1
March 2016
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
Nico Barnard, Wèan Benadie, Pietman Botha, Abrie Coetzee, Dirk Coetzee, Kim Coetzee, Chris Dannhauser, Ron Derby, Jannie de Villiers, Jan du Preez, Ockert Einkamerer,
Gerhard Engelbrecht, Willem Engelbrecht, Annemie Erasmus, Dave Ford, Petru Fourie, Alzena Gomes, Elmarie Helberg, Belinda Janse van Rensburg, Tinashe Kapuya,
Frikkie Kirsten, Koos Kirsten, Sakkie Koster, Dirk Kotzé, Lushka Labuschagne, Hans Lombard, Corné Louw, Nkat Maluleke, Heidi Meyer, Mpolokeng Mokoena, André Nel,
Hestia Nienaber, Leonard Oberholzer, Danie Odendaal, Laura Pedrali, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Bhuwon Sthapit, Liana Stroebel,
Scott Sydenham, Thabo Tjikana, Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Coretha Usher, Dirk Uys, Käte van der Walt, Peet van der Walt, Barry van Houten,
Kobus van Huyssteen, Ronnie Vernooy, Emil von Maltitz en Toit Wessels
e
k het ‘n groot voorliefde vir geskiedenis en dit was een van
my gunsteling vakke op skool. Dit fassineer my om te lees
van hoe hulle in die ou tyd geleef het. Miskien dié dat ek van-
dag so dol is oor oudhede en
antiques
en daarvan hou om
museums te besoek.
Een van ons medewerkers en ‘n voormalige Graan SA-hoofbestuurslid,
Jenny Mathews, het ‘n besondere geskiedenisrekord vir my aangestuur.
En omdat daar in hierdie uitgawe nogal heelwat op die droogte ge-
fokus word (
Omgekrapte weerpatrone en verwoestende stofstorms
– bladsy 68;
Watter “goed” het uit die droogte gekom?
– bladsy 95;
en in heelwat artikels in ons
fokus op dieregesondheid
kyk ons na hoe
om die kondisie van diere weer op te bou na die droogte (bladsy 55 tot
67), het ek gedink dit is heel gepas om dit met ons lesers te deel. Dit
kom uit die reënvalrekords van haar man, John Mathews, se pa se oom,
Tom Young, soos aangeteken op sy plaas Youngsbury naby Deelpan, in
die Lichtenburg-omgewing, na die groot droogte van 1933/1934.
The miracle of 1933/4
On 13 November 1933, when the rain began after a season of drought,
intensified by terrific winds, the country was bare of all vegetation and
to all appearance the grass roots were blown clean away, drifts of sand,
such as it is seldom seen in this part of the country, against obstructing
bush and fence, was two to three feet high, worn out roadways were
filled level, our garden hedges and rose trees, were buried in three feet
of sand.
The veld had the appearance of a desert, cattle and small stock were
dying everywhere, the outlook was terrible, in all my experience I had
not seen the like. Early in July unusual high winds began, and later on,
in November, dust storms came up from the west, which could be seen
an hour before they arrived, the sun was darkened, the violence of the
storm lasting from one to two hours.
The rain began on 13 November 1933 and continued in light showers al-
most daily, but it was the middle of December before grass was at all vis-
ible and it was the end of December before it was of use for grazing. Trek
animals, oxen and donkeys were so poor in condition that little progress
was made in ploughing. Anyone who saw our veld on 13 November 1933
would have said that grass would never grow again, bare it was and bare
it would remain, rain as it may, it was indeed a miracle that happened
later. During January, on 22 days we had 10,36 inches of rain, sunshine
came with the beginning of February and by the end of the month the
miracle had worked, our veld was a sea of waving grass in seed. The
crops sown produced a prolific harvest and the Union established a
record crop of mealies for 1934.
‘Forget not all His benefits, who forgiveth all our iniquities and healeth
all our diseases, He causeth the desert to blossom as a rose.’
Wonderful God. My God.
Soos wat Jenny sê: Ons was voorheen daar en het oorleef. Ons is weer
daar en ons hoop is steeds alleenlik op Hom gevestig: “
Wonderful God.
My God
.”
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
S
uid-Afrika het waarskynlik nog nooit die
uiterste vlakke van weerpatrone en stofstorms
ervaar soos in die huidige seisoen nie. Tempe-
rature het rekordvlakke bereik te midde van ‘n
ernstige droogte oor omtrent die hele somersaai-
gebied heen. Terselfdertyd het stofstorms mens,
dier en plant amper op ‘n weeklikse basis geteister.
Volgens
HENDRIK SMITH
(Graan SA) lê die oplos-
sing vir die omgekrapte weerpatrone en verwoes-
tende stofstorms reg onder ons voetsole
–
bladsy 68
.
B
oerderypraktyke is aan die verander om
water- en winderosie te verminder en dit gaan
gepaard met verandering in insekspesies en
-populasies.
ANNEMIE ERASMUS
(LNR-Instituut
vir Graangewasse) vertel op
bladsy 92
meer oor ‘n
onlangse studie wat gedoen is om morfo-spesies
wat voorgekom het in konvensioneel-bewerkte
lande en bewaringslandboulande met mekaar te
vergelyk deur te kyk na insekdiversiteit.
P
IETMAN BOTHA
,
SA Graan/Grain
medewerker,
het vir die uitgawe gaan inloer by die Graan SA/
ABSA/John Deere Financial Nuwe Era Kommer-
siële Boer van die Jaar (Solomon Masango in die
Carolina-distrik) asook by die Graan SA/Syngenta
Graanprodusent van die Jaar (Genade Boerdery
van Vickie Bruwer en sy seuns, Gerhard, Hannes
en klein Vickie in die Douglas- en Hopetown-
omgewing). Lees meer op
bladsy 80
en
bladsy
84
oor die bestuurs- en boerderypraktyke van dié
produsente.
A
bnormale langdurige droë toestande kan wel
die voorkoms van sekere dieresiektes vermin-
der, soos insekgedraagde virussiektes (byvoor-
beeld drie-dae-strywesiekte by beeste en bloutong
by skape) en bosluisoordraagbare siektes (soos
rooiwater, galsiekte en hartwater).
JAN DU PREEZ
(Instituut van Lewendehawe Tegnologie) bespreek
kortliks op
bladsy 56
die effek en voorkoms van
sekere belangrike dieresiektes gedurende droë
toestande.
Ontmoet ons
medewerkers...
D
IRK KOTZÉ
is gebore op
Mariental in Namibië en het
grootgeword op ‘n plaas in
die Aranos-distrik. Hy het
aan Hoërskool Jan Mohr in Windhoek
gematrikuleer waarna hy aan die
Goudstad Onderwys Kollege studeer
het en vir agt jaar in die onderwys
was – waarvan vyf jaar as departementshoof. Hy het ‘n draai
in die bankwese gemaak en was die laaste 20 jaar daarvan
werksaam by ABSA. Hy het sy MBA in 1996 by die PUK en
sy Meestersgraad in Volhoubare Landbou in 2011 by Kovsies
voltooi. Dirk is sedert September 2012 by Graan SA werksaam
en is verantwoordelik vir ledewerwing en kommunikasie.
Hy is getroud met Suzette en hulle het twee dogters. Dirk
is ‘n getroue ondersteuner van die Goue Leeus en hou van
jag, kamp en fotografie. Op
bladsy 9
gee hy terugvoer oor die
Graan SA-streeksvergaderings.