. By die volgende robot aangekom, was daar dadelik weer
‘n swerm studente om die bakkie. Weer draai ek die ruit af en wys
selfvoldaan dat ek reeds ‘n hardgekookte eier by die vorige robot
gekoop het. “Haai Oom, dis nou toevallig,” beduie die voorman,
“ons wil graag hoor of Oom nie dalk ‘n eier vir die toerfonds kan
skenk nie!”
Nou ja, so met die wegtrek kon ek in die truspieël sien hoe ‘n
eerstejaar met die einste eier laat spaander, terug na robot
nommer een.
Só was ek kortstondig die mede-eienaar van ‘n lopende pluim-
veesaak. Hoop tog net die manne kom veilig tuis, want op my
vraag waarheen die toer beplan word, is met absolute eerlikheid
geantwoord, “
Bar
toe, Oom.”
Groete op die Oosgrens!
Kleinneef
E-POSSE
aan Groot neef
Wie is nommer 16 (en 17)?
Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by
kleinneef@graingrowers.co.za.
Augustus 2015