Amari Bornman se foto van Japie Bornman
en sy dogter, Janda, wat die skape na die
kraal aanjaag, was in die derde plek.
Baie geluk aan Coerie Ferreira van Wessels-
bron wat die Maart-wenner was met sy foto
“Milky way windmill”.
3
de
AKTUEEL
Fotokompetisie
2014 se wenners glimlag breed oor prysgeld
B
aie geluk aan die
SA Graan
/Sasol Chemicals (Kunsmis)
2014-fotokompetisiewenners wat onlangs aangewys is.
Die jaarlikse prysuitdelingsfunksie kon ongelukkig nie van-
jaar gehou word nie. Volgens mnr Danie Roode (Kunsmis-
besigheid), het die drastiese verlaging in die internasionale olieprys
‘n groot impak op Sasol se finansiële posisie asook op die Sasol-
aandele-prys gehad. Dit het Sasol genoodsaak om ‘n aksieplan
saam te stel om die negatiewe impak van die lae olieprys teen te
werk en dat alle nie-noodsaaklike uitgawes beperk word, om die
kontantvloei van die groep te ondersteun. “Dit was vir ons ‘n bitter
onaangename taak om aan te dui dat ons nie die jaarlikse prys-
uitdelingsfunksie dié jaar sal kan hou nie,“ het Roode gesê. Sasol
het wel die prysgeld persoonlik aan die wenners gaan oorhandig.
Namens
SA Graan/Grain
en Sasol Chemicals (Kunsmis): Baie geluk
aan ons algehele drie wenners van 2014.
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
Louwrens Viljoen van Clocolan se foto “Beeste wat wag vir reën” behaal
die tweede plek in die April 2015-kompetisie.
2
de
Mark Hawksworth (bemarkingsbestuurder,
Sasol Chemicals [Kunsmis]) het die eerste prys
van R10 000 aan Lisa Smorenberg, van Rivier-
sonderend, oorhandig.
In die tweede plek was Karen van Zyl, van
Petrusville. Bertus Schoeman (bemarkings-
bestuurder, Sasol Chemicals [Kunsmis]) wens
haar geluk met die R7 000 wat sy gewen het.
R3 000 vir die derde plek is ook glad nie te ver-
smaai nie. Jan Rheeder (van Wesselsbron),
regs, glimlag breed terwyl Bertus Schoeman sy
tjek aan hom oorhandig.
1: Eerste: Lisa Smorenberg van Riviersonderend
(November-wenner).
2: Tweede: Karen van Zyl van Petrusville
(Januarie-wenner).
3: Derde: Jan Rheeder van Wesselsbron
(Augustus-wenner).
En April 2015 se wenner was...
1
3
2
Mei 2015
82