1
July 2018
Medewerkers
vir hierdie uitgawe
Dr Erik Adriaanse, dr Danie Beukes, Willem Botes, Jan Botha, Pietman Botha, Hentie Cilliers, Luke Collier, Jannie de Villiers, dr Jan du Preez, Hertz Eiselen, dr Annemie Erasmus,
dr Jaco Erasmus, Stephan Erasmus, Sinelizwi Fakade, Petru Fourie, Juan Gimenez, Alzena Gomes, ds Koos Kirsten, Ben Krog, Louise Kunz, Leon Lotz, Corné Louw, Karina Muller,
Charné Myburgh, Dave Payne, Leo Pistorius, Owen Rhode, Tyla Rogers, Werner Rossouw, dr Chris Schmidt, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, Elrine Strydom, Adri Theron,
Coretha Usher, Luan van der Walt, Kobus van Zyl, Andrew Wilmot en Larissa G Zerbatto
d
ié wintervakansie wil ek die kinders ‘n paar dae plaas
toe vat om die koue Vrystaat en die stroopseisoen in al
sy glorie te beleef. Ek wil hê hulle moet saam met die
stroper ry, op die wa vol mielies speel en onder die mie
lies stort wanneer dit in die wa getap word; saamry silo
toe en sien hoe die mielies afgelaai word.
Hulle moet vroegoggend oor die spierwit gerypte gras loop en
hoor hoe dit kraak; die dik yslaag bo-op die krippe uitbreek en
daarop probeer skaats en pampoenspoke uit karkoere maak – net
soos ons as kinders gedoen het. En natuurlik Ouma se melkkos,
boontjiesop en souskluitjies eet. Net jammer die ou lemoenboom op
die plaas dra nie meer nie – ek was altyd dol oor die suur, vars-uit
gedrukte sap.
Sien, hier in die Laeveld het ons mos nie regte egte winters nie
(maar wel lemoene!). My kinders trek regdeur die jaar somersklere
aan – in die wintermaande trek hulle net vroegoggend ‘n langmou top
bo-oor aan. Hulle gaan kortbroek skool toe en trek slegs skoene aan
as daar nou regtig die oggend ‘n byt in die lug is. Die oumas wil altyd
die stuipe kry as ek foto’s van die kinders vir hulle
, omdat
hulle nie truie aan het nie. (Tipies ouma; nie waar nie?)
Ek hoop uit my hart dat ons produsente wat klaar gestroop is of tans
nog stroop, ‘n fantastiese oes het en mag die Wes-Kaap geseën wees
met
‘n
oorvloedige reënjaar.
Nuwe seisoen
Produsente in die binneland is klaar besig om hul potlode skerp
te maak en beplanning vir die nuwe seisoen te doen. Corné Louw
(Graan SA) gee juis op bladsy 76 die nuwe saadpryse van die maat
skappye weer. Hy verduidelik ook aan die hand van ‘n grafiek oor die
prysindeks van mieliesaad en produsenteprysindeks van mielies waar
om Graan SA-lede bekommerd is oor stygende saadpryse.
In Deel 2 van ons nuwe reeks
Effektiwiteit lei na doeltreffendheid
– bladsy 84 – word die Vrystaat onder die loep geneem en word
maandelikse reënvalsyfers en opbrengsinligting per seisoen vir elke
spesifieke streek ontleed. Aan die hand hiervan word die hoeveelheid
graan per millimeter reën geproduseer, bereken.
Verder kan lesers uitsien na ons stampvol spesiale fokus op bemes
ting waarin jy onder andere meer kan lees oor:
Wat jy moet weet
oor die nuwe P-riglyne vir mielies
(bladsy 26);
Optimalisering van
stikstofbehoeftes en -benutting
(bladsy 32);
Kunsmiskwaliteit weer
getoets
(bladsy 35);
Gunstige mikrobes in volhoubare landbou
(bladsy 42);
Voordelige makrofauna in landboupraktyke bekyk
(bladsy 48),
Is oorbemesting werklik ‘n sonde?
