

Onteiening moet voldoen aan
regsbeginsels, hoor TLU-kongres
E
nige planne om grond sonder vergoeding te onteien,
gaan groot probleme in die gesig staar. Nie alleen sal
rekening gehou moet word met internasionale reg,
konvensies en ooreenkomste nie, maar haakplekke rondom
bestaande wetgewing en aksies wat daaronder geneem is, kan die
onteieningsplanne sterk in die wiele ry.
Dít is die mening van advokaat Roelof du Plessis van die Brooklyn
Advokatekamers, ’n grondwet-kenner, wat ’n uitgebreide refe-
raat oor die onteieningskwessie op die kongres van TLU SA in
September verlede jaar gelewer het.
Volgens advokaat Du Plessis maak die huidige Suid-Afrikaanse
grondwet wel voorsiening vir onteiening sonder vergoeding, maar
dan net in sekere duidelik omskrewe en buitengewone gevalle.
In dié opsig is dit in ooreenstemming met sekere internasionale
konvensies, maar dit is juis daardie konvensies wat probleme vir
plaaslike onteieningsplanne gaan skep as daar nie behoorlik daar-
mee rekening gehou word nie.
Die reg op eiendomsbesit word veral sterk beskerm in die Eerste
Protokol van die Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en
Fundamentele Vryhede van die Verenigde Nasies. Daarby stel die
Verenigde Nasies se Resolusie op Permanente Soewereiniteit oor
Natuurlike Hulpbronne, Resolusie 1803 van 1962, dit duidelik dat
onteiening of nasionalisering slegs gedoen mag word op grond van
openbare belang, nasionale sekerheid of in nasionale belang.
Indien hierdie gronde nie vir private eiendomsbesit geld nie,
moet eienaars toepaslike vergoeding betaal word, onder meer in
ooreenstemming met internasionale reg. Dit geld vir sowel plaaslike
as buitelandse eiendomsbesit. Enige wysiging van Artikel 25 van
Suid-Afrika se Grondwet wat nie hieraan voldoen nie, sal dus strydig
wees met internasionale reg en gebruike.
Aksies onder bestaande wette
Daar bestaan verskeie wetgewings rondom grond in Suid-Afrika wat
in enige onteieningsplanne in gedrang kan kom. Dit sluit in die Wet
op Kommunale Grondregte, Wet 11 van 2004, die Wet op Herstel
van Grondregte, Wet 22 van 1994, Die Wet op Huurarbeiders,
Wet 3 van 1996, die Wet op Tussentydse Beskerming van
Informele Grondregte, Wet 31 van 1996, die invloed van die Wet
op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, Wet 62 van 1997,
asook soortgelyke wetgewing oor uitsettings en kommunale
eiendomsbesit.
Tans is daar verskeie aksies en dispute rondom hierdie wette aan
die gang wat nie net deur oorkoepelende onteiening van alle grond
in die land ongedaan gemaak kan word nie. Sodanige optrede sal
die regte en pligte van die partye wat in hierdie aksies en dispute
betrokke is, ondermyn. Dit op sigself sal ongrondwetlik wees.
Gevolgtrekkings
’n Taakgroep is klaarblyklik daargestel om grond en eiendom
te identifiseer wat sonder vergoeding onteien kan word. Dit is
byvoorbeeld onbenutte grond, verlate geboue, onproduktiewe
kommersiële eiendom, eiendom wat bloot net vir spekulatiewe
doeleindes besit word, onbenutte staatseiendom en dan ook
landbougrond wat deur huurarbeiders in die afwesigheid van die
eiendomsbesitter bewerk word. Sulke optrede kan gesien word as
’n moontlike, ekonomies werkbare en redelike benadering, maar dit
kan gedoen word sonder om Artikel 25 van die Grondwet te wysig.
Dit sal egter uiters moeilik en waarskynlik totaal onmoontlik wees
om die Grondwet “wettiglik” te wysig soos die ANC in gedagte
het. Daarom sal enige wetgewing wat ingevolge Artikel 25 of enige
wysiging van Artikel 25 ingestel word, in ’n poging om alle grond
op ’n kombersbasis van grondeienaars in Suid-Afrika regoor die
land te onteien, in stryd wees, nie net met Artikel 25 van die Grond-
wet nie, maar ook strydig met die internasionale reg.
Vir sover dit in stryd is met die internasionale reg, het Du Plessis
voorts gesê, sal dit beskou word as strydig met die regsorde, wat
die Grondwet ondersteun. Dit sal dus direk in stryd wees met die
grondbeginsels van die Grondwet.
43
January 2019
AKTUEEL
MARIËTTA CRONJÉ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Die boere-unie van Devon het ’n tjek van R477 753 aan die voorsit-
ter van TLU SA, Louis Meintjies, oorhandig ten einde die fondse van
die TLU te versterk. Op die foto is Meintjes, Johan Kense (voorsitter,
Devon boere-unie), Louw Basson (bestuurslid, Devon boere-unie) en
Jaap Coetzer (dagbestuurslid TLU SA en lid van Devon boere-unie).
Meintjies het in sy voorsittersrede op die 2018-jaarkongres gesprekke
en samewerking tussen verskeie organisasies oor die dreigende ont-
eiening van grond, verwelkom.
2: Tydens die TLU
kongres het Hans-
Jurgens du Toit
die toekenning as
Jongboer van die
Jaar ontvang. By
hom staan sy vrou,
Wynette.
Foto:
Liesl van Rensburg
1
2