

Deel jou
#LiefBoerdery-
oomblikke met ons lesers
F
ietsry-entoesiaste en ywerige motorfietsryers dra graag
T-hemde wat dié passie van hulle uitbeeld. Die maatskappy,
Patriot apparel
, se T-hemde het iets vir elke passie – van jag,
visvang en biltong eet tot by sonsopkoms en blomme.
As die T-hemp van ’n windpomp met die slagspreuk, “Waar my
hart lê” daarop jou eerste keuse sal wees, pas 2019 se tema vir die
Graan SA/Sasol fotokompetisie,
#LiefBoerdery
, jou soos ’n hand-
skoen (of ’n T-hemp wat te styf sit)! Die redaksie sien uit om te
sien watter oomblikke vir amateurfotograwe hul liefde vir land-
bou uitbeeld.
Wys ons waarom die vrede op die familiegrond jou asem wegslaan
met ’n sonsopkomsfoto wat die genade van ’n nuwe dag uitbeeld.
Plaasharte wat vinniger klop – met ’n traan wat rol oor die produsent
se wang wanneer die eerste reëndruppels aankondig dat die droog-
te iets van die verlede is.
Die klein erfgenaam wat vir die eerste keer saam met pa of oupa op
die plaas rondbeweeg, is beslis ’n
#LiefBoerdery
-oomblik. Sien dit
deur die oë van ’n kind en al is dit dalk nie Mamma se gunsteling-
oomblik as die kleingoed in die modder speel nie, beeld die kinders
se vreugde beslis hul liefde vir die plaas uit.
Gewasse en diere is waaroor boerdery gaan en vir die meeste
mense is nuwe lewe ’n asemwegslaan-oomblik. So deel gerus
daardie besondere foto waar die pasgebore lammetjie of kalfie
wankelrig probeer om sy vier pote vir die eerste keer in te span.
In ’n artikel van 25 November 2016, wat in die
Republikein
, Namibië
se grootste Afrikaanse koerant, gepubliseer is, gesels ’n Namibiese
produsent, Piet Gouws, oor sy liefde vir landbou: “Ek is soms bang
dat my liefde vir my land en my passie vir boerdery en georgani-
seerde landbou aan afgodediens kan grens! Vir my het die
‘wittebrood’ van boerdery en die romanse van ‘plaas’ deur al die jare
se lief en leed, swaar en lekker, nog nooit opgehou nie.”
As jy dus soos Piet Gouws voel en passievol is oor die plaaslewe,
moet jy beslis jou kamera byderhand hou om dié oomblikke met
die lens vas te vang. Wat ook al jou liefde vir boerdery aanwakker
– die buitelewe, stofpad, die diere of die vooruitsig van ’n goeie oes
– vang dit vas en deel dit met ander wat ook
#LiefBoerdery.
Sien
die advertensie op bladsy 19 vir meer inligting.
39
January 2019
AKTUEEL
Fotokompetisie
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIESPAN
Ezelle Harmse van Bultfontein het weg-
gestap met die prysgeld van R1 500 in
die November-kompetisie met haar foto
getiteld “Etenstyd”.
Die prettige foto getiteld, “Waatlemoen-pret”, waar Mischa en Mia Batt
(én die hoenders) aan waatlemoen smul, is ingestuur deur Chrismari
van der Westhuizen van Loeriesfontein.
Amanda van Blerk van Bethlehem se foto, “Veldskool-simbiose”,
van haar kleindogter Dené van Blerk, het die derde plek behaal.
2
de
3
de
Gerda de Kock van Bloemhof se foto van Mieke by
die perd, Vyfster, is die laaste wenfoto wat die 2018-tema
“simbiose” uitbeeld. Dié foto besorg aan haar die prysgeld
van R1 500 vir die Desember-kompetisie.
WENFOTO
VIR DESEMBER