(bladsy 52); en
Só ver-
beter jy grondvrugbaarheidsbestuur
(bladsy 57).
Groetnis tot aanstaande maand.
Estie de Villiers,
redakteur
voorpunt
Ontmoet ons
medewerkers...
O
p
bladsy 42
ondersoek
OWEN RHODE
(LNR-Graangewasse) die voordele wat
grondmikrobes vir volhoubare landbou inhou.
Mikrobes speel ‘n sleutelrol in onder andere
stikstofbinding, opname van voedingstowwe,
siektebeheer, asook bevordering van grondstruk
tuur. “Gunstige mikrobes in die grond is nie net
verantwoordelik vir die afbreking van organiese
materiaal nie, maar bind en stel ook belangrike
plantopneembare voedingstowwe vry.”
V
erlede jaar is daar weer ‘n volledige kunsmis
kwaliteitmoniteringsprojek van stapel gestuur.
Dié projek is in samewerking met die Departement
van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Fertasa,
die Sasol Landboutrust en Graan SA gedoen. Die
doel van die projek was om vas te stel of kuns
mis- en kalkkwaliteit aan die regulasies van die
kunsmiswet voldoen. Kyk op
bladsy 35
wat
CORNÉ LOUW
(Graan SA) van die resultate sê.
G
rondmakrofauna bestaan uit ‘n wye
verskeidenheid organismes wat op die
grondoppervlak, sowel as in die grond, leef.
Hierdie organismes se lewenswyse en aktiwiteite
het ‘n direkte en indirekte invloed op hul habitat
en ander organismes. Op
bladsy 48
bespreek
CHARNÉ MYBURGH
(LNR-Graangewasse) die
voordelige makrofauna in landboupraktyke.
E
lke plantseisoen het sy unieke uitdagings.
Volgens
KOBUS VAN ZYL
(Omnia) was die
2017/2018-seisoen geen uitsondering nie. “Geen
seisoen is dieselfde nie, maar langs die pad vind
jy dikwels dieselfde uitdaging as wat jy al in die
verlede getrotseer het. Hoe beplan ‘n mens dus
jaarliks vir die onvoorspelbare? Bloot deur bedag op
uitdagings te wees.” Op
bladsy 70
deel hy van die
lesse wat hy die afgelope plantseisoen geleer het.
w
ILLEM BOTES
is gebore
en getoë op Grabouw,
waarna hy BScAgric met
Genetika, Biochemie en
Plantpatologie by die
Universiteit Stellenbosch
studeer en ‘n MScAgric-graad in Genetika
aldaar gedoen het. Hy het ook ‘n nagraad
se program aan die Universiteit van Wageningen se International
Agricultural Centre voltooi. Sy loopbaanpad het as navorsings
assistent by die Departement Genetika ‘n aanvang geneem, waar
hy gevorder het tot planteteler en lektor. Tans is hy hoof van die
planteteeltlaboratorium op Welgevallen-proefplaas en navor
singsleier vir die DST-Graan SA Nasionale Koringteeltplatform.
Wat geniet hy van sy werk? “Die formulering van ‘n nuwe projek,
die kruisings wat volg en uiteindelik die produk daaruit. Dit is ver
al bevredigend om hierdie nuwe kultivars in ‘n produsent se land
te sien. Die ander groot genot wat ek het, is om ‘n voorgraadse
student se paadjie saam met hom/haar te stap tot op die vlak
waar hy/sy ‘n nuwe kollega word.”
Hy is getroud met Annelise en hulle het ‘n dogter, Nicola. “Verder is
ek verslaaf aan my motorfiets en gaan soek ek grondpaaie en agter
paaie by elke beskikbare geleentheid,” sluit hy af.
Op
bladsy 96
skryf hy oor
Wheat: Breeding the future.