

79
June 2018
Die buitenste afmetings is dieselfde as voorheen, maar die asafstand is 5 cm langer as dié van sy voorganger en sy lang enjinkap en
besonder kort voorste oorhang, wat die volmaakte massaverspreiding van 50:50 na die voor- en agterasse beklemtoon, gee aan hom ‘n
voorsprong bo sy voorganger.
in die veld nie, maar ook in die stad waar daar hoë spoedwalle
voorkom. Aangesien die X3 tot 500 mm diep in die water kan ry, is
sulke hindernisse in die veld nie ‘n probleem nie.
Daar sal aanvanklik twee petrol- en twee dieselenjins beskikbaar
wees, maar ‘n derde petrolenjin volg later. Al die modelle het ‘n
Steptronic-ratkas met agt gange as standaardtoerusting, terwyl
die Sport Steptronic-ratkas standaardtoerusting vir die M 40i is en
opsioneel vir die 30i en 30d-modelle is. Die aanvanklike intreemodel
van die reeks is die X Drive 20d. Hierdie twee liter-turbodieselenjin
het ‘n kraglewering van 140 kW teen 4 000 opm en ‘n wringkrag
van 400 Nm tussen 1 750 opm en 2 500 opm. Dit versnel van
0 km/h tot 100 km/h in agt sekondes en kan ‘n topsnelheid van
213 km/h bereik. Die gemiddelde brandstofverbruik is tussen 5,0 en
5,4 liter per 100 km.
Die ander dieselenjin, wat in die X Drive 30d voorkom, is ‘n turbo-
aangejaagde drie liter-sessilinderenjin wat ‘n kraglewering van
195 kW teen 4 000 opm opwek en ‘n wringkrag van 620 Nm tussen
2 000 opm en 2 500 opm lewer. Hierdie model kan ‘n amptelike
topsnelheid van 240 km/h bereik en versnel in 5,8 sekondes van
0 km/h tot 100 km/h. Die gemiddelde brandstofverbruik van hierdie
enjin is 6,0 liter per 100 km.
Daar is aanvanklik twee petrolenjins beskikbaar. Die eerste hiervan
word in die X Drive 30i gebruik. Ondanks sy modelbenaming is dit ‘n
turboaangejaagde viersilinderenjin van twee liter; dit lewer 185 kW
teen 5 200 opm en ‘n wringkrag van 350 Nm tussen 1 450 opm en
4 800 opm. Hierdie model kan ‘n topsnelheid van 240 km/h bereik
en versnelling van 0 km/h tot 100 km/h vind in 6,3 sekondes plaas.
Die gemiddelde brandstofverbruik van hierdie model is 7,4 liter per
100 km.
Daar is ook bestuurshulpmiddels, onder meer die iDrive-kontrole wat
die inligting-en-vermaakstelsel beheer. Wanneer die navigasiestelsel
gespesifiseer word, is dit nie net moontlik om dit deur middel van die
raakskerm te beheer nie, maar ook met handgebare. Die inligting-en-
vermaakstelsel en die telefoon kan op hierdie manier beheer word.
Daarby kan stembeheer ook gebruik word, maar in stede daarvan
om vasgestelde stemopdragte te gee, kan ‘n mens ook alledaagse
taal gebruik. Die X3 is het ‘n uitleespaneel agter die voorruit, wat
die belangrikste inligting deurgee sonder dat ‘n bestuurder sy of haar
oë van die pad af moet haal, as opsie.
‘n SIM-kaart is in die X3-modelle as standaardtoerusting ingebou,
wat die eienaar in staat stel om noodoproepe te maak. Die motor se
ligging, asook die erns van moontlike ongelukskade, kan onmiddellik
vasgestel word. Met die nuwe BMW Teleserve-ongelukshulp
kan daar ook vasgestel word wanneer daar botsings teen lae
snelhede wat die ontplooiing van die lugsakke onnodig maak,
plaasgevind het. Die eienaar sal in só ‘n geval ‘n boodskap in die
iDrive-stelsel kry, waarin daar gesê word dat daar dadelik met die
BMW-ongelukshulpsentrum kontak gemaak moet word. Met die druk
van ‘n knoppie kan professionele ondersteuning aangevra word.
BMW Connected se digitale dienste maak dit vir die bestuurder
moontlik om die motor met die digitale wêreld te koppel.
Toestelle soos slimfone of slimhorlosies kan gekoppel word en die
motor is versoenbaar met Apple Car Play.
Die X3 word ook in Rosslyn in Suid-Afrika vervaardig. Dié aanleg
voorsien in die plaaslike vraag, maar word ook na Europa uitgevoer.
Die pryse van die nuwe X3-modelle wat nou beskikbaar is (sonder
opsionele ekstras of bykomende toerustingspakkette) is soos volg:
X3 X Drive 20d: R684 200
X3 X Drive 30i: R739 800
X3 X Drive 30d: R868 300
X Drive M 40i: R991 100.