Dirk Kok – Die 34-jarige Sakkie van Zyl, van die plaas Rietfontein Kingswood by Wolmaransstad, is as Noordwes se Jongboer van die Jaar aangewys.
Van Zyl, wat ‘n landbougraad in veekunde en ‘n meestersgraad in landbou-ekonomie albei met lof verwerf het, boer in vennootskap met sy pa, Fanie. Altesaam 80% van die boerdery bestaan uit droëland mielie- en sonneblomproduksie en die res is ‘n veeboerdery met speenkalwers en voerkrale vir beeste en skape. Van Zyl sê sy toekomsvisie is om verder volhoubaar en winsgewend te boer en sy werkers se omstandighede deurtentyd te verbeter. Du Toit sê Van Zyl, wat ook baie betrokke is by georganiseerde landbou, kan dalk net Noordwes se eerste nasionale Jongboer van die Jaar word. Die ander twee finaliste was Ryan Mathews, van Lichtenburg, en Werner van Tonder van Potchefstroom. |
Sakkie van Zyl van Wolmaranstad is NW se beste jongboer
RECENT POSTS
A Sheep Farmer’s Best Friend
9 September 2024
No Comments

Grain SA assures new ministries of partnership commitment towards sustainable grain production
9 September 2024
No Comments
Dirk Kok – Die 34-jarige Sakkie van Zyl, van die plaas Rietfontein Kingswood by Wolmaransstad, is as Noordwes se Jongboer van die Jaar aangewys.