Background Image
Previous Page  91 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 112 Next Page
Page Background

1

2

89

Wees

Agri

Seker!

Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSP no: 45767

Vir meer inligting kontak jou makelaar.

Besoek

www.agriseker.co.za

058 307 8600

Beskerm jou

Plaas en Toekoms

teen alle risiko’s deur

AgriSeker!

Ons is

Seker

ons kan jou Oesversekering

eenvoudig maak met die

beste dekking!

AKTUEEL

Graanfamilie se tuiste

in Pretoria

D

ie moderne Graangebou en aanliggende Agri-Hub-kantoorpark wat deur die

Mielietrust in Pretoria ontwikkel is, het oor die afgelope jare die tuiste van verskeie

lede van die graanfamilie geword.

Volgens mnr Leon du Plessis (uitvoerende bestuurder: L&L Landboudienste) is die Graan-

gebou se doel om huisvesting aan graandiensverskaffers te verleen, terwyl die Agri-Hub

kommersiële kantoorspasie bied – as deel van die Mielietrust se vaste-eiendombeleg-

gingsportefeulje.

“Beide ontwikkelings word as een kantoorpark bedryf en bestuur, onder die naam Graan-

gebou Agri-Hub-kantoorpark, maar die wyse waarop bestuur en inkomsteverhaling vir die

twee eenhede benader word, verskil beduidend. Die inkomste van die Graangebou word

sodanig bestuur dat dit die bedryf direk tot voordeel strek, terwyl die inkomste uit die Agri-

Hub ten doel het om die Trust se beleggingswaarde te laat groei. Agri-Hub se inkomste hou

dus oor tyd ‘n groot voordeel vir die mieliebedryf in,” het Du Plessis verduidelik.

Die Graangebou is in April 2010 voltooi en die Agri-Hub in Mei 2015.

Die Graangebou huisves tans die volgende graan- en graanverwante diensverskaffers:

SA Graaninligtingsdiens (SAGIS); SA Graanlaboratorium (SAGL); die Landboubesigheids-

kamer (Agbiz en AgbizGrain); asook SiQ en GeoterraImage (maatskappye wat onder andere

met oesskattings behulpsaam is).

Benewens ‘n verskeidenheid professionele en kommersiële firmas huur die volgende

landbouverwante organisasies tans spasie in die Agri-Hub: Die Vereniging van Veevoer-

vervaardigers (AFMA), SA Cereals and Oilseeds Trade Assiociation (SACOTA), Nasionale

Meulenaarskamer (NCM), Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP), Wintergraantrust,

Vrugte SA (Fruit Mzansi SA), die Sitruskwekers-assosiasie se Ontwikkelingsmaatskappy

(CGA SA), Mielietrust, Mielieforum, Koringforum, Sorghumtrust, Sorghumforum, Sasol

Landboutrust en L&L Landboudienste (wat die bestuur van verskeie landboutrusts en ander

graan-organisasies, onder andere die kantoorpark, namens die Mielietrust behartig).

Onderhandelings is tans aan die gang met ander landbouverwante en kommersiële organi-

sasies om die oorblywende spasie in Agri-Hub op te neem.

Die Graangebou Agri-Hub-kantoorpark is geleë in Witheritestraat 477, Die Wilgers, Pretoria.

Graan SA se kantore is in die Alenti-kantoorpark, net langs dié een, geleë.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

1: ‘n Blik op die Graangebou

Agri-Hub-kantoorpark in

Die Wilgers, Pretoria.

2: Die oorspronklike

Graangebou gesien vanaf

blok C in die Agri-Hub-

kantoorpark.