1
April 2016
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Rita Andreas, Annelie Barnard, Ilze Beukes, Pietman Botha, Riaan Buitendag, Sonja Coertze, Abrie Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Engela Duvenage,
Alzena Gomes, Astrid Jankielsohn, Tammy Jensen, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Ben Krog, Robbie Lindeque, Corné Louw, Jenny Mathews, André Nel, Hestia Nienaber,
Seef Pretorius, Aneen Schoeman, Nemera Shargie, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Scott Sydenham, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Wynand van der Walt
en Toit Wessels
e
k vind dit vreemd om in ‘n huis in te stap en nie ‘n boekrak te
sien nie. Ek het grootgeword met boeke en tydskrifte in die
huis. My ma het elke aand vir ons as kinders ‘n storie met
slapenstyd gelees en vandag sit ek graag dié tradisie in ons
huis voort. Ek hoop ons kinders sal ook eendag ‘n liefde vir
lees hê.
Vir my was dit die lekkerste lekker om as die skoolvakansie aanbreek,
biblioteek toe te gaan en sommer op ons hele gesin se biblioteek-
kaartjies boeke uit te neem. Ek kon amper nie oor die stapel boeke sien
as ek daar uitstrompel nie!
Boeke hou nou maar eenmaal vir my ‘n bekoring in. Van destydse
Saartjie
- en
Trompie
-boeke tot die misdaadfiksieboeke wat ek vandag
so graag verslind (alhoewel dié mamma nie meer so baie tyd kry vir lees
soos sy graag sou wou nie!). Dit is vir my heerlik om in ‘n boekwinkel
(nuut of tweedehands) rond te dwaal en deur die boeke te blaai – nuwe
en tweedehandse boeke het mos elkeen sy eie spesiale, herkenbare
reuk – en ‘n hele nuwe wêreld te ontdek.
Miskien is dit waarom ek ook ‘n joernalis/verslaggewer geword het...
Ek is nuuskierig. Ek wil weet wat aangaan. Ek wil stories skryf; verslag
doen; mense ingelig hou. En om by
SA Graan/Grain
te werk, pas my
soos ‘n handskoen – ek kan met my soort mense werk: Boeremense en
navorsers/outeurs wat graag hul kennis met ander wil deel.
Ek het dit maar net weer eens tydens die pas-afgelope Graan SA
Kongres besef terwyl ek tussen die mense deurbeweeg het: Hier is ek
tuis. Dit is my mense dié. (Lees gerus meer op bladsy 8 tot 33 oor die
Graan SA Kongres.)
In die uitgawe gesels Hendrik Smith ook in “Omgekrapte weerpatrone
en verwoestende stofstorms: Die oplossing lê reg onder ons voetsole”
(bladsy 34) oor hoe temperature in die huidige seisoen rekordvlakke
bereik het te midde van ‘n ernstige droogte reg oor omtrent die hele
somersaaigebied. Terselfdertyd het stofstorms amper op ‘n weeklikse
basis mens, dier en plant geteister. “Suid-Afrika het waarskynlik nog
nooit die vlakke van uiterste weerpatrone en stofstorms ervaar soos
nou nie.”
Pietman Botha (
SA Graan/Grain
medewerker) het by Henk Michau
(Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finalis) gaan inloer en
vertel ons meer van sy boerdery in die Springbokvlakte en sy bestuurs-
praktyke. Vir Henk bly harde werk, slim werk en die regte bemarking
van kardinale belang. “Tog is hy net ‘n rentmeester wat alles uit genade
en in afhanklikheid aanpak en doen.”
Lekker lees aan dié uitgawe van
SA Graan/Grain
. Moet ook nie die
NAMPO Oesdag-bylaag wat saam met die uitgawe gepos word, mis nie
– daar kan jy alles oor die komende Oesdag (wat vanjaar vir die vyftigste
keer aangebied word) lees.
Groetnis tot volgende maand!
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
M
olekulêre biologie is een van die spesialis-
velde wat die nuutste tegnologie vir navor-
sing inspan. Molekulêre biologie is verbind daartoe
om metodes te ontwikkel vir identifikasie, isolasie
en manipulasie van molekulêre komponente soos
DNA, RNA en proteïene. Op
bladsy 50
bekyk
ANEEN SCHOEMAN
(LNR-Instituut vir Graange-
wasse) die interessante navorsingsveld van
molekulêre biologie.
B
iotechnology, genetic modification (GM),
GM crops and foods, biosafety and risks have
all become buzz words arising from polarised
debates that have left many consumers and some
media confused. This is not unique, it has hap-
pened to other scientific innovations as well,
but none so acrimonious. On
page 72
WYNAND VAN DER WALT
(FoodnCropBio
Consulting) tackles a few key allegations on
GM lack of safety against factual science.
S
onneblom is ‘n gewas wat ‘n besondere groot
hoeveelheid kalium kan opneem – meer as wat
werklik nodig is. Min van dié kalium word egter
deur die graan vanaf die land verwyder en dit hoop
op by of naby die grondoppervlak indien dit nie
deur bewerkings met dieper grondlae vermeng
word nie. Lees op
bladsy 53
hoekom
ANDRÉ NEL
(LNR-Instituut vir Graangewasse) sê geenbewer-
king kan sonneblom se kaliumopname beïnvloed.
J
ENNY MATHEWS
(
SA Graan/Grain
contributor)
attended Grain SA’s Congress at NAMPO Park
at the beginning of March. She reports back to
readers on the presentations of the speakers at
Congress. Read more on
page 16
“
New realities...
the climate is indeed changing
”;
Facing climate
variability and change
(
page 18
) and
Drought:
Agri SA leads planning and recommendations
(
page 20
).
Ontmoet ons
medewerkers...
R
OBBIE LINDEQUE
is ‘n ge-
bore Zimbabwiër wat in die
Laeveld van Mpumalanga
skoolgegaan het. Hy het
aanvanklik ‘n Nasionale Diploma in
Landbounavorsing by Pretoria Tech-
nikon gedoen en daarna ‘n MSc-graad
in planteteelt by Kovsies voltooi.
Lindeque is werksaam by die LNR-Kleingraaninstituut. Hy was
17 jaar betrokke by onkruidwetenskap, waarna hy vir ‘n paar
jaar ‘n draai gemaak het by die voorteelt vir weerstand teen
Russiese koringluis. Hy is vanaf 2011 projekleier van die droë-
landkoringteeltprogram vir die somerreënvalstreek waar hulle
fokus op die ontwikkeling van nuwe droëlandkultivars – met ‘n
spesiale fokus op die winsgewendheid vir die produsent. Hy
is getroud en het twee seuns en ‘n dogter. Hy geniet die
buitelug en beoefen graag stokperdjies wat met die buitelug te
doen het en/of skeppend is. Lees meer oor koringkultivarkeuse
en winsgewendheid op
bladsy 58
.