4
s
o met die draai van die seisoen is ek ook bewus van ‘n
seisoensverandering by mense in ons land. Sommiges is
positief – so asof dit lente raak met nuwe groei en nuwe
hoop – maar party is ook herfs- en winteragtig met blare
wat verdroog en koue winde wat waai.
Die land se nuwe president het ‘n paar nuwe (of is dit oud?) minis-
ters aangestel wat begin om te
spring clean
! Nuwe direksies word
aangestel en oud-polities-aangesteldes word vervang en sommiges
selfs vervolg. Dit is alles positief. Ek hoop dat die nuwe gesaaides in
dié verband goeie opbrengste gaan oplewer.
Graan SA speel ‘n rol in die verlening van bystand in dié opbou en
herstel. Ek was ook bemoedig deur die pogings van individue om
die eenheid in landbou vorentoe te neem. Dit is egter ‘n opdraande
pad, maar ons ken dit. Die bergtop-ervaring van só ‘n lang, op-
draande stryd is waarvoor ons leef en werk.
Van die hindernisse in die opdraande stryd bestaan uit individue
wat dit hulle lewenstaak maak om alle vooruitgang teen te staan.
As hulle nie self die eer kan kry nie, staan hulle alles teen. Dit is
jammer. Iets wat swaar om my hart lê, is die saak van transfor-
masie. Ek het met groot belangstelling Max du Preez se verklaring
gelees oor waarom rassediskriminasie teoreties net van wit na
swart kan bestaan en nie andersom nie.
Dit gee goeie insig, maar dit beteken nog nie dat ek alles verstaan of
daarmee saamstem nie. Tog het ek beter insig gekry. Ons spandeer
ure in vergaderings en beplanningsessies oor wat ons ten opsigte
van transformasie te doen staan. Dit is egter altyd net eensydig: Van
wit na swart.
Die afgelope maand het ek verskeie vergaderings bygewoon waar
die gedagte van omgekeerde transformasie in my gedagtes opge-
kom het. Dalk is dit mnr Mosiuoa Lekota wat in die Parlement gevra
het wie dié “our people” is waarvan daar so baie gepraat word, wat
dit begin het.
Is ek dan nie ook “our people” nie, het ek by myself gedink? My
voorouers het weens hulle geloof in 1688 uit Frankryk gevlug en
hulself hier in Suid-Afrika kom vestig. Ons het kom boer en die
evangelie verkondig. As ek mooi daaroor nadink, is dit vandag nog
dieselfde. Tog is daar mede-landsburgers wat nog steeds nie wil
transformeer en my as mede-Afrikaan aanvaar nie. Ek het al die rivier
oorgesteek en hulle as mede-landsburgers aanvaar, maar ek word
nog steeds deur vele nie aanvaar nie.
Graan SA het nog ‘n lang pad om te stap om self ten volle te trans-
formeer, maar ook om ‘n rol te speel om te help dat die hele samele-
wing transformeer. Blywende transformasie is ‘n hartsverandering.
Dit is nie die voltooiing van ‘n paar projekte en siedaar nie! Net so
is die herstel van mense se menswaardigheid nie daarin gesetel om
net eenvoudig vir hulle ‘n stuk grond (met of sonder vergoeding) te
gee nie.
Diegene wat plase by die staat gekry het en nie ook die titelaktes
daarmee saam nie, kry nie geboer nie en het beslis geen menswaar-
digheid bygekry met die etiket van “mislukte boer” nie. Grondher-
vorming gaan oor aansienlik meer as blote uitdeel van grond.
Ons het ‘n hoër graad van menswaardigheid by dié boere wat ‘n
kommersiële opbrengs op een hektaar gestroop het, beleef. Hulle
kan vir hulself sorg en ook vir hulle gesinne. Daarin lê menswaardig-
heid. Staatsamptenare wat bloot iemand weens sy/haar velkleur nie
wil bedien nie, is nie menswaardig nie en lewer ook nie ‘n bydrae om
transformasie te bevorder nie.
Tog bly ons glo dat die winter op ‘n stadium gaan verbygaan en as
die lente kom, sal ons weer kan plant en oes om vooruit te gaan.
TRANSFORMASIE
is ‘n hartsverandering
JANNIE DE VILLIERS,
HUB/CEO
“
Grondhervorming
gaan oor aansienlik
meer as blote uitdeel
van grond.
“
STANDPUNT
POINT OF VIEW
Graan SA
Mei 2018