AKTUEEL
Waar trek die
landboudebat
tans?
m
et al die politieke onderstrominge in die regeren-
de party, wil dit al voorkom asof hulle nou onder-
ling só besig met mekaar is oor die leierskapstryd
en dat een nie meer as ‘n ander uit die stelsel
moet melk nie, dat daar weinig vordering met
beleidsake is.
Gewoonlik bespeur ons hierdie tipe stilte in die beleidsomgewing
so ses maande voor ‘n verkiesing. Al die amptenare is net té
versigtig om besluite te neem, omdat niemand wil aandag trek of
stof opskop nie.
Daar was die afgelope aantal maande bykans geen formele on-
derhandeling of gesprekke tussen georganiseerde landbou en
die staat oor grondhervorming nie. Dit beteken nie dat alles
klopdisselboom gaan nie, maar dit beteken beslis ook nie dat
dit swaar gaan nie. Die debat het nou na die howe van ons land
geskuif. Daar is verskeie sake tussen individue en die staat oor
grondhervorming – wat besliste rigting gaan gee oor wat ons in
die toekoms kan verwag. Dit beteken dat ons al hoe minder ‘n in-
vloed op die uitkomste daarvan gaan hê. Daarom het georgani-
seerde landbou dit by die rigtinggewende sake gaan voeg.
Ons neem oral kennis van staatsentiteite soos die SABC, SAL,
Eskom en PetroSA wat met groot miljoene rande se verliese bedryf
word en/of dat staatsfondse op verdagte wyses aangewend word.
Die vraag kan daarom gevra word: Hoe gaan dit met die land-
bouverwante staatsentiteite? Ons weet dat die rooivleisbedryf
tans besig is om die staat hof toe te neem oor alles wat by
Onderstepoort gebeur. Waarom neem dit die minister so lank om
‘n uitvoerende hoof en direksielede aan te stel? Het die aanstellings
meer polities geraak (wat lank neem) of is dit ‘n ernstige gesoek na
ware talent en mense wat nie die plek sal besteel nie?
Dit geld ook vir ander entiteite soos die Landbounavorsingsraad
(LNR) en Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR). Daar was
vir jare nie eers een kommersiële produsent op die NLBR nie.
Hoe kan hulle, as NLBR, hul status as die Minister van Landbou se
adviseur verdedig met geen kommersiële produsent op die raad
nie? Ten minste is die saak nou reggestel en kan ons net hoop dat
dit beter sal gaan.
Wat die LNR betref, gaan sake steeds agteruit. Daar is selfs sprake
dat die leierskap besig is om hul kernbesigheid te versaak. Met die
gebrek aan staatsfondse, het die LNR, omdat dit makliker is, op
opleiding begin fokus om eksterne fondse te genereer. Dit is waar-
om Graan SA reeds vyf jaar gelede begin het om kapasiteit te
bou om die koördineringsfunksie van die LNR oor te neem.
Die status van kernbelangrike diensorganisasies in landbou is steeds
besig om óf te vou óf agteruit te gaan. Die debat is tans hoe om al
die noodsaaklike dienste vir landbou te behou ten einde
volhoubaarheid in die hand te werk.
Vir party is daar alternatiewe: Byvoorbeeld om eie navorsing in
sameweweking met ander staatsdepartemente soos Wetenskap
en Tegnologie te doen. Dit was net ‘n pa r jaar gelede dat die Land
Bank op sy knieë was en dit vanaf Landbou na Tesourie oorge-
plaas is.
Na ‘n onlangse vrugbare gesprek met die hele uitvoerende bestuur
van Land Bank is ek geweldig dankbaar om te rapporteer dat alles
daar nog wel is. Dit sou ‘n totale ramp gewees het as die Land
Bank moes vou. Hoe sou voedselproduksie dan gefinansier word?
Wanneer gaan iemand die moed aan die dag lê om die LNR na die
Departement Wetenskap en Tegnologie toe te skuif om dit van
ondergang te red? Is daar ‘n ander tuiste vir Onderstepoort? Is dit
wat ons in die komende jare te wagte moet wees?
Dit sou bitter hartseer wees as die hele land en die ekonomie
moet gaan staan en water trap tot ná 2019 se verkiesing. Dit is nog
‘n lang tyd! Die aanloop na die verkiesing sal beslis van landmyne
besaai wees. Grond- en landbousake sal definitief nie oorgesien
word in al die retoriek wat nou gaan volg nie. Die land kan glad nie
bekostig dat voedselproduksie en voedselsekerheid as politieke
speelbal gebruik word nie. Die droogte van 2016 het alreeds
gewys hoe broos die arm mense in Suid-Afrika is nadat voedsel-
pryse weens die invoerpariteitspryse van mielies die hoogte
ingeskiet het.
Daar is twee tendense ten opsigte van die landboudebat wat ek
graag wil uitlig: Eerstens gaan grondhervorming steeds aan die
bokant van die lys wees. Georganiseerde landbou is waarskynlik in
‘n heelwat beter posisie om die onderhandelinge aan te vat, maar
die bekommernis is dat daar tans geen platform bestaan waarop die
onderhandelinge plaasvind nie.
Georganiseerde landbou sal nou leierskap moet toon en nie net sit
en wag totdat iets gebeur – wat dit te laat maak om te onderhandel
– nie. Privaat eiendomsreg bly die sleutel tot die saak. ‘n Onder-
handelde skikking is ver meer aanvaarbaar as iets wat wetlik af-
gedwing of via anargie bekom word. Tweedens sal georganiseerde
landbou moet fokus op die kritiese dienste wat die staat lewer, ten
einde landbou mededingend te hou. Bestry korrupsie en steek hande
uit die moue om ‘n bydrae te lewer sodat die kwaliteit behoue bly of
privatiseer die dienste en doen dit self.
Wat laasgenoemde betref, is dit gewoonlik die befondsing van so-
danige dienste wat ons meestal terughou om dit nie te privatiseer
nie – amper meer as die regsbasis om dit te kan lewer. Vennoot-
skappe kan hierin ‘n uitkoms bied, maar wil ek ‘n vlaggie opsteek
om nie via sodanige vennootskappe by korrupsie betrokke te
raak nie.
109
October 2017
JANNIE DE VILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA
POLITIEKE
ont leding