

Junie 2018
78
Geharde en sportiewe voorkoms
vir nuwe sportnutsvoertuig
i
n 2004 het BMW die heel eerste geslag van sy X3-sport
nutsvoertuig bekend gestel en sedertdien het dit ‘n gunsteling
in BMW se reeks geword.
Die derde geslag is einde 2017 in Suid-Afrika bekend gestel
en word nou by BMW se aanleg in Rosslyn buite Pretoria
vervaardig. Vir die eerste keer sal daar ook ‘n M-weergawe
beskikbaar wees, naamlik die M 40i. Die ander modelle wat van die
begin af beskikbaar was, is die X Drive 20d, die X Drive 30d en die
X Drive 30i. Die intree-modelle met petrolenjins, naamlik die X Drive
20i en die tweewielaangedrewe S Drive 20i, sal in die derde kwartaal
van 2018 by die reeks gevoeg word.
Soos met sy voorgangers en stalmaats in die X-reeks, het die nuwe
X3 ‘n geharde en sportiewe voorkoms. Die buitenste afmetings is
dieselfde as voorheen, maar die asafstand is 5 cm langer as dié
van sy voorganger en sy lang enjinkap en besondere kort voorste
oorhang, wat die volmaakte massaverspreiding van 50:50 na die
voor- en agterasse beklemtoon, gee aan hom ‘n voorsprong bo sy
voorganger.
Die X3 is met drie afwerkingsvlakke beskikbaar. Die X Line het ‘n
sierrooster en ander buitekenmerke wat in aluminium afgewerk is,
asook allooiwiele wat spesifiek vir hierdie afwerking ontwerp is. Daar
is ook nou ‘n Luxury-weergawe met chroomstroke in die sierrooster,
unieke allooiwiele en beskerming vir die onderkant van die bakwerk
in twee kleure. Die M Sport het ‘n sport-remstelsel met blou
remknypers, sportiewe allooiwiele en ‘n unieke nuwe kleurkeuse,
naamlik Phynotic Blue. BMW Individual stel die eienaar ook in staat
om sy/haar motor met onder meer besondere metaalverfafwerkings
te verpersoonlik.
Getrou aan die BMW-tradisie is die binnekant só ontwerp dat daar
op die bestuurder gefokus word. Die drie spesifikasievlakke het
ook hul eie kenmerke aan die binnekant. Die bekleedsel vir die
sitplekke van die X Line is ‘n kombinasie tussen leer en materiaal,
maar volle leersitplekke met kontrasterende stikwerk is ook
beskikbaar. Die Luxury het volle leersitplekke en houtstroke op die
paneelbord met ‘n verchroomde aksentstrook. Die M Sport vertoon
die X3 se dinamiese vermoëns deur middel van sportsitplekke, ‘n
M Sport-stuurwiel en binnestroke in aluminium.
Daar is ‘n paar nuwe kenmerke wat nie in die vorige model
beskikbaar was nie, soos outomatiese klimaatbeheer met afson
derlike verstellings vir die bestuurder, die voorste passasier en die
agterste insittendes, asook voorsitplekke met verhitting, maar ook
aktiewe ventilasie wat gemak onder alle omstandighede verseker.
Die agtersitplekke is in ‘n 40:20:40-verhouding ingedeel en kan
afsonderlik verstel word. Die rugleunings kan deur middel van
afstandbeheer platgevou word; dit is deel van ‘n opsionele funksie
wat die funksi naliteit van die bagasieruim verder verbeter. Die X3
het ook ‘n panoramiese sondak as opsie beskikbaar.
Diegene wat die BMW 5- en 7-reeks ken, sal vertroud wees met die
BMW Display-sleutel wat as opsie vir hierdie modelle beskikbaar
is. Die X3 is die volgende BMW-modelreeks waarvoor dit bestel
kan word. Hierdie sleutel bied ‘n aantal bykomende kenmerke:
Dit verskaf inligting oor hoeveel brandstof nog in die motor
beskikbaar is, wanneer die motor weer gediens moet word en
of die vensters en die sondak oop of toe is. Nog ‘n kenmerk wat
opsioneel is, is kontoerbeligting bokant die afwerkingstrook van
die instrumentepaneel. Daar is ses kleure beskikbaar en dit skep ‘n
ontspanne en stylvolle atmosfeer.
Die intelligente X Drive-stelsel het sy debuut in die heel eerste X3-
reeks gemaak en word weer eens in die meeste modelle aangewend.
Nie net verbeter die X Drive-stelsel vastrapvermoë onder alle
omstandighede nie; dit verhoog ook bestuursgenot. Die dinamiese
stabiliteitsbeheer maak dat die krag wat tussen die vier wiele
versprei word, afgewissel kan word. Daar is vier bestuursmodusse
vir die 30i, 30d en M 40i beskikbaar; die bestuurder kan die motor so
brandstofdoeltreffend, dinamies of gerieflik maak soos hy of sy wil.
Intreemodelle van die vorige X3-reeks het 17-duim allooiwiele
gehad, maar nou word hulle met 18 duim-wiele toegerus. Daar is
‘n opsie van wielgroottes tot op 21 duim. Boonop is verskeie veilig
heidskenmerke standaardtoerusting op die hele reeks, onder meer
dinamiese stabiliteitsbeheer, vastrapbeheer, rembeheer om draaie
en afdraandbeheer.
Die M Sport-pakket kan aangevul word met sportvering wat
opsioneel is. Dit verskaf aan die meer geesdriftige bestuurder
harder vering en versterk die teenkantelstawe. Die sportremstelsel
wat standaardtoerusting vir die 30i, 30d en M 40i-modelle met die
M Sport-pakket is, kan ook vir die 20d bestel word. Die wisselende
sportstuurstelsel van die M 40i is ook as opsie vir die res van die
reeks beskikbaar.
Hierdie nuwe X3 is net so tuis in die veld soos sy voorgangers
– danksy sy grondvryhoogte van 204 mm. Dit is nie net ‘n pluspunt
Gerrie Smit,
lid van die SA Motorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